Die olifant in die parlement is om onversoenbare etniese en rassegroepe met uiteenlopende belange, sitting te gee. Die saamgeflanste sogenaamde regering van nasionale eenheid sal noodwendig funksioneer soos ‘n hond wat spastiese aanvalle kry. Instede daarvan om ‘n regering te hê wat werk vir die welstand van ons land, het die ANC die weg gekies van party politieke mag en kontrole. Die DA en VF+ het wetend ingekoop in ‘n bestel waar hulle slegs skoothondjies sal wees met aansienlike porsies van wat in die souspot oorgebly het.
Die ANC en ander swart partye het reeds vir 30 jaar hul ware kleure gewys van witmanshaat, wat ook so met die afgelope verkiesing en samestelling van die munisipale rade bewys is. MK en die EFF weier om saam met partye te werk omdat hulle te wit is. Dieselfde sentiment is ook teenwoordig in ANC kringe wat Ramaphosa se leierskap gaan beeȉndig. Die veelrassige parlement is onteenseglik die wortel van die kwaad. Om tradisioneel ‘n nasie te wees word verwerp deur al die parlementȇre partye (swart en wit).
Reeds vir 30 jaar is daar ‘n trajeksie gevolg om die witman onder te ploeg en die DA en VF+ is te dom om dit in te sien, of hulle is kop in een mus. Laasgenoemde is my raai. Hulle is obsessief met ‘n reënboognasie, oop landsgrense, sosialisme en integrasie. Alle verstandige mense weet dat enige land sonder grense en eie identiteit skep ‘n babelse verwarring. Die oplossing is dat stemreg gekoppel moet word aan ‘n grondgebied wat bewoon word deur ‘n homogene groep mense, omdat dit so hoort. Soort soek soort, is die natuurlikste ding op aarde.
Het ek dit nou verkeerd, is dit dalk die DA en VF+ as die wit olifant in die parlement? Indien so het die kolos nou ‘n muis gebaar!
KLAAS WAARSEGGER