Die webblad van die Afrikaner Volksparty is tot stand gebring omdat daar nie ’n enkele media-instelling sedert 2008 in Suid-Afrika oorgebly het wat bereid is om die beginsel van eiesoortigheid te handhaaf en die Afrikanervolk eerste te plaas, terwyl alles daarop dui dat daar ‘n beplande volksmoord op hom voltrek word!
HIERDIE LAND IS ÓNS LAND!
Sedert sy stigting op 20 September 2008 en sy bekendstelling daarna op 18 Oktober in die ou Raadsaal op Kerkplein Pretoria, het die Afrikaner Volksparty die Afrikaner eerste gestel omdat die Republiek van Suid-Afrika aan die Afrikanervolk behoort! Nie aan die Xhosas, nie aan die Zulu's, nie aan enige, of almal saam van die swart volke wat by ons kom heenkome soek het nie. Nie aan ’n reënboognasie nie, nie aan ’n veelrassige voorloper vir ’n “Verenigde State van Afrika” nie.
Uit God se Hand as erfdeel aan die Afrikanervolk laat toekom om uitsluitlik aan ons te behoort! ’n Nuwe volk en ’n nuwe land, oor vierhonderd jaar, saam ontwikkel, saam gegroei, deur oorlog en pes en armoede, tot ’n toonaangewende volk en vooruitstrewende land, ontworstel uit die wildernis tot Republiek in 1961, toe so erken en so aanvaar deur die hele internasionale wêreld!
Die doel van die webblad is om weer dáárdie inligting te voorsien en in te skerp, gebeure in perspektief te plaas, leuens teë te gaan en reg te stel, die aanslag om die Afrikaner uit sy regmatige besit uit te druk, met alles tot ons beskikking teen te werk. Die webblad sal poog om ’n bydrae te maak om nie net Afrikaners nie, maar die wêreld te oortuig dat die onreg wat ons nou aangedoen word, ’n klad op die ganse mensdom is wat daaraan deel het, hetsy deur fisiese betrokkenheid, ditsy deur stilswyende goedkeuring!
Die Afrikaner Volksparty sal deur middel van die webblad volhardend poog om Afrikaners deur feite en voorbeelde tot samewerking te beweeg om vir die derde keer ons volk sy Vryheid te laat terugwen. Dat geen ontvlugtingsbenadering, onderhandeling, samewerking of aanvaarding van die huidige bestel of sy grondwet, enige heil vir ons volk inhou nie!
Daar is egter ander ernstige sake wat ons ook onder u aandag wil bring!
DIE AFRIKANER EERSTE!
Dit het noodsaaklik geword om die Afrikaner nou eerste te plaas. Die belang van ander volke is in ’n vryheidstryd ondergeskik aan eiebelang.
Terselfdertyd wil ons Afrikaners bewus maak van die gevaar van misleiding wat telkens deur partye, organisasies en selfs individue aangedui word as, “in belang van en noodsaaklik vir” die voortbestaan van ons volk, soos deur die Broederbond en genote beplan. Dit het dusvêr niks as agteruitgang vir die Afrikanervolk tot gevolg gehad nie!
‘n Volk sterf wanneer hy die beginsel van gelykheid aanvaar het, ontrou geword het aan sy geskiedenis, wanneer hy verbaster en wanneer hy sy vaderland verloor het! Enigiemand wat die huidige stelsel wil maak werk, is dus ’n vyand van die Afrikanervolk!
ONDERSKEI DIE VYAND
Ons sal terwille van ons voortbestaan ‘n onderskeid moet maak tussen Afrikaners en Afrikaanses om sodoende die Afrikanervolk weer in vertroue te kan saambind. Om daarin te slaag sal ons egter die verraaiers moet isoleer om enersyds hulle verderwende invloed op ons goedgelowige volksgenote te beperk en andersyds te weet met wie om te handel in die tyd wat kom.