Die ANC regeer nie in belang van Suid-Afrika nie. Hulle is ‘n rowersgroep wat maksimaal probeer om rykdom in te palm tot nadeel van die totale bevolking. Gegewe hul regeringstermyn, is dit skandelik dat hul steeds aan bewind is, ten spyte van die kriminaliteit in hul geledere. Dit is ook ‘n vingerwysing na die onetiese kieserskorps in Suid-Afrika. Parlementêre skelms word ten alle koste beskerm soos in die geval van onder andere Jacob Zuma en Ramaphosa. Selfs die wetgewende gesag in die land kan hulle nie onthef uit hul portefuljes nie.
Wet en orde is totaal onbrekend in die land, tot op die hoogste vlak van regering. Ramaphosa het self skaamteloos die erkenning gemaak dat die ANC voor in die ry staan as dit by korrupsie kom. As gevolg van ontbrekende etiek is die ANC feitlik universieël ‘n swart party. Daar is geen heil te vinde vir ‘n witmens om vir hulle te stem nie. Die ANC is daarop gefokus om die rassekaart te speel vir hul ondersteuning.
Die huidige bestel het reeds bewys dat dit onwerkbaar is, en tot nadeel van die bevolking. Steeds wil die DA en VF+ voorgee dat die bestel werkbaar is. Die VF+ was nee-stemmers in die referendum van 1994. Hulle het rondgeloop met oorlogspraatjies in die land. Nou is hulle pêns en pootjies sittende in ‘n parlementêre opset waarteen hulle gekant was. Om nie eers te praat van hul leier (Pieter Mulder) wat dit oor sy hart kon kry om in die Zuma- regering te dien nie. Blykbaar is hy nou ‘n grootkop by Solidariteit. Gegewe ons minderheids bevolking in ‘n onverdeelde Suid- Afrika, wil ‘n mens weet hoe op aarde wil hulle aan bewind kom? Die antwoord is sekerlik opgesluit in hul party se naam; - Die Vryheids Front. Dit is net ‘n front wat nooit in der ewigheid vryheid kan bewerkstellig vir die witman in Suid-Afrika nie. ‘n Fopspeen voorgehou aan goedgelowige Afrikaners wat nie kan realiseer in hierdie regeringsbestel nie. Instede van bevryders is hulle nou aandadig aan onderdrukking van die witman.
Die DA was die touleiers om FW de Klerk se onnasionale party die sloot in te sleep. Deesdae is hulle vol kritiek oor die omstandighede wat hulle help skep het. Instede daarvan om tot realisme te kom, ploeter hulle voort met ‘n oneerlike ingesteldheid. Twee keer het hulle misluk om swart kiesers te trek met swart aanstellings as leiers. Hulle is die soort mense wat wil voorgee hulle sien nie kleur nie. Mens sou sweer daar is ‘n probleem met geskapenheid wat hulle wil regstel, om kleurblindheid te pleit. Tog stem sommige Afrikaners vir hulle uit protes teen die regime, maar nie uit beginsel standpunt nie. Dit sal ook niks help nie, want hulle het reeds ‘n plafon in getalle bereik. Verkiesingsuitslae bewys dat feitlik universieël volgens rasse-lyne gestem word.
Die EFF is net soos die ANC, oorlogsoekend met die witman. ‘n Burgeroorlog word reeds deur die buiteland en binnelands deur politieke kenners voorspel. Thabo Mbeki het al self so ‘n waarskuwing gerig. Die een moles na die ander word deur die EFF gepleeg om rassehaat aan te wakker. Selfs hul optrede in die Parlement is soos ‘n klomp besetenis wat die HK doen voor ‘n rugby wedstryd. Parlementȇre sittings het ‘n sieklike grap geword in hierdie land.
Die enigste geweldlose oplossing vir die land is om buite stemming te bly. Die mandaat van die parlementȇre partye moet onder hulle weggegryp word. Almal is vere van dieselfde voël. Jy as witman beklee tans ‘n muishond-status wat sal aanhou totdat die witman tot sy sinne kom en ‘n nuwe bedeling tot stand bring.
Tans is die nie-stemmers reeds ‘n meerderheid in die land. ‘n Bewys van die veragting vir die parlementariërs deur die bevolking. Die mikpunt moet wees dat geen enkele siel wat die belange van die land op die hart dra, moet gaan stem in die komede verkiesing nie. In elk geval is die wit
stem onbeduidend in ‘n veelrassige meerderheids opset. Jou stem is van nul en gener waarde. STEM REG – BLY WEG !!!!