Onder die onderstaande opskrif in 'n plaaslike dagblad deurChris Makhaye and Nce Mkhize:
KZN killing fields: Political murders surge as November 2021 polls draw near, op 14 September 2021 DM, is dit duidelik dat onversoenlike kultuurverskille tussen blank en swart, 'n gegewe is.
Volgens Vanessa Burger, 'n onafhanklike gemeenskapsaktivis vir menseregte en maatskaplike geregtigheid wat geweld by die koshuise in Durban nagevors het, kan meer as 150 moorde regdeur KZN en ander provinsies gekoppel word aan sluipmoordenaars (hitmen) wat na bewering by Glebelands woon, of bande met die koshuis het. Tydens die Moerane-kommissie is gehoor dat daar na die koshuis verwys word as 'n "opgaarplek vir sluipmoordenaars". Die kommissie het in September 2017 'n besoek aan die koshuis gebring.
Wat moet jou innerlike samestelling wees as jy planmatig jou opposisie uit die weg ruim indien die moontlikheid bestaan dat hy of sy bo jou verkies kan word, selfs binne jou eie party? Moord is dan volgens jou sienswyse net 'n middel tot 'n doel en nie werklik 'n misdaad nie?
Hoe verskil hierdie barbaarse gedragswyse van 'n land wie se regering op dieselfde wyse tewerk gaan om 'n ander land se leier of leiers te vermoor of te laat vermoor teneinde hulle bates, of selfs hulle hele land te bekom? Die enigste verskil is die metode van doodmaak! Hierdie sogenaamde beskaafde eerstewêreldlande se leiers en onderdane wat in opdrag hulle laat betrek by sulke ongeregtigheid, verskil mynsinsiens niks met dié van die barbare in Afrika en duidelik ook hier in Suid Afrika nie.
Dit was mos waarom God met die sondvloed die mensdom op agt siele na, totaal verwoes het! Dink die WGO, die Illuminatie, die Vrymesselary, die Bilderbergers, die WRM en welke ander geheime samesweerders werklik dat hulle kan beplan om die wêreldbevolking te verminder deur hulle met 'n dodelike entstof te dood, siek te maak, te steriliseer en te vermink, dat hulle daarmee gaan wegkom?
Die omstandighede op ons planeet kan sekerlik vergelyk word met die tyd van Noag toe almal bewus was van die onreg maar onge-erg voort geleef het, saam met die stroom in ontkenning die tekens, waarskuwings en teregwysings ignoreer het en tog gedink het dat dit maar so moet wees. Vreeslik is dit om te val in die hande van die Lewende God! Mag ons Afrikanervolk nie ons ontstaan, ons geskiedenis en ons grondslag vergeet nie. Mag ons veral nie ons geloftes en die betekenis daarvan vergeet nie sodat ons geloof nie ook in die slag bly soos diegene wat sonder gewete, in stryd met die gebooie van ons hemelse Vader, ons lewens inrig nie.
KZN killing fields: Political murders surge as November 2021 polls draw near
By Chris Makhaye and Nce Mkhize• 14 September 2021 DM