Die tussenmens witmens is ‘n geaberreerde mens wat tergelykertyd wit en swart wil wees. Deur selfontkenning wil hy probeer guns wen by die swartes, met ‘n kruiperige benadering. Die andersheid van die mens word negeer om sogenaamd in tel te wees. Die waarheid van eiesoortigheid wil hy verdoesel deur voor te gee hy sien nie kleur nie. Kleur is ‘n merker van die mensheid wat deur die Skepper bepaal is. Om voor te gee dat jy kleurblind is, is om vir jouself te lieg. Om ‘n waarheid te ontken deur selfmisleiding, maak jy jouself nie net belaglik nie, maar vertoon jy ook jou minagting vir jou geskape werklikheid en ontvanklikheid vir die leuen! Die andersheid van die mens is nie enkel en alleen opgesluit in ‘n pigment van die vel nie, maar ook in ‘n eie menslike realiteit en inhoudelike. Objektiwiteit van die menslike spesie en ingesteldheid, kan nie besweer word deur subjektiwiteit nie. Dit is slegs bevatlik as jy ‘n leun wil lewe. Om iets anders te verstaan van wat ‘n werklikheid is en dit te propageer, is ‘n onding. ‘n Uitweg na die donker.(Waarna jou siel hunker??)
Wat nodig is, is ‘n duidelike geestelike, menslike, politieke en etiese benadering. As konteks kan Afrika lande vergelyk word met Westerse lande. As mens kan jy tog nie as ‘n ongebonde geestelike nomadiese individu (nog swart, nog wit) begrip hê van ‘n werklikheid nie. Die staatkundige en ekonomiese geweldpleging na 1994 in die nuwe Suid Afrika is duidelik tasbaar, wat gepaard gaan met openlike rassisme en wanhoop in die land. Voortbestaan in geregtigheid is nou slegs ‘n herinnering van wat was in die Verwoerd era. Pan Afrikanisme het ‘n ingeboude mags-motief om die witman uit te delg, gemotiveer deur ‘n bewustheid van eie tekortkoming. Die illusie van vrede, veiligheid en voorspoed lê nou aan skerwe. Die nuwe Suid-Afrika is nou in ‘n werklikheid van ‘n doodstryd gewikkel. Om van ‘n toekoms te droom in een onverdeelde Suid-Afrika is selfbedrog soos die stelling: “ek sien nie kleur nie”. Die swartes vra nie verskoning dat hulle swart is nie. Stamidentiteit is by hulle ‘n heilige koei en prysenswaardig so. Dit is wesenlik en nie abstrak soos wat die tussenmens wil voorgee nie. Weet dit en besef dit witman, jou krag lê in jou andersheid. Om my witmanskap as diskwalifikasie te gebruik is boos en rassisties. Net vir ‘n selfmoordenaar (die tussenmens) maak dit sin. Ek het vrede en is trots op my Afrikanerskap en witmanskap.
2
Ek weier om myself te verloën ter wille van aanvaarding in die nuwe Suid-Afrika. Menslike offer-politiek verkies die dood bo die lewe. Ek verkies om uitgesluit te bly van ‘n ander se besitting. Die illusie van ‘n reënboognasie is in geen opsig tasbaar of ‘n werklikheid nie. Heropvoeding van ons geaberreerde mense lê ons tot grondslag.
Die sakramentele verheffing van naaste liefde, het ‘n kinkel gekry wat bloedvermenging as ‘n utopiese ideaal voorhou. ‘n Rasontkenner is iemand wat so geaberreer is, dat sy verstand nie registreer wat sy oë sien nie. Dit is die selferkenning van ‘n tussenmens!
KLAAS WAARSEGGER