Ons is nou weer in die aanloop tot ‘n algemene verkiesing. Uit vele oorde sal u nou aangepraat word om te gaan stem. Volgens hulle het jy kwansuis geen reg op kritiek as jy nie jou stem uitbring nie.
Die werklike rede is om jou gevangene te hou binne die konteks van die Slovo grondwet. As gevolg van ‘n getalle oorwig oorheers die ANC die politieke toneel in Suid-Afrika
Al vir dertig jaar lank speel hierdie toneel hom in Suid Afrika af. Die AVP wil graag voorstel dat u uself vir ‘n oomblik los wikkel uit die gehoor en as be-oordeelaar ‘n waarnemerstoel inneem van waar u veral eers die gehoor in die teater objektief kan waarneem. Wat sien u?
In die voorste paar rye sit die skeppers en aanblasers van die toneel! In die middel die onbetrokkenes wat sonder standpunt die toneel gadeslaan en saam met die entoesiaste in die voorste paar rye, telkens in aanvaarding handeklap.
Die agterste rye word gevul deur skeptiese toeskouers wat geen erg aan die betrokke toneelspelers het nie en dit openlik betuig deur nie hande te klap vir die toneelspel nie.
Sou u egter noukeurig na die gesigsuitdrukkings van die toeskouers kyk, wat sien u?
Nou, in die vooraand van die ontknoping, selfs in die voorste rye saam met die middelrye, ongeloof, skok, verbystering en ja, selfs vrees!
In die agterste rye, woede, haat, wanhoop en huidig, moedeloosheid!
Nog is dit het einde niet! Die toneel duur voort! U is terug in die gehoor. Waar sit u? Waar wil u sit?
Ons sit die gesprek stuksgewys voort!