1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9284638

Besoekers aanlyn

Ons het 67 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE SWART VLEK

Klaas WaarseggerKopvrotsiekte is fundamenteel, die oorsaak vir die vele probleme in die nuwe Suid-Afrika.  Politieke korrektheid word deurentyd gebruik om die onhebbelike te systap, gevolglik lewe ons ‘n leun. Onbevoegdheid en korrupsie het die land nou op sy knieë gedwing. Die staatsdiens en munisipaliteite is totaal lamgelê deur kaderontplooiing. Moraliteit en wetsgehoorsaamheid is nêrens te vinde in landsregering nie. Die ANC bewind is sekerlik die grootste swart vlek in die geskiedenis van Suid-Afrika, indien nie in Afrika nie.

Die Zondu-verslag spreek boekdele.  Die ANC regeer nie in landsbelang nie. Die benadering is selfverryking en plundering van belasting geld vir eie gewin. Ramaphosa erken self dat die ANC is voor in die ry as dit by korrupsie kom. Die vraag wat gevra moet word, is wie het die staat gekaap?

Wetstoepassing het slegs ‘n teoretiese begrip geword in ons land. Kriminele opereer vrylik in ons land sonder regsverandwoording. Kriminele sake word uitgestel met dekades wat ook ons regstelsel in gedrang bring.  Politieke keuring van regters is ook een van die beskuldigings in die regswese. Grondroof sonder vergoeding van blanke eiendom word as wettig en vatsoenlik beskou. ‘n Mens wil kots van naarheid oor die wanbestuur en diskriminasie in hierdie land.

Militante, gewelddadige vakbonde swaai die septer.  Om hulle sin te kry word onwettig gestaak, gebrand en verwoes.  Dit blyk te wees of daar ‘n behae in is om die land se ekonomie te vernietig.  Paaie word blokkeer om die land tot stilstand te ruk as daar nie aan hul eise voldoen word nie.  Moord en brandstigting het ‘n wenresep vir hulle geword.  Natuurlik was hulle hul hande in onskuld, en gee ’n kriminele element die skuld, terwyl hulle die teelaarde daarvoor geskep het. Buitensporige eise ten opsigte van arbeidswetgewing en salaris verhogings word gestel wat nie bekostigbaar is nie.  Die gevolg is werkloosheid en lae produktiwiteit.  Vakbonde het groter mag verkry as die regering op politieke vlak, want hulle hou die ANC aan bewind om die massa te mobiliseer tydens verkiesings.

Politruuks van die DA enVF+ dra geensins by om die klad van die huidige politieke bestel te beredder nie.  Hulle speel entoesiasties saam, terwyl hul politieke mag reeds in 1994 uitgekontrakteer is aan die ANC. Die huidige bestel is ‘n getalle speletjie wat Zuma so laakbaar saamgevat het dat die ANC sal regeer totdat Jesus kom.  Parlementêre opposisie is slegs in naam en van geen praktiese waarde of teenkanting teenoor vreemde oorheersing nie.  Politieke kopvrot sal beslis niks regstel nie.  Die werklike mag is geleë in die disassosiasie van hierdie onregmatige bestel.

DIAGNOSE: Kopvrotsiekte is ‘n simptoom van bollie in die kop om polities onkorrek te wees.  Enige objektiewe kritiek teenoor swart mense maak van jou ‘n rassis.  Dit is kwansuis die politieke korrekte beskouing in die nuwe Suid-Afrika.

Klaas Waarsegger                         

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie