Die gelofte soos voorgelees deur Sarel Celliers aan die Voortrekkers
in die laer van Andries Pretorius
gedurende die week voor 16 Desember 1838 te Bloedrivier
◊
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen, dat,
as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,
ons dié dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel
tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.