PARTYLEIER VIR FORUM VIR DEMOKRASIE VAN VELSEN MNR. TOM PANIS:"EK HET TOT MY VERBASING GESIEN DAT DIE MUNISIPALITEIT DIE NEDERLANDSE VLAE VERWYDER HET VAN DIE 40-45 PLEIN EN BESLUIT HET OM DIE SOGENAAMDE TRANSGENDER- REËNBOOGVLAG OP DIESELFDE PLEIN TE PLAAS"
Geagte leser. Ons het nav die feit dat die munisipale raad 'n rukkie gelede besluit het om die Nederlandse vlag van die Gedenkplein 40-45 te verwyder, wat gewy is aan die Nederlandse weerstandshelde 'n tweede insiggewende onderhoud gehad met mnr Tommy Panis wat soos u sal onthou het, as partyleier vir Forum vir Demokrasie in die Velsense raad setel.
Hierdie party het onlangs 'n protes begin omdat hy van mening is dat hierdie besluit baie onvanpas en selfs oneerbiedig gevind is..
Meneer het toe tot sy verbasing gesien dat die munisipaliteit ook besluit het om die sogenaamde transgender-reënboogvlag op dieselfde plein te plaas. "Wat eens bedoel was as 'n waardige plek van nasionale eenheid en huldeblyk, is dus tans omskep in 'n platform vir radikale linkse politieke vertoon".
In die dae wat gevolg het, het Meneer met talle inwoners gepraat wat werklik kwaad hieroor was. Gebaseer op hierdie gesprekke het hy gevra dat die Nederlandse vlag weer prominent en trots in die strate vertoon word. Hierdie oproep is wyd onder inwoners gehoor, en rooi, wit en blou vlae het skielik op fasades en balkonne dwarsdeur Velsen verskyn. (Sien die talle video's op TikTok en Facebook). Die munisipaliteit se reaksie was egter net so afgryslik as wat dit simbolies was: wetstoepassers is ontplooi om die vlae te verwyder van oa. brûe. Dit het natuurlik tot nog meer verontwaardiging gelei, en die gevoel dat die nasionale trots nie meer gekoester word nie, maar eerder beveg word het posgevat.
Jos. 1:1-18:“Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.” (:8). Ek dink nie ons besef aldag die groot taak wat op Josua se skouers gerus het nie, geliefdes. Hierdie man moes die skoene van Moses volstaan – beslis nie iets waarvoor enigiemand opgewasse is nie. Daarbenewens was daar nog groot en gedugte vyande teen wie oorlog gevoer moes word en Josua sou die volk hierin moes lei. Wanneer God vir Josua as Moses se opvolger aanwys, verseker Hy hom dan ook dat Hy met hom sou wees en hom vir hierdie belangrike en groot taak sou toerus. Ons lees dan waar God aan Josua raad gee, hom toerus, vir hierdie groot taak voorhande.
In die Suid-Afrikaanse politiek het die Verenigde Party pragmatistiese denkwyse en optrede verteenwoordig, die kompromisbenadering tot uitdagings en probleme, wat gelei het tot sy dubbelsinnigheid, dubbelpraat, dubbelhandel en vermyding van die inneem van 'n duidelike standpunt oor enige duidelike beleidsrigting. Dit het op verskillende tye baie verskillende gesigte voorgehou – en te alle tye was dit alles vir alle mense. Daar is nooit van sy ondersteuners verwag om by 'n gemeenskaplike stel politieke beginsels te hou nie, en dit het daartoe gelei dat die Party geen basiese politieke oortuigings gehad het nie en teenstrydige sienings oor elke belangrike politieke kwessie gehad het.
Dit was die Party wat, onder Generaal Hertzog, in 1936, die Bantoe van die algemene kieserslys verwyder het waarop hulle was as gevolg van die integrasieproses wat begin is onder die 1854-Grondwet, wat deur die Britse regering op die Kaapkolonie afgedwing is.
(Opgestel deur mnr. Jaap Marais MEI 1996)
1. Die grondwet wat nou aan Suid-Afrika opgelê word, is die kulminasie van die
proses wat op 6 September 1966 aangeskakel is deur die Kommunis Tsafendas se sluipmoord op dr H F Verwoerd en die politieke verdeeldheid wat deur sy opvolgers aan die Afrikanervolk opgedwing is. Die waarheid oor hierdie moord en die magte en mense wat daarby betrokke was en wat daarna politieke moord gepleeg het op alles wat dr Verwoerd verteenwoordig het, is nog nie oopgevlek nie, maar die bloed van hierdie groot man wat tussen sy volk en die vyande gestaan het, roep daarom.
Kultus is per definisie ‘n groep wat die essensiële bybelse waarhede verloën en Dan nog steeds aanspraak maak om ‘n ware geloof aan te hang. Seker die mees berugte kultus in Afrikaner geledere is die NG Kerk. Op politieke vlak is die DA en VF Negatief die voorbokke. Ongelukkig is daar ook goeie mense onder hulle wat opreg glo dat hulle die waarheid ondersteun. Ongelukkig word hulle ook beheer deur die gebruik van swendeltaktiek, emosionele molestering en word sodoende slawe van die instutisie. Met valshede, word skuldbelydenisse by hul lede ingeskerp.
(Belhar Belydenis). Die predikers sorg dat slegs geselekteerde inligting by hulle lede uitkom. Om hul aanspraak as ware verteenwoordigers van God te handhaaf, word ‘n nuwe veranderde revolusionêre teologie voorgehou wat jou in die beskuldige bank plaas om byvoorbeeld jou apartheidsonde te bely.
Sou die mens wat sy ontstaan by die Skepper van hemel en aarde gehad het in die jaar 2025 bereid wees om ag te gee wanneer die Skepper hom, die geskape mens, aankla oor sy afvalligheid, sy louheid, sy sondigheid, sy ongehoorsaamheid, sy troueloosheid en sy eiesinnigheid?
As ‘n mens rondom jou kyk, lyk dit eerlikwaar nie asof die mens besef dat daar onbetwisbaar ‘n Lewende God is wat oor die lotgevalle van alle volkere en nasies beslis nie. Indien die mens “toevallig” die Bybel by die profeet Amos oopmaak en lees wat ons hemelse Vader in ‘n tweede strafrede, in geen onduidelike terme aan die Israelvolk deur die profeet Amos laat toekom het, die mens sal moet besef vir wat vir hom op die pad wag as gevolg van sy ontrouheid!
DIE CALVINISTIESE TOESPRAAK
van
Dr. A. Hertzog L.V.
in die
VOLKSRAAD
14 April 1969
Vir die eerste keer woordeliks en volledig gepubliseer
Oor hierdie toespraak is dr. Albert Hertzog gerepudiëer deur
sowel die Eerste Minister, mnr. John Vorster, as die Transvaalse
leier van die Nasionale Party, mnr. B. J. Schoeman.
Van hierdie repudiëring het mnr. Jaap Marais, L.V., daarna
gesê: „Mens kon hoor hoe hulle die Nasionale Party en die
Afrikanerdom skeur.”