Ek het nog altyd gewonder of die DA se drywers met die maan gepla is. Om ‘n pakt te maak met die “maanmanne” is in wese ‘n selfontkenning. Dit is onhebbelik, soos om in al elf tale die ondergang van Suid-Afrika te bespreek sonder ‘n positiewe uitkoms.
Leer tog om jou eie leef te leef sonder verdere abberasie. Die kommunistiese sekelmaan glimlag breed vir jou lawwigheid. Kyk tog ‘n bietjie nader aan die aarde, na volledige geestesgesondheid. Om al die varkies op hok te kry in die nuwe Suid-Afrika is heeltemal buite maandenke.
Met die lees van te veel kinderboeke, is dit moeilik om te glo dat die maan nie van kaas gemaak is nie. Sou jy dit glo, is dit sekerlik die rede waarom die rotte in ‘n mens se kop kom nes maak.
Om te glo dat jou alliansie maanskyn en rose sal bewerkstellig, is slegs jou eie fantasie. Wees baie versigtig as dit volmaan is. Drink maar ‘n bietjie “moonshine” om jou sinne te stabiliseer.
Die DA se beleid was nog altyd ‘n ketting om die nek vir Afrikaners. Jou voorgestelde alliansie bevestig dat jou party se swendelaars-beleid, gestroop is van enige beginselstandpunt. Jou beheptheid tot ‘n alliansie is ‘n bewys dat die DA se beleid soos ‘n murgbeen wat leeg gesuig is van enige verkwiklikheid en nie meer op sy eie bene kan staan nie. Besef jy nie dat indien iemand vir die DA stem, hy eintlik nie vir die DA stem nie, maar ook vir partye wie se strewes lynreg bots met die waardes van witmense.
Die feit dat jy tuisvoel in ‘n babelse verwarring, is omdat die DA die kieserskorps niks kan bied nie. Om hand om die blaas te sit met ander witmens-hatige partye, is ‘n smet op redelike denke. Die DA was en is nog steeds onherroeplik in ‘n politieke donkerte, in lyn met mislukte Afrika. My oproep aan jou is om self nie vir die DA te stem nie. Die romantiek van die maanskyn, moet ek toegee, is verleidelik maar nie goed vir nugter denke nie!
KLAAS WAARSEGGER