Hoséa 6:1:”KOM en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.”
Ek is seker dat die jaar 2014 deur die oorgrote meerderheid volksgenote voorwaar as ‘n stormagtige jaar beskryf kan word. ‘n Jaar waarin storms op alle lewensterreine gewoed het en ons in vele opsigte benoud gemaak het. Juis hierdeur kon ons in retrospek weer die waarheid en toepaslikheid van God se beloftes ook in ons huidige lewensomstandighede ervaar – Jesaja 43:2:”As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.” Alhoewel die storms rondom ons hewig was, is ons egter nie daardeur oorweldig nie.
GEDAGTE VIR DIE DAG Vrydag 22 Julie 2011
Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van die vader bloeiend deur die seun geërf en die stryd sal altyd, hoe moeilik ook al, gewen word.
George Byron