1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7508808

Besoekers aanlyn

Ons het 14 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

PLAASMOORDE DUUR ONBEHEERSD VOORT. HAAL NIE EERS MEER DIE VOORBLAAIE NIE!

Plaasmoorde BloemfonteinDie media se bedenklike en uiters veragtelike aandeel in die verontagsaming van die stryd om bekamping van hierdie verfoeilike barbaarse uitroeiing van die blanke bevolking van Suid Afrika, is daar nie woorde voor nie!

Dit is by nou al algemene kennis dat die regime nie eers meer lippediens lewer ten opsigte van die bekamping van hierdie prehistoriese gebrek aan beskawing nie, wat staan nog effektiewe beheermaatreëls om dit aan bande te lê.

Dat die blanke daadwerklike veiligheidstrukture sal moet oprig vir selfbeskerming, het nou dwingend noodsaaklik geword. Die kommandostelsel moet weer implimenteer word in die lig van die regime se onvermoë om veiligheid te verseker en te demonstreer deur effektiewe optrede! Dit is ‘n basiese reg om jou lewe, geliefdes en eiendom te beskerm indien die regime nie daartoe instaat is nie en kennelik is hy nie!

Melkboer en sy vrou keel afgesny

 

Die lyk van Hannes Kidson (70), ’n melkboer van die plaas Oortjie, op die grens tussen Jachtfontein en Westonaria, Gauteng, is Vrydagmiddag tussen bale in een van sy skure gevind. Sy keel is afgesny.

BEJAARDE MAN BRUTAAL IN SY HUIS VERMOOR

SASOLBURG. – ‘n Familie is in rou gedompel nadat hul bejaarde pa en oupa op ‘n uiters brutale, barbaarse wyse in sy huis in Jan Smutsstraat vermoor is.

March 10, 2016

Mnr. Paul Swart (86) wat wreed in sy huis vermoor is.

Schalk le Rou

SASOLBURG. – ‘n Familie is in rou gedompel nadat hul bejaarde pa en oupa op ‘n uiters brutale, barbaarse wyse in sy huis in Jan Smutsstraat vermoor is. Mnr. Paul Swart (86) se verminkte lyk is verlede Maandagaand deur sy kleinseun in sy huis gekry. Sy dogter en skoonseun het onraad vermoed toe hulle hom sedert die Saterdagaand nie in die hande kon kry nie. Aangesien hulle nie in die Vaaldriehoek woon nie, het hulle hul seun gevra om te gaan kyk of alles nog wel is met sy oupa. Hy het die Maandagaand op die afgryslike toneel afgekom. Die vermoede bestaan dat mnr. Swart oorval is terwyl hy die Saterdag besig was om gras te sny. Volgens sy skoonseun, mnr. Pieter du Plessis, het hulle die grassnyer agter in die erf gekry met die gras wat net halfpad gesny was. “My skoonpa was ‘n gesonde man. Hy het al hierdie werkies alleen gedoen, want hy was nog gesond genoeg om dit te doen,” sê hy. Mnr. Swart se aanvallers het hom oorval en fisies doodgeskop en geslaan. “Sy skedel was gebreek, so ook sy ribbes en oogkaste. Hulle het hom so erg aangerand dat sy niere gebars het. Hy het homself probeer verdedig, want sy vuiste was stukkend,” vertel Pieter. Afgesien daarvan dat hy so erg aangerand is dat hy aan sy wonde beswyk het, het sy moordenaars ook ‘n selfoon, skootrekenaar en kos gesteel. Daar was blykbaar kontant in sy kas en verskeie ander elektroniese toestelle waaraan hulle glad nie geraak het nie. “My skoonpa was ‘n baie goeie mens. Hy het vir tot en met 30 mense sonder heenkome op ‘n gereelde basis kos gegee. “Hy het sy huishulp se kinders se skoolfonds betaal en het nooit ‘n honger mens weggewys nie. