1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9281697

Besoekers aanlyn

Ons het 227 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

Die AfriForum Nederlaag

MEDIAVERKLARING

DIE AFRIKANER VOLKSPARTY

Die AfriForum Nederlaag

Wat is die betekenis van die hofuitspraak ten gunste van die EFF?

Die gelykheidshof het vandag verklaar dat die dreunsang “Kill the boer” nie haatspraak is nie.Regter Edwin Molahlehi se stelling dat ‘n oorlewende slagoffer van ‘n plaasaanval geen bewys lewer dat die lied te doen gehad het met die aanval nie.

Verder het hy verklaar dat die lied in die konteks gesien moet word waarin dit gesing word, omdat dit gaan oor die grondkwessie van vorige benadeeldes.

Nog ‘n klassieke bewys dat, soos voorspel en tydig en ontydig gewaarsku was, reg met onreg reeds in 1994 vervang is!  In wese is dít die betekenis van hierdie uitspraak!

“Vandag se uitspraak het bewys hoe die politieke bestel in Suid-Afrika besig is om te radikaliseer, veral teen minderhede. ’n Politieke bestel waar die aanhitsing en romantisering van geweld teen minderhede deur die regbank goedgekeur word, is nie ’n vrye, demokratiese bestel nie, maar ’n onderdrukkende bestel. Hierdie saak bevestig weereens dat AfriForum nou sy aandag daarop moet vestig om ons veiligheidstrukture en sekuriteitsopleiding moet versterk en intensifiseer.”(Aldus Ernst Roets van Afriforum)

Hoe blind is hulle wat oë het en tog nie wil sien nie en hulle wat ore het en tog nie wil hoor nie? Presies wat Ernst Roets oor die uitspraak kwytraak is dit waarvoor hulle gewaarsku was! Nou erken hy dat hierdie uitspraak dit bewys! Erken Kallie Kriel, Dirk Herman en Flip Buys dit ook? Getallepolitiek is gelyk aan ‘n meerderheidsregime! Dit behoef nie aanhitsing van geweld teen minderhede nie. Dit is ‘n gegewe!!

In teenstelling met onweerlegbare bewysredes, pleitredes en waarskuwings word Afrikanerland deur “horende” en “siende” blindes en dowes aan ‘n swart onverdienstelike meerderheid in magsdeling op ‘n skinkbord oorhandig met die dawerende goedkeuring van onder andere, Solidariteit en AfriForum en moet hulle nou een na die ander hofsaak veg om die simptome van hulle sinnelose politieke wanstaltigheid te probeer regverdig!

Die Oplossing?

“Hierdie saak bevestig weereens dat AfriForum nou sy aandag daarop moet vestig om ons veiligheidstrukture en sekuriteitsopleiding moet versterk en intensifiseer.”

Die AVP sê nee Ernst! Dit is nie die oplossing nie. Ons nooi Afriforum uit vir ‘n gesprek sodat daar weer nugterheid in die Afrikanerpolitiek kan kom. Skakel ons gerus en bring dan vir Kallie saam!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie