Slovo het dit geskryf, De Klerk het dit aanvaar, die ANC het dit in werking gestel en almal in die land ly daaronder. Die grondwet is in wese ‘n begrafnisbrief vir Suid-Afrika. Meer spesifiek word die vraag aan die Afikaner gevra: Witman hoe soek jy jou “necklace”, ‘n Goodyear of ‘n Firestone? Die mislukking van die Slovo grondwet is reeds in oortreffende trap gedemonstreer in die nuwe Suid-Afrika. Die belofte van vryheid, vrede en voorspoed lȇ aan skerwe. Ten spyte van die chaos wat heers in die land is die DA en VF met die swart plus, tevrede met die grondwetlike voorskrifte. Hulle beskou die grondwet ook as die “holy grail”. Só word die witman saamgesleep na ‘n arabiese lente.
Die historiese strewe van die Afrikaner om vry te wees van vreemde oorheersing, word as laakbaar en rassisties beskou deur hul eed van getrouheid aan die veelrassige grondwet. Die ellende in Suid-Afrika moet nie enkel en alleen aan die ANC toegeskryf word nie, maar ook aan die DA en VF+, as gevolg van hul gewillige deelname. Dit is onvergeeflik om ten spyte van ‘n gedemonstreerde mislukking steun te vra by die witman, om ons vérder die afgrond in te lei. Hul begrafnisrede sal die skuld volledig aan die ANC toewys, instede daarvan om ook hand in eie boesem te steek.
Dit spreek tog vanself dat selfregering vir swart en wit die enigste uitweg is uit die huidige politieke onderdrukking. Waar is die DA en VF+ se plan op die tafel om die witman van sy huidige politieke impotensie te red? Hul deelname aan hierdie politieke orgie is ‘n stimulis tot voortsetting van die onreg. Wanneer sal hulle by die punt kom deur te sȇ, tot hier toe en nie verder nie. Selfs Thabo Mbeki voorspel ‘n arabiese lente in die land. ‘n Bedreiging waaraan die DA en VF+ meedoen. Deur deelname word die status quo deur hulle, gelate aanvaar ter wille van kort termyn finansiële eie belang. Om met die DA en VF+ te assosieer is om jouself te kruisig. Word jy gespeel soos ‘n viool?
KLAAS WAARSEGGER