1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9948812

Besoekers aanlyn

Ons het 203 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE “STORMWIND” VAN VERANDERING IN 1960

Harold Macmillan spreek albei kamers van die parlement toe Prent1Jy moet verander om te kan verander! Hoe lyk die veranderdes dan?

Laat ons begin by die Britte se siening van verandering wat hulle op ons volk in 1960 kom aflaai het! ‘n verandering van African national consciousness (ANC?), wat indien ons nie polities daarby aanpas nie, Ons van Suid Afrika, Wêreldvrede sou bedreig! Bid jou aan!!

Lees die Britse Eerste Minister, Maurice Harold Macmillan se toespraak in ons parlement, wat vir al wat leef en beef toeganklik gemaak is voordat hy dit voorgedra het, behalwe aan dr. Verwoerd wat onvoorbereid daarop moes antwoord. Uiters bedenklik en ooglopend met ‘n agenda!

Lees dan nou ook dr. Verwoerd se briljante onvoorbereide Antwoord na Macmillan se rede.

BRITTANJE EERSTE MINISTER SE WINDS OF CHANGE TOESPRAAK FEBRUARIE 1960

Die eerste openlike aanslag deur die Engelse regering na 1910 op die politieke beginsel en beleid van Suid Afrika soos vertolk en implimenteer deur dr. H.F. Verwoerd en sy regering, minder as ‘n maand nadat die referendum vir ‘n Republiek aangekondig is!

Winds of Change Speech by British Prime Minister Maurice Harold Macmillan

3 February 1960

It is, as I have said, a special privilege for me to be here in 1960 when you are celebrating what I might call the golden wedding of the Union. At such a time it is natural and right that you should pause to take stock of your position, to look back at what you have achieved, to look forward to what lies ahead. In the fifty years of their nationhood the people of South Africa have built a strong economy founded upon a healthy agriculture and thriving and resilient industries.

No one could fail to be impressed with the immense material progress which has been achieved. That all this has been accomplished in so short a time is a striking testimony to the skill, energy and initiative of your people. We in Britain are proud of the contribution we have made to this remarkable achievement. Much of it has been financed by British capital. According to the recent survey made by the Union Government, nearly two-thirds of the oversea investment outstanding in the Union at the end of 1956 was British. That is after two staggering wars which have bled our economy white. But that is not all. We have developed trade between us to our common advantage, and our economies are now largely interdependent.

You export to us raw materials, food and gold. We in return send you consumer goods or capital equipment. We take a third of all your exports and we supply a third of all your imports. This broad traditional pattern of investment and trade has been maintained in spite of the changes brought by the development of our two economies, and it gives me great encouragement to reflect that the economies of both our countries, while expanding rapidly, have yet remained interdependent and capable of sustaining one another.

In the twentieth century, and especially since the end of the war, the processes which gave birth to the nation states of Europe have been repeated all over the world. We have seen the awakening of national \ consciousness in peoples who have for centuries lived in dependence upon some other power. Fifteen years' ago this movement spread through Asia. Many countries there of different races and civilizations pressed their claim to an independent national life. Today the same thing is happening in Africa, and the most striking of all the impressions I have formed since I left London a month ago is of the strength of this African national consciousness.

In different places it takes different forms, but it is happening everywhere. The wind of change is blowing through this continent, and, whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact. We must all accept it as a fact, and our national policies must take account of it.

As I have said, the growth of national consciousness in Africa is a political fact, and we must accept it as such. That means, I would judge, that we must come to terms with it. I sincerely believe that if we cannot do so we may imperil the precarious balance between the East and West on which the peace of the world depends.

The world today is divided into three main groups. First there are what we call the Western Powers. You in South Africa and we in Britain belong to this group, together with our friends and allies in other parts of the Commonwealth. In the United States of America and in Europe we call it the Free World. Secondly there are the Communists - Russia and her satellites in Europe and China whose population will rise by the end of the next ten years to the staggering total of 800,000,000. Thirdly, there are those parts of the world whose people are at present uncommitted either to Communism or to our Western ideas. In this context we think first of Asia and then of Africa.

As I see it the great issue in this second half of the twentieth century is whether the uncommitted peoples of Asia and Africa will swing to the East or to the West. Will they be drawn into the Communist camp ? Or will the great experiments in self-government that are now being made in Asia and Africa, especially within the Commonwealth, prove so successful, and by their example so compelling, that the balance will come down in favor of freedom and order and justice? The struggle is joined, and it is a struggle for the minds of men. What is now on trial is much more that our military strength or our diplomatic and administrative skill. It is our way of life. The uncommitted nations want to see before they choose.

In ‘n opvoedingsles van Internasionale Staatsmanskap het dr. Verwoerd, onvoorbereid, op Harold Macmillan se toespraak geantwoord.

Op 2 Februarie het die Britse Premier en sy geselskap op die D.F. Malan-lughawe neergestryk waar hy deur die Eerste Minister persoonlik verwelkom is. Die dag daarna het ’n historiese gebeurtenis opgelewer toe die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk ’n gesamentlike vergadering van die twee Huise van die Parlement in die parlementêre eetsaal toegespreek het. Dit was by hierdie geleentheid wat hy sy bekende “winde-van-verandering”-toespraak gehou het – ’n toespraak waarop dr. Verwoerd in ’n bedankingswoord geantwoord het sonder dat ’n afskrif van mnr. Macmillan se toespraak – soos gebruiklik – vooruit aan hom beskikbaar gestel is.

Geagte Eerste Minister, u het aan my ’n aansienlike taak gestel. Ons het genoeg vraagstukke in Suid-Afrika sonder dat u kom om daaraan toe te voeg deur so ’n belangrike verklaring te doen en van my te verwag om u in ’n paar kort woorde te bedank.

Soos u wel deeglik weet, is daar twee maniere waarop ’n mens ’n mosie van dank kan benader. Die eerste is om feitlik elke mededeling wat u gedoen het, te herhaal en te beaam. Dit veronderstel natuurlik dat ’n mens alles wat u gesê het, kan onderskryf, wat ek nie in alle opsigte kan doen nie, maar dit veronderstel ook ’n ietwat vervelende herhaling wat ek nie aan u wil opdring nie. ’n Tweede moontlike metode is om kommentaar te lewer op elke punt wat u aan ons voorgelê het. Dit sou nog erger wees. Dit sou ’n woordestryd tussen u en my beteken by hierdie geleentheid wat sekerlik nie daartoe gepas is nie. Dus sal ek dit ook nie aan u opdring nie.

Al wat ek wil doen, is om u baie hartlik te bedank vir u koms na Suid-Afrika en die voorlegging aan ons hier van u sienswyse – filosofie, soos u dit sien – soos daardie filosofie veral van toepassing mag wees op die gebiede waarvoor u verantwoordelik is. Ek is bly dat u reguit gepraat het. Ons is ’n volk wat in staat is om met genoeë te luister na wat andere te sê het selfs al verskil hulle van ons. Ek dink dat dit ’n eienskap van beskawing is dat ’n mens in staat behoort te wees om sake met groot openhartigheid met vriende te bespreek en ten spyte van verskille, groot of klein, selfs daarna nog vriende te bly en te kan saamwerk in alles wat origens van onderlinge belang is.

Ek mag sê dat ons u uitkyk op die wêreldbeeld en die beeld van Afrika in daardie wêreld kan verstaan. Ek vind ook geen fout met die hoofdoelwitte wat u beoog nie. Suid-Afrika het dieselfde oogmerke: vrede, waartoe u ’n ontsaglike bydrae gelewer het en waarvoor ek u ook vandag graag wil bedank; die voortbestaan van Westerse idees, van Westerse beskawing; die inwerp van ’n mens se gewig in die skaal aan die kant van die Westerse volke in hierdie moontlik toenemende verdeling wat tans in die wêreld bestaan – daarin is ons met u. Die sien van Afrika as ’n moontlike ewewigsfaktor tussen die twee wêreldgroepe en die hoop om die verstand van die mens in Afrika in die bogemelde rigting te ontwikkel – dit kan ook van die grootste waarde wees in ’n mens se soektog na welwillendheid tussen alle mense en na vrede en voorspoed op aarde. Dit is bloot ’n kwessie van hoe om dit ten beste te volbring. Hoe kan Afrika gewin word? Daar stem ons soms nie ooreen nie.

Soos ek kan aflei, glo u dat die beleid wat ons vir Suid-Afrika nie net raadsaam ag nie maar wat, na ons glo en indien reg verstaan, ’n uitwerking op Afrika en op die wêreld behoort te hê, nie tot voordeel strek vir daardie selfde ideale waarna u strewe en ons strewe nie! Indien ons beleidsrigtings reg verstaan was, glo ons egter dat daar ingesien sou word dat wat ons probeer doen nie aan die nuwe rigting in Afrika vreemd is nie maar volkome in ooreenstemming daarmee is. Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u verantwoordelik is, te kritiseer nie, maar wanneer ons by ’n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigtings groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.

