Daar is ‘n wesentlike verskil tussen gelowige en ongelowige mense en volkere. Die verskil is nie net sigbaar in die uitspraak en optrede van sulke mense en volke nie, dit is ook sigbaar in die wyse waarmee ons hemelse Vader met die onderskeie mense en volke omgaan. Hy wat die Skepper van hemel en aarde is en wat nadat hy tevrede was met sy skepping, die mens as kroon van sy skepping formeer en oor sy skepping aangestel het om daaroor te heers!
Die riglyne waarbinne die geskape mens homself moes orden en sy opdrag en verantwoordelikheid moes nakom, het God in Sy Lewende Woord laat opteken. Sedert die skepping is die mens by verskeie geleenthede deur God gestraf en selfs uitgewis vanweë hulle hardnekkige ongehoorsaamheid! Elke mens wat deel vorm van ‘n gelowige volk het dus die verantwoordelikheid om binne daardie riglyne hom of haarself voor te berei vir die onafwendbare afspraak met die ewigheidsbestemming. Dit is dus vanselfsprekend dat daar gevolge sal wees indien so ‘n volk in ongehoorsaamheid lewe.
In die lig van die afgelope geskiedenis na die moord op dr. Verwoerd in 1966 tot vandag waar voorspoed vervang is met verval en agteruitgang, veiligheid met moord, verkragting, diefstal en aanranding. ‘n Geskiedkundige handomkeer van beskawing na barbaarsheid, van gelowigheid na ongeloof en van opvoeding en opleiding na ongeletterdheid en onbekwaamheid. Sou hierdie negatiewe verloop nie die vraag by die mens opdring van hoekom ons hemelse Vader ons Afrikanervolk aan so ‘n verval onderwerp?
Die verval in ons volk het my laat besef dat daar ‘n drastiese verandering in ons aanslag tot samehorigheid en veral politieke eendragtigheid sal moet kom aangesien ons volk nie meer as ‘n volk ons landsbelang op die hart dra nie en daar ‘n bepaalde rede voor moet wees! Ek het die antwoord in die Lewend Woord van God gekry en vestig graag u aandag daarop!
JEREMIA 24
Die twee mandjies vye: die toekoms van die volk.
1 DIE Here het my laat sien, en daar was twee mandjies met vye, reggesit voor die tempel van die Here — nadat Nebukadrésar, die koning van Babel, Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en die vorste van Juda en die smede en die slotmakers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle in Babel gebring het.
2 In die een mandjie was baie goeie vye soos die voorvye; maar in die ander mandjie was baie slegte vye, te sleg om te eet.
3 En die Here het vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet.
4 Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
5 So spreek die Here, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het;
6 en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.
7 En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.
8 En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet — waarlik, so sê die Here — só sal Ek Sedekía, die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het en die wat in Egipteland woon;
9 en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak, 'n onheil vir al die koninkryke van die aarde, 'n smaad en 'n spreekwoord, 'n spot en 'n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe;
10 en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongersnood en die pes, totdat hulle omgekom het uit die land wat Ek aan hulle en hul vaders gegee het.
JEREMIA 27
Jeremia se raad is onderwerping aan die koning van Babel.
1 IN die begin van die regering van Sedekía, die seun van Josía, koning van Juda, het van die Here hierdie woord tot Jeremia gekom:
2 So het die Here vir my gesê: Maak vir jou stroppe en jukke, en sit dit op jou nek;
3 en stuur dit na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante wat in Jerusalem gekom het na Sedekía, die koning van Juda;
4 en gee hulle opdrag aan hul gebieders, met die woorde: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: So moet julle aan jul gebieders see:
5 Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.
6 En nou het Ék al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, my dienaar; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee om hom te dien.
7 En al die nasies sal hom dien en sy seun en sy seun se seun, totdat die tyd van sý land ook kom, dat dit diensbaar gemaak sal word deur magtige nasies en groot konings.
8 En die nasie en die koninkryk wat hom, Nebukadnésar, die koning van Babel, nie sal dien nie, en wat sy nek nie sal steek onder die juk van die koning van Babel nie — oor daardie nasie sal Ek, spreek die Here, besoeking doen met die swaard en die hongersnood en die pes, totdat Ek hulle heeltemal in sy mag gebring het.
9 Júlle moet dan nie luister na julle profete en na julle waarsêers en na julle dromers en na julle goëlaars en na julle towenaars nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie.
10 Want hulle profeteer leuens vir julle om julle ver te laat wees uit julle land, sodat Ek julle verdrywe en julle omkom.
11 Maar die nasie wat sy nek sal bring onder die juk van die koning van Babel en hom sal dien, dié sal Ek in sy land laat bly, spreek die Here, en hulle sal dit bewerk en daarin woon.
12 Daarna het ek met Sedekía, die koning van Juda, volgens al hierdie woorde gespreek en gesê: Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babel, en dien hom en sy volk, dat julle kan lewe.
13 Waarom moet julle sterwe, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos die Here gespreek het van die nasie wat die koning van Babel nie sal dien nie?
14 Luister dan nie na die woorde van die profete nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie; want hulle profeteer leuens vir julle.
15 Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die Here, en hulle profeteer vals in my Naam, dat Ek julle kan verdrywe en dat julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.
16 Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die Here: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die Here sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.
17 Luister nie na hulle nie, dien die koning van Babel, en lewe. Waarom moet hierdie stad 'n puinhoop word?
18 Maar as hulle profete is, en as die woord van die Here by hulle is, laat hulle tog die Here van die leërskare dringend smeek, dat die voorwerpe wat in die huis van die Here en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babel kom nie.
19 Want so sê die Here van die leërskare van die pilare en van die see en van die afspoelwaentjies en van die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,
20 wat Nebukadnésar, die koning van Babel, nie weggeneem het nie toe hy Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe, saam met al die edeles van Juda en Jerusalem —
21 want so sê die Here van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat in die huis van die Here en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het:
22 Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek die Here, en dit opvoer en terugbring na hierdie plek.
JEREMIA 29
So sê die Here van die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:
5 Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan;
6 neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie;
7 en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die Here; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.
8 Want so spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.
9 Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die Here.
10 Want so sê die Here: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.
11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
14 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die Here, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die Here; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.
15 As julle sê: Die Here het vir ons profete verwek in Babel —
16 nee, so sê die Here aangaande die koning wat op die troon van Dawid sit, en aangaande die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap uitgetrek het nie,
17 so sê die Here van die leërskare: Kyk, Ek stuur die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle, en Ek sal hulle maak soos bedorwe vye wat te sleg is om te eet.
18 En Ek sal hulle agtervolg met die swaard, die hongersnood en die pes; en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde: 'n voorwerp van vervloeking, van verbasing, van bespotting en van smaad onder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het;
19 omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek die Here, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek die Here.
20 Luister dan na die woord van die Here, al julle ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel weggestuur het!
21 So sê die Here van die leërskare, die God van Israel, aangaande Agab, die seun van Kolája, en aangaande Sedekía, die seun van Maäséja, wat vir julle in my Naam leuens profeteer: Kyk, Ek gee hulle in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal hulle voor julle oë verslaan.
22 En aan hulle sal 'n vloek ontleen word by al die ballinge van Juda wat in Babel is, deurdat gesê word: Mag die Here jou maak soos Sedekía en soos Agab, wat die koning van Babel in die vuur gebraai het! —
23 omdat hulle 'n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en 'n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en getuie is, spreek die Here.
24 En aan Semája, die Nehelamiet, moet jy dít sê:
25 So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Omdat jý 'n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is, en na Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:
26 Die Here het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jójada, dat daar opsigters kan wees in die huis van die Here oor elkeen wat kranksinnig is en as profeet optree, dat jy hom in die blok en in die nekyster kan sit —
27 waarom het jy dan nou Jeremia, die Anatotiet, nie gekeer nie, wat by julle as 'n profeet optree;
28 aangesien hy ons in Babel laat weet het: Dit sal lank duur; bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan?
29 En Sefánja, die priester, het hierdie brief voor die ore van die profeet Jeremia gelees.
30 Toe het die woord van die Here tot Jeremia gekom en gesê:
31 Laat al die ballinge weet: So sê die Here aangaande Semája, die Nehelamiet: Omdat Semája vir julle geprofeteer het sonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het,
32 daarom, so sê die Here: Kyk, Ek doen besoeking oor Semája, die Nehelamiet, en oor sy geslag; hy sal niemand hê wat onder hierdie volk woon nie, en hy sal die goeie nie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek die Here; want hy het teen die Here afval verkondig.
JEREMIA 30
Profesie van die liggaamlike verlossing uit Babel en die geestelike verlossing.
1 DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het.
2 So spreek die Here, die God van Israel: Skryf vir jou in 'n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;
3 want kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die Here; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.
4 En dit is die woorde wat die Here gespreek het oor Israel en Juda:
5 Want so sê die Here: Ons het 'n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie!
6 Vra tog, en kyk of 'n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?
7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
8 En op dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.
9 Maar hulle sal die Here hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek.
10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die Here; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.
11 Want Ek is met jou, spreek die Here, om jou te verlos. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
12 Want so sê die Here: Jou verbreking is ongeneeslik, jou wond is smartlik.
13 Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie.
14 Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos 'n vyand slaan, met 'n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.
15 Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen.
16 Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as 'n buit.
17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die Here; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.
18 So sê die Here: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.
19 En uit hulle sal danksegging uitgaan en 'n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.
20 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.
21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die Here.
22 En julle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees.
23 Kyk, 'n storm van die Here, grimmigheid het uitgegaan, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
24 Die toorngloed van die Here sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Luister dan Afrikanervolk! Ons is nie sonder hoop of hulp nie! Ons was egter gewaarsku, vroeg en laat. Ons volk wou egter nie luister nie. Ons het eerder agter die valse leraars en leiers aan gehardloop tenspyte van waarskuwings vanuit die geskiedenis deur gelowige leiers wat hulle lewens daaraan gewy het om ons volk vry en onafhanklik van die wêreld en sy aanloklikheid te vrywaar.
Ons lot is dus ballingskap in ons eie land, maar nie sonder hoop nie! Gaan bid in u binnekamer en oortuig u gesin en familie ook om dit getrou te doen en op te hou met dit wat ooglopend verkeerd en teenstrydig met God se Woord is.
Ons moet in verset wees teen ongeregtigheid en in samehorigheid weerstand bied teen alles wat teen die gebooie van ons hemelse Vader in ons land, in ons skole en in ons kerke bedryf word. Wanneer ons weer as ‘n volk saamwerk, sal ons instaat wees om onsself te verweer tot wanneer God met ons tevrede is!