1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9295995

Besoekers aanlyn

Ons het 115 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE STEMME-SPEL

Klaas WaarseggerOns is nou weer in die vooraand van ‘n algemene verkiesing. Die parlementêre partye doen ‘n beroep op lewendes en selfs die dooies om ‘n stem uit te bring vir die party van jou “keuse”. Dit alleen moet jou nekhare laat rys. Dit is ‘n erkenning van die gemeenskaplike strewe van die partye tot die voortsetting van swart oorheersing.

Die slovo grondwet het swart oorheersing verskans wat geen keuse laat nie. Jy as kieser word vertel dat as jy nie gaan stem nie, jy geen rede het om te kla nie. Wat hulle nooit sal erken nie, is dat die klagtes dan nou juis gaan oor die gevolge van hul ontrou, vrotsigheid en verraad wat hulle vorige stemmery volgens voorspelling, op ons afgetrek het.

Na 30 jaar se onreg en plundering in ons land, word voet by stuk gehou dat die nuwe onregmatige bedeling ’n etopie bewerkstellig het in ons land. Stel jou dit voor, dat totale verval ‘n etopie kan wees. Al die parlementêre partye sweer ‘n eed van getrouheid aan die slovo grondwet wat die Afrikaner onteien het van sy grondgebied, gestroop het van selfregering en swart dominansie vestig as geoorloof.

Die stemmery is dus slegs ‘n herrangskikking van stoele op ‘n sinkende skip. Om te stem vir jou eie ondergang soos reeds gedemonstreer die afgelope 30 jaar, is waansinnig! Fet is dat die werklike politieke realitieit afspeel tussen stemmers en nie-stemmers.

Die oproep wat gemaak word dat jy moet gaan stem, is juis dat “legimiteit” gegee moet word aan die onreg wat afspeel in ons land. Die Amerikaner Patrick Henry se befaamde woorde was; “give me liberty, or give me death!” Dit impliseer dat mens tot die dood toe moet veg vir jou vryheid. Dit is presies wat ons voorouers twee keer gedoen het. Hoe deabolies is dit nie van Pieter Groenewald om sy party die Vryheids Front Plus te noem nie, behalwe as hy erken dat hulle net ‘n front van vryheid aan die blankes voorhou. ‘n Praatjie vir die vaak.

Die slotsom is dat enige stem wat uitgebring word, ‘n stem vir swart orheersing is. Die werklike teenkanting is om nie te stem nie. As jy gaan stem, moet jy nie kla nie want jy pleeg ‘n oreg teenoor jou eie volk se strewe vir vryheid en welstand. Mag jy tot die besef kom dat ons volk se toekoms lê in die hande van die nie-stemmers. Jy het weer ‘n keuse om te luister na die stem van redelikheid en behoud. Ek kies die stem van rede wat die waarheid vasvang. Dit is die begin van ‘n samelewing van hoop, opstaan en ‘n nuwe toekoms skep.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie