Gelykheid se destruktiewe gevolge is oral rondom ons te sien. Mense kan nooit gelyk wees nie, want mense het nie gelyke talente ontvang nie. Gelykheid is ‘n valse konsep wat opgedis word deur agtergeblewenes om presteerders te oorrompel. Die presteerder moet dus afgetrek word tot die vlak van die agtergeblewende deur misbruik van die leuenkonsep van diskriminasie. 'n Woord waarvan die inhoud en betekenis vereng is tot op die vlak van pigmentasie, terwyl die uitoefening van 'n voorkeur vir jou vrou of kind, diskriminasie regverdig teenoor elke ander vrou en kind!
Ons politieke leiers sal nou maar eenmaal die idee van gelykheid moet verwerp, en uitnemendheid koester. Die menslike wandeling ken alleen die ongelykheid soos wat dit ten toon gestel is in Suid-Afrika die afgelope 30 jaar. ‘n Wind van waansin het deur ons politiek gewaai. Dit is juis die gebrek aan wysheid en eerlikheid wat die rede is waarom agtergeblewenis Suid-Afrika nou laat sink. Dwang maatreëls word toegepas om die witman af te trek, om ook soos hulle te wees en te leef. Almal moet gelyk ingesluit wees in die dekadensie.
‘n Innerlike onbekwaamheid en witmanshaat is die stimulus om ‘n sogenaamde gelykheid te bewerkstellig. Die produseerder word beperk om die verbruiker te voed. Omregmatige beletsels word op die witman geplaas en afgedwing deur stakings, diskriminerende wetgewing asook arbeidsreëls. Die lot van die agtergeblewenis kan nie verlig word deur maatskappye ten gronde te rig nie. Dan is daar niks behalwe om in die niet te staar, en ‘n genersasie van vermaerde honger kinders agter te laat, soos in die res van Afrika.
Die grap is dat ons politieke dekadensie word bewoord as regstellende aksie. Juis daarom is hulle so ongewild soos ‘n suutjiespoep in die kerk. Om ‘n persoon in die naam van regstellende gelykheid, bloot op grond van ras aan te stel, is galgehumor. Die bewering is dat gelykheid die teenoorgestelde van rassisme is. Gelyke geleenthede is nie gelykheid nie. Ideologiese vertrekpunte kan nie die ongelykheid van die mens besweer nie. Die vraag is nie of ‘n mens pro, of anti gelykheid is nie, want die wese van die mens het dit reeds bepaal. Gelyke vryheid vir die mens behoort allesoorheersend te wees.
My enigste waarneming waar gelykheid gedy is in die veelrassige parlement waar almal gelyke kriminaliteit beoefen.
KLAAS WAARSEGGER