Die neiging in Afrika dat volke onafhanklik word en, terselfdertyd, die behoefte om aan almal reg te laat geskied, beteken nie net om regverdig teenoor die swartman van Afrika te wees nie maar ook om regverdig teenoor die witman van Afrika te wees. Ons noem onsself Europeërs maar in werklikheid verteenwoordig ons die blankes van Afrika. Hulle is die mense, nie net in die Unie nie maar dwarsdeur die merendeel van Afrika, wat beskawing hier gebring het, wat die huidige ontwikkeling van swart nasionalisme moontlik gemaak het deur aan die naturelle opvoeding te bring, deur hulle die Westerse lewenswyse te toon, deur nywerheid en ontwikkeling na Afrika te bring, deur hulle te besiel met die ideale wat Westerse beskawing vir homself ontwikkel het. Die witman wat na Afrika gekom het, miskien om handel te dryf en in sommige gevalle om die Evangelie te bring, het gekom om te bly en veral ons hier in die suidelikste deel van Afrika het so ’n aandeel hier dat dit ons enigste vaderland geword het. Ons het nêrens elders om heen te gaan nie. Ons het ’n land beset wat kaal was. Die Bantoes het ook na hierdie land toe gekom en sekere dele vir hulself beset. Dit is in ooreenstemming met die denkrigting van Afrika om aan hulle daar die volste regte toe te staan wat ook ons, net soos u, toegee dat alle mense behoort te hê. Ons glo in die verskaffing van daardie regte vir daardie mense in die volste mate in daardie deel van Suid-Afrika wat hul voorvaders vir hulself gevind en beset het. Maar ons glo ook in ewewigtigheid. Ons glo daarin om presies daardie selfde geleentheid binne die bereik van die witman te laat in die gebiede wat hy beset het, die witman wat dit alles moontlik gemaak het. Ons beskou onsself as ’n deel van die Westerse wêreld, ’n ware blanke staat in Afrika, nieteenstaande die moontlikheid daarvan om aan die Swartman in ons midde ’n volle toekoms toe te ken. Ons beskou onsself as onontbeerlik vir die blanke wêreld. As daar in die toekoms ’n verdeling moet wees, hoe kan Suid-Afrika ten beste sy rol speel? Dit moet sowel met die blanke volke van die wêreld saamwerk asook, terselfdertyd met die swart state van Afrika vriende maak op so ’n wyse dat hulle krag sal verskaf aan diegene wat stry vir die beskawing waarin ons glo. Ons is die skakel. Ons is wit, maar ons is in Afrika. Ons het verbindings met beide en dit lê op ons ’n besondere plig en ons besef dit.

Ek wil nie graag verder op hierdie saak ingaan nie, maar verseker u graag dat ons in die Christelike filosofie wat u onderskryf ’n filosofie vind wat ons ook wil volg. As ons metodes verskillend is, laat ons probeer om mekaar te verstaan en mag ons ten minste in die wêreld daarbuite daardie vertroue in ons opregtheid vind wat die grondslag van alle welwillendheid en ware begrip moet wees.

Graag bedank ek u daarvoor dat u na Suid-Afrika gekom het, nie om u aan ons beleid te verbind, nie om óf die middelaar óf die regter te wees in ons probleme of tussen die verskeie rassegroepe wat ons in hierdie land het nie. Ons dank u dat u ons kom besoek het eenvoudig omdat dit toon dat u ons vriend wil wees soos ons u vriend wil wees. Dit toon ook heel duidelik dat daar tans tussen ons en Groot-Brittanje die beste samewerking bestaan en in die toekoms behoort te bestaan en, hoop ek, sal bestaan oor die baie aangeleenthede waarin ons kan saamwerk. U het die ekonomiese betrekkinge genoem wat tussen ons twee lande bestaan. Ons weet dat hulle baie goed is; ons weet dat hulle baie ver strek. Ons, die lede van die huidige Regering, sou die laaste wees om in die geringste daaraan te wil afdoen. Ons wil graag ons voorspoed en u s’n deur goeie samewerking verhoog, en ek kan waarlik die wyse woorde onderskryf wat u geuiter het toe u gesê het: Niks kan daarby gebaat word om mekaar ekonomies, op politieke of teoretiese gebied, te probeer benadeel nie. Daar het ons ten minste ’n terrein van bedrywigheid waarop ons nie net eenders dink nie, maar waarin ons eweseer belang stel: die ekonomiese wêreld, die voorspoed van Suid-Afrika, die voorspoed van Groot-Brittanje, die voorspoed van Afrika. Ek verbind myself en my Regering tot die volste samewerking in die strewe na daardie voorspoed en geluk vir almal.

As u deur hierheen te kom niks meer gedoen het nie as om dit moontlik te maak dat die beginsel oral deurdring dat niemand iets goeds kan doen deur te probeer om iemand van wie se sienswyse hy verskil, seer te maak nie, maar dat slegs die goeie daarvan kan kom om aan andere goed te doen, dan sal u reis so ver suidwaarts, wel deeglik beloon wees.

Ek dank u uit die grond van my hart vir u teenwoordigheid in Suid-Afrika. Namens die Parlement van Suid-Afrika wens ek u ’n voorspoedige terugreis toe. Mag u in Groot-Brittanje minder probleme vind as dié waarmee ons, ongelukkig, hier te doen kry.

Sy antwoord is as "skitterend" beskou, aangesien hy onverbiddelik standpunt ingeneem het teen die internasionale invloed wat deur Macmillan verteenwoordig is. Onveranderd het hy standpunt ingeneem teen die gees van verandering wat deur Brittanje verteenwoordig is en wat dr. Verwoerd onmiddellik besef het die blankedom en dus die Afrikanervolk sou vernietig, saam met alles wat ons met behulp van ons Hemelse Vader in Suid Afrika tot stand gebring het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie