Vandag 2 Desember 2015 se voorblad: “‘n Land in die greep van vrees” (deur Maryna Lamprecht)
Barnard Beukman die redakteur van Beeld wat in die onlangse verlede sy eie skakelmaatskappy, Glaskasteel Kommunikasie, bedryf het, behoort te weet dat mense en organisasies wat in glashuise woon nie met klippe moet gooi nie!
Ek glo 'n dagblad moet gesaghebbend en geloofwaardig wees. Lesers aan 'n wye front moet tuis en welkom voel by die koerant en die nuusaanbieding stimulerend vind sê Beukman in ‘n onderhoud met Marida Fitzpatrick. Vir die deursnee Afrikaner was Beeld alles behalwe stimulerend in sy aandeel om die klimaat te help skep waaroor hy vanoggend berig, naamlik ‘n land in vrees!
Om vas te stel of dit wat Beukman in die vooruitsig stel geloofwaardig is, moet daar gekyk word na waar hy vandaan kom!
Vanaf November 1997 was hy ’n jaar lank die direkteur in die parlementêre kantoor van die leier van die amptelike opposisie..
Hy sê verder in die onderhoud dat: “Die Afrikaanse koerant moet ’n soort markplein wees waar die Afrikaanse gemeenskap oor sake kan debatteer en idees kan toets en daar moet ruimte wees vir al daardie debatte. Almal moet voel asof hulle geakkommodeer word en nie die idee kry dat daar voorkeurstandpunte is wat oorgestimuleer word en ’n ander standpunt is wat as die melaatse stiefbroer beskou word nie. “
IN JAAP MARAIS SE SPOOR?
MNR. JAAP MARAIS SE STANDPUNT OOR DIE VOLKSTAATBENADERING:
“So was die volkstaatpolitiek een van die belangrikste, indien nie die belangrikste, oorsake vir die bloedlose eerlose oorgawe van politieke mag aan ‘n kommunistiesbeheerde Swart regering, wat sy oorlog steeds voortsit teen ‘n Afrikanervolk wat verswak, verdeeld en verward is as gevolg van die politieke misleiding in verband met ‘n volkstaat.”
In Die Afrikaner, van 19-25 Augustus 2011, op bladsy 6, onder die opskrifte:
Paul Kruger antwoord Koos Malan
Sagaría 3:1-10
“Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?”
Was elkeen van ons nie maar soos ‘n brandhout in die vuur voordat ons tot geloof in Christus gekom het nie? Ons het ook maar gelê en smeul terwyl die wêreld en sy begeerlikhede ons lewens stukkie vir stukkie weggeteer het totdat Hy ons soos ‘n brandhout uit die vuur geruk het!
Die Satan sal ons dan ook gedurig in ons lewens en ons gewetens probeer aanklae, maar mag God hom ook in ons lewens bestraf. Wanneer ek my skuld voor die voete van Jesus Christus neergelê het met opregte berou daaroor, wie is die Satan dat hy my verder sou beskuldig? Wanneer die Regverdige Regter my vrygespreek het, is daar geen skuld meer oor nie.
Dat Malema somtyds kan sin praat is een van die interressanthede van ons tyd. Sy ontleding van Mandela se gedragspatroon en die oorsprong sowel as die oorsaak daarvan is so in die kol as wat kan kom.
Dit behoort die Britte te laat besef dat daar van hulle ander geknoei ook bekend is en onverbiddelik deur die geskiedenis na die oppervlak gestoot sal word na mate die tyd verloop.
Malema se politieke strategie met die Freedom Charter is waarskynlik die sterkste argument in die werwing van swart stemme waarteen die DA nie sal standhou nie.
Rich white men made Mandela turn against the revolution - Malema
2015-11-26 16:34
Ahmed Areff, News24
In die lig van die onderstaande artikel word dit vir die man op straat en selfs die man op feitlik enige ander plek, onmoontlik om ‘n ingeligte mening te vorm oor wêreldgebeure gebaseer op berigte in die media.
Indien die onderstaande inligting waar is behoort Nato ontbind te word en moondhede soos Amerika, Brittanje en Frankryk van volksmoord en elke ander misdaad wat bedink kan word aangekla te word.
Steering The Masses Towards Total War
By Larry ChinGlobal Research, November 16, 2015
Region: Europe Theme: 9/11 & 'War on Terrorism', Intelligence, US NATO War Agenda
It goes without saying that the atrocities of Paris on November 13, 2015 were unspeakable and sickening. But what is not being said in the wake of the incident—what has been ignored by the mass media—is predictably telling and ominous.
Die AVP plaas met vreugde hierdie artikel van Eben Swart van die Trumpet Call organisasie vir die waarde van die inhoud oor die kerk se eierdans in verband met sodomie. Die woordgebruik gay is bloot om die sondige aard daarvan te probeer versag.
Die AVP verskil egter uitdruklik met Eben se standpunt oor apartheid en die kwessie van slawe!
Liewe vriende
Die stof in die media wil maar net nie gaan lê oor die NG Kerk se Algemene Sinode-besluit om gay lidmate, gay huwelike en gay predikante tot hul geledere toe te laat nie.
Die oorweldigende boodskap wat ons vanuit NG geledere ontvang, is een van totale verwarring. Leraars is verward, lidmate is verward, uitsprake is verward en reaksies is verward.
Hangende die huidige amptelike interne appél teen die Algemene Sinode se besluit sou dit dus nou sinvol wees om ‘n bietjie afstand te kry op die kwessie, ‘n voorlopige waardasie te doen en te praat oor die pad vorentoe.
Matt. 24:45-51
“Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.” (:46).
Die gedeelte in vers 45 van die gelese gedeelte beteken nie dat slegs die herders en leraars besig moet wees om die Woord te bedien wanneer die Heer van ons huis sal terugkom nie. Die vraag in vers 46 word aan elke ware gelowige in Jesus Christus gestel, nl. waarmee sal Hy jou besig vind wanneer Hy kom?
Ek sê nie ten einde gered te word jy besig moet wees om in die kerk te sit of Bybelstudie te doen wanneer Jesus weer kom nie, maar dat jy weliswaar gereed moet wees op Sy koms. Dit is dalk tyd vir elkeen van ons om onsself die vraag te stel waarmee ons besig is in ons lewens op ‘n daaglikse basis?