1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8260862

Besoekers aanlyn

Ons het 24 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

‘N REGERING VAN NASIONALE VERDEELDHEID!

Regering van Nasionale VerdeeldheidSó ‘n regering kan nie bly staan nie! Só ‘n regering is vanweë sy samestelling gedoem om te val! 11 verskillende etniese volke, Jode, Moslems, Hindoes, gelowiges, antichriste en nog wat. Die sekerste resep vir konflik wat alreeds oral uitslaan en die regime is nog nie eers klaar saamgestel nie. Die ontkenning van Afsondrlike Ontwikkeling, wat nou ook oral internasionaal met massa immigrasie sy gevolge begin vertoon ten koste van die ontkenners se futiliteit is onmiskenbaar op die politieke tafel!.

Afsonderlike Ontwikkeling, of apartheid as jy wil, se waarde is deur die Afrikanervolk bewys as die grondslag van nasionalisme en dienooreenkomstig die behoud van identiteit, kultuur, geskiedenis, taal, Godsdiens, veiligheid, wet en orde, maar veral ook vreedsame naasbestaan van volkere en nasies.

Elke volk het die reg om binne sy eie grondgebied, volgens sy eie aard, kultuur en behoefte oor homself te regeer! Het Afrika dan as aanskouingsles vir ons volk niks beteken nie? Het die afwyking van die lesse wat uit Afrika se voorbeeld en die resultaat na dertig jaar se beproewing vir ons laaste drie generasies dan niks beteken nie?

Die AVP waarsku Solidariteit, Afriforum, VF Positief en elke ander blankgedrewe organisasie, uitgesonderd die DA wat agendagedrewe en onrehabiliteerbaar is, dat ons ‘n bewese suksesvolle geskiedenis sedert 1838 het. Keer terug na wat ons daaruit geleer het en staak hierdie “fancifull speculation” ideologiewe slimmigheid wat ons land in stof en as beland het!

Die Afrikanervolk waarvan u lid is het ‘n reg om vry en onafhanklik oor homself te regeer. Ons word verniel en vernietig deur ‘n onwettige besettingsmag as gevolg van die afwyking van ‘n Bybelfundeerde suksesvolle beleid deur ‘n swakkeling regering wat ontstaan het na die moord op dr. Verwoerd!

Kom tog tot julle sinne, maak oop julle oë en ore en hou op om oplossings te soek waar dit nie te vind is nie! Konflik met die huidige regering van nasionale verdeeldheid se onvermydelike onderlinge geweld as probleemoplossing, sal nie by ons verbygaan nie en moet ons dus gereed wees om onsself en ons eiendom te beskerm, al moet dit met bloed gepaard gaan!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie