SAMEHORIGHEID ’N VOORVEREISTE VIR SAMEWERKING
DIE BEHOEFTE
Ten einde 'n grondslag vir bo-genoemde te kan bepaal moet ons allereers die behoefte ontleed. Dat die klem deur verskillende organisasies en/of persone nie dieselfde oogmerk as ons sal hê nie, is voor-die hand-liggend! Waar die wolwe in skaapsklere die klem op eendrag sal plaas met die oog op "eenheid", soos bv. met die totstandbringing van die AWB, die KP, die Volksfront, Vekom, die Volkswag ens., sal diegene wat moedswillig weer die klem op veral militante verset gaan plaas waarskynlik dieselfde oogmerk hê, nl. om weer 'n opvangsgebied te prakseer om werklike Afrikaner-eenheid te voorkom soos met die BKA!
Die versugting onder Afrikaners na werklike Afrikaner-eenheid, wat telkens misbruik is deur gebruik te maak van verraaiers en verraaier organisasies in ons Volk bestaan steeds en mag nie buite rekening gelaat word in ons benadering om 'n grondslag vir eendragtige Afrikaner verset te formuleer nie!
KLANK EN WANKLANK
Die opskrif verwys na teenoorstaandes. Geletterd en Ongeletterd. Die waarheid en die leuen. Gelowiges en ongelowiges. Nasionaliste en Kommuniste. Bewaringsbewus en verkwisteraars. Belangstellendes en belangelose. Wyse en dwase. Patriotisme en liberalisme. Die lys is lank. Wat egter van belang is, is dat die klem op die positiewe en negatiewe van die teenoorstaandes deur die opskrif geplaas word.
SUID-AFRIKA, LAND VAN PRESTASIE
Bevoorreg, Buurman, bevoorreg seg ek jou is onse Afrikanervolkie darem. Kyk, dit was mos van toeka se tyd dat ons land ’n voorste presteerder was. Vat nou maar die Stormkaap Buurman. Storm kon hy storm dat selfs ou Vasco da Gama nie hier wou bly nie. Dit was eers toe die Vryburgers se groente beginne presteer het dat die Ingelse die plek kom afvat het by die Hollanners, seg ek jou die waarheid!
ONDERWYS IN SUID AFRIKA STEEDS IN DIE SPERVUUR
Op 20 MEI 1997, het ek my kommer oor die onderwys op skrif gestel. Met alles wat die afgelope paar weke in die media oor die onderwys geskryf is, is dit duidelik dat niks verander het nie! So sal dit ook voortduur totdat die Afrikaner sy hakke ingeslaan en weer beheer oor die onderwys en opvoeding van sy kind in eie hande neem!
Inleiding:
Ek was van mening dat die samestelling van die huidige beleid ontwerp is met die doel om die eenheidstrewe in Afrikanergeledere ten alle koste te verbreek, selfs ten koste van die Onderwys self! Indien ons dus nie ‘n sinvolle bydrae kan maak tot die ontmaskering van die metodes wat gebruik word om effektiewe weerstand aan bande te lê, of selfs te dwarsboom nie, word dit vir my ‘n vraag of ons hoegenaamd daarin sal slaag om ons kinders se onderwys en opvoedingstandaard, waaraan Afrikaners gewoond was, te handhaaf.
1 TIMOTHEUS 4:1-16
MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
2 deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
3 wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
’N LES UIT DIE GESKIEDENIS
En as daar nou ‘n les vir ons in die geskiedenis is, dan is dit om te sien hoe die Britte hulle misreken het met ons Volk. En ek dink dit is een van die dinge waarmee ons rekening moet hou in die toekoms.
Hulle het gedink as hulle die troepe saamtrek op die Transvaal se grense, dan sal die Boere skrik en die Boere sal nie oorlog maak nie, maar toe rig Paul Kruger die ultimatum en toe begin die oorlog.
Toe dink die Engelse dis die beste ding wat kon gebeur het, nou sal hulle vir die wêreld wys hoe hulle die Boere sal platloop in net drie maande. Hulle het vir die Engelse wat met skepe na SA gegaan het, gesê: “Julle sal teen Kersfees weer terug wees in Londen.”
Maar dit het nie drie maande geduur nie, dit het drie jaar geduur – een van die grootste misrekeninge wat ooit in die krygsgeskiedenis gemaak is.
En met die ontmoeting waar die Boere-magte in volle krag ontplooi was teen die Engelse by Colenso en Spioenkop, Magersfontein en Stormberg, is die Engelse roekeloos verslaan.
WAAR KOM DIE GELD VANDAAN?
Obed Mlaba en Mike Sutcliffe, respektiewelik voormalige burgemeester en stadsbestuurder van Durban se hantering van sake waarin twee miljard rand,(tweeduisend miljoen rand) oor ’n tydperk van agt jaar in wanadministrasie, korrupsie en bedrog in die drein af is, is onder die soeklig geplaas.
In Gauteng, voorheen PWV, moes die departement van gesondheid 9,6 miljoen rand uitbetaal as gevolg van mediese nalatigheid, terwyl die distriksmunisipaliteit van Pietersburg vier miljoen rand plus regskoste van nagenoeg vyfhonderdduisend rand aan die voormalige brandweerhoof moes uitbetaal as gevolg van onregmatige afdanking.
42 Miljoen rand by die poskantoor gesteel terwyl die Suid-Afrikaanse Polisiediens reklameborde laat maak het met die verkeerde telefoonnommer op wat die belastingbetaler sowat R740,000-00 uit die sak gejaag het.