Hoewel die onderstaande brief vir nasionaliste op die oog af mag lyk asof die engelse begin lig sien, is daar tog duidelike tekens van waansin in die hooghartige teenstrydighede wat in die brief na vore kom.
Die rassisme waarvan die Afrikanervolk deur veral die engelse wêreld beskuldig word, slaan hier so duidelik deur in die enkele voorval van swart antagonisme waaraan die Engelse by Oxford blootgestel is, ( en dit is maar net die begin!), dat daar geen twyfel kan bestaan dat die aanklag teen die beleid van die Afrikanervolk ‘n blote versinsel was vir politieke doeleindes nie.
Brexit mag ook baie ander bykomende oorsake hê, wat egter soos ‘n paal bo water staan is dat die toestroming van volksvreemdes se effek, op presies dieselfde wyse ervaar word as wat die Afrikaner beleef het. Die politieke maatreel van afsonderlike ontwikkeling wat ons getref het om die inheemse volke se identiteit te beskerm, het egter die engelse se slaansak geword wat hulle nou begin blootlê.
Oxford : Rhodes must fall
Markus 11:12-26
“Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.” (:22).
Dit is nie alleen die jeug nie, maar die samelewing van vandag wat uiters verward is. Die satan is natuurlik baie lief vir chaos en verwarring aangesien dit hartseer en ellende veroorsaak. Die ware en lewende God darenteen is weer ‘n God van orde en bestendigheid.
Wanneer ons mooi oplet in die samelewing rondom ons sien ons hoedat mense van die een “waarheid” na die volgende “waarheid”soek en hulle weet nie wat om nou eintlik te glo nie. Hierdie een sê dat die sabbat eintlik op Saterdag moet wees en nie op Sondag nie.
Deut. 10:10-22
“Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.” (:16).
Ons weet dat die besnydenis ‘n verbondsteken was wat deur God ingestel is. God het aan Abraham hierdie verbondsteken gegee met die opdrag om alle manspersone uit sy nageslag te besny sodat dit vir hul as teken kan dien dat hulle God se eiendom is. (Gén. 17:10-13).
In die gelese gedeelte van Deuteronómium 11 lees ons egter van die besnydenis van die hart. Die vermaning word tot die volk gemaak om onverwyld hul harte as God se eiendom te verklaar en aan Hom diensbaar te wees. Die noulettende Bybelstudent sal op hierdie punt vra wie anders die volk diensbaar kon wees in die woestyn? Die volk Israel is uit die slawerny van Egipteland verlos en het hier in die woestyn staatkundige vryheid geniet terwyl hul boonop die vooruitsig van ‘n vrugbare vaderland gehad het. Hierdie volk was egter geneig om gedurig hul diensbaarheid aan God opsy te skuif om aan die sonde diensbaar te raak.
OPE BRIEF AAN SOLIDARITEIT EN MAROELA MEDIA

Leonard van der Dussen
Burgerlaan, Lyttelton, Centurion
1 Desember 2016
Geagte mnr Buys
Dit gaan oor die artikel “Gay ouers vier surrogaat-drieling” wat op 21 November 2016 op Maroela Media gepubliseer is.
Dit was teleurstellend om hierdie goedpratende artikel oor sake wat ernstig afwyk van wat die Bybel leer en God se orde op Maroela Media te sien. Maroela Media se “oor ons”-gedeelte sê “Maroela Media funksioneer in ‘n Christelike waarderaamwerk” en daarby verwys na ‘n Afrikaanse kultuurbelewenis en sê “ons toon respek vir Afrikaanse taal en kultuur in ons omgang daarmee”.
Maroela Media versaak sy eie voornemens met die uitdra en meedoen van die goedpraat van nie net homoseksualiteit nie, maar boonop dat hierdie skeefgetrekte sogenaamde verhouding dan ‘n gesin sou kon wees, en ook surrogaatmoederskap as normaal voorhou, om enige eerbied aan die “Christelike waarderaamwerk” te betoon. Christenskap berus op geloof in Christus, op die vleesgeworde Woord en die Woord van God is normatief.
PVV FAKSIEVOORSITTER MEV. KAREN GERBRANDS: "DIE HAAGSE SCHILDERSWYK IS 'N SJARIAWYK".
"ONS WIL NIE ONS EIE MOLENBEEK Hê NIE".
Op Sondag 10 Augustus 2014 het die Nasionalistiese beweging 'Pro Patria' 'n protesoptog genaamd Mars vir die Vryheid gehou deur die Schilderswijk in Den Haag. (Hierdie wyk staan net as die Transvaalbuurt reeds bekend as 'n sg. Sjariawyk waar wafferse moslems (wat in die politiek korrekte media omskryf word as jeug) bepaal wat toegestaan is en wat nie. Hulle beskou Nederlandse wyke as húl wyke.
Om 'n speek in die wiel te steek het mevrou Gerbrands van die Party vir die Vryheid van die afdeling Den Haag gemeen dat daardie wyk omhein gaan word en dat die kriminele hul Nederlandse nasionaliteit word ontneem.
Is dit só moeilik om te verstaan? Tenspyte van riglyne vanuit die Afrikaner se geskiedenis, breedvoerige debat in die parlemente van ouds, onweerlegbare verduidelikings van dr. H.F. Verwoerd, binnelands en buitelands, is die onwerkbare, vredestelende en vernietigende beleidsrigting moedswillig gekies in 1994! Miskien sal Derek Hanekom dit nou begin verstaan!
Die mees ontstellende daarvan is dat dit deur Afrikaners wat daarin omvattend geskool is, uit ‘n posisie van mag en deur uitoorlêery van die blanke kieser, implimenteer is! ‘n Volk na bykans drie eeue se stryd in wording, se bloed in oorloë vir vryheid, se genadige en barmhartige seën tot oorwinning in soewereine onafhanklikheid en ongekende voorspoed, bloedloos opgeoffer onder valse voorwendsels, aan getallepolitiek!
Matt. 9:35-38
“Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.” (:37).
Ons lees in hierdie gedeelte van Jesus se simpatie met die skare wat voor Hom is. Hy het vir hulle jammer gevoel om so rigtingloos en verwaarloos deur die lewe te sukkel. Die gevolge lelike van die sondeval en ongehoorsaamheid aan God was vir Hom ‘n ellendige gesig.
Dit is ongeveer 2 000 jaar later en steeds is daar soveel mense wat rigtingloos en verwaarloos, verniel en stukkend deur die lewe probeer worstel. Ek herroep op hierdie stadium die woorde van my voormalige skoolhoof: “Een les wat die geskiedenis ons leer, is dat die mens nie daaruit leer nie.” Waarom herhaal ons die foute van die verlede asof dit vir ons “anders” sal wees as die realiteit wat alreeds deur die geskiedenis bewys is? Waarom sal mense herhaaldelik die weë van die Here verlaat terwyl dit ongetwyfeld as die weg van die lewe beklemtoon kan word?