‘n Hoëveldse boer maak ‘n afspraak by die plaaslike verkeersowerheid vir een van sy swart werkers om ‘n bestuurslisensie te bekom. Die toetsbeampte vra vir die boer: ”Oom Barend, voordat jy die moeite doen, ken die man sy padreëls?” As jy van die boekie praat waaruit hy moes leer, kan ek onomwonde ja sê. Hy ken hom van voor tot agter en weer terug, antwoord Barend. Nou goed dan toets ek hom gou. John, wat is die eerste ding wat jy moet doen as jy ‘n nuwe voertuig gekoop het? Nou...die eersta deng....djy tjek hom die water en die oil, antwoord John vol selfvertroue.
As ons klaar gelag het, kyk ons weer na John se antwoord. Dit staan nou weliswaar nie so in die boekie nie, maar John het in sy eenvoud een belangrike ding besef. Daar is sekere dinge wat belangriker is as ander en daarom kom hulle eerste. Jy bepaal dus wat voorkeur moet geniet, nie na willekeur of eie behoefte nie, maar uit die noodsaaklikheid daarvan.
Dit is waarom die strewe na vryheid van die Afrikanervolk gedemp word en die stryd om vry te kom uit ons huidige knelling nie werklik op dreef kom nie, omdat ons nie die voorkeur orde van benadering tot die stryd in eensgesindheid aanpak en uitvoer nie. Kan dit wees omdat ons die eenvoud van ‘n John geringskat en met verhewe filosofiese en straks verhewe politiek-geïnduseerde liberale en humanistiese denke in een of ander postmoderne universiteit opgedoen, die eerste dinge laaste of dalk glad nie in berekening bring nie?
Daar is ‘n wetmatigheid wat bepaal dat as jy in stryd is, daar ‘n vyand moet wees en as daar ‘n vyand is, moet jy weet wie hy is en wie sy bondgenote is. By gebrek aan eenstemmigheid oor wie jou vyand is, is daar reeds verdeelde lojaliteit en word die strydpatroon nadelig beïnvloed. Die grens wat getrek moet word tussen jou volk en sy vyand en dié se bondgenote, is derhalwe ‘n gefragmenteerde grens met invalsopeninge na ‘n verdeelde volk. Hieruit ontstaan verskeie partye en groepe in organisasies en bewegings wat aanspraak maak dat dit om die Afrikaner se vryheid gaan terwyl ons flanke blootgestel is omdat die vyand nie vir almal die vyand is nie.
Behalwe die André P. Brink’s, Antjie Krog’s, Nico Smith’s, Beyers Naudé’s, van Zyl Slabbert’s en latere Max du Preez’s en Piet Aucamp’s in die opslag na verval van die laaste NP regering, is daar steeds onder die oorgeblewe “behoudendes” uiteenlopende strategieë en “politiekkorrekte” kerk, kultuur, vakbond en landbouligame wat “in belang van die Afrikanervolk stry”. Sonder enige vordering of voordeel vir die Afrikanervolk verdiep die verdeeldheid en emigreer volksgenote uit frustrasie om elders ‘n heenkome te vind.
Wat nou voor die hand lê, is die werklikheid van Afrikanerverdeeldheid. Dit is egter nie ‘n nuwe verskynsel nie en is ook nie onoorkombaar nie. Die beginpunt bly steeds die kies van jou vyand. Wanneer daardie grens getrek is sal die bondgenote van jou vyand self in ondersteuning hulle kleur wys. By geleentheid het mnr. Jaap Marais gesê dat die gehegtheid aan ons Christenskap, witmanskap, Afrikanerskap en die begrensing van ons kultuur en ras waarby gevoeg word die onbedwingbare wil om vry te wees van buitelandse oorheersing, finansiële oorheersing, getalle oorheersing deur swartes en kommunistiese diktators, spel dr. D. F. Malan se strydreël van: Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging by mekaar tuis hoort.
Dit is daardie innerlike oortuiging wat dit moontlik maak om bo-oor politieke verdeeldheid te kan voortgaan. Korttermyn gesamentlike aksies wat gebeure kan beïnvloed en suksesvol uitgevoer word, verander die gemoedstemming van ‘n volk en gee weer moed waar daar nou verslaentheid heers. Dit rig dié weer op wat in die onreg begin berus!