1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9319452

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

REALITEITSDENKE

Klaas WaarseggerDie slovo grondwet is die bloudruk om die witman te onteien. Nie alleen het blanke grond allemansland geword nie, maar die witman het ook die mag verloor om homself te regeer in ‘n kwaadwillige veelrassige bestel. Twee vryheidsoorloë was geveg om vry te wees in ‘n eie land wat nou deur verraad prysgegee is.

Die staatsdiens het ‘n etniese suiwering ondergaan met noodlottige gevolge. Die regime is rasmal en magsbeneweld. Onregmatige wetgewing word aangeneem om die witman te stroop van eie besit. Die algemene-reg en arbeidsreg word altyd vertolk tot nadeel van die witman.

Met die verkiesing in aantog, word die raskaart nou weereens gespeel soos ‘n viool. Met leun en laster word die witman se geskiedenis as boos voorgestel. Die swart massas word opgestook tot blanke volksmoord met slagspreuke soos “kill the farmer, kill the boer”.

Geweldsmisdade teenoor blankes het ongekende vlakke bereik. Blankes stroom die land uit as gevolg van vrees vir hul lewens. Plaasmoorde neem hand oor hand toe, want die kommandostelsel is afgeskaf wat ‘n effektiewe teenvoeter was.

Gespesialiseerde misdaadeenhede is ook tot niet gemaak wat bydra dat die wetteloosheid in ons land hand-oor-hand toeneem. Werksreservering vir swartes het ‘n mantra geword vir die regime. Onbekwame swart personeel is aangestel in staats-sektore vir werkskepping doeleides, en nie ter wille van dienslewering nie. Vakbonde het te veel mag verkry, en gebruik onwettige stakings om hul sin te kry.

Optrede in eie geledere word negeer om politieke steun te behou. Demokrasie in die nuwe Suid-Afrika bestaan slegs in naam en word slegs vertolk as een mens een stem, sonder enige verpligting, gestroop van verantwoordelikheid.

Die DA en VF met die swart plus hou hulle voor as die heilige lig vir die witman, maar het die wil tot Afrikaner Vryheid verraai, ten spyte van die huidige politieke stelsel wat sienderoë klaaglik misluk. Instede daarvan om uit die stelsel te tree en die huidige mislukking te erken, word daar nou weereens nuwe foefies voorgehou om hul gewetes te sus. Die sogenaamde “moonshot” om die ANC uit te stem, is totaal onrealisties. Gegewe die swart massas se ingesteldheid is daar ook geen waarborg dat hulle die mag sal afstaan, sou die onrealistiese gebeur as hul uitgestem word. Zimbabwe is ‘n goeie voorbeeld, en so ook ’n legio van voorbeelde in die res van Afrika.

‘n Mens hoef nie ‘n profeet te wees om te voorspel dat ons afstuur op ‘n oorlog soos tans in die Okraȉne nie. Besitreg oor grondgebied sal die katalisator wees tot die magstryd. Jou stem in hierdie verkiesing sal niks bydra tot blanke selfregering nie.

As blanke selfregering nie jou doelwit is nie, verdoem jy jouself en jou nageslag tot kwaadwillige vreemde oorheersing. As die onredelike vir jou redelik geword het, is daar nie salf aan jou te smeer nie. Verlustig jouself daarin soos die DA en VF+ in jou eie ondergang. My oproep is om weer die skoonheid van jou eie volk te vind in die enigste beleid wat dit verseker het!.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie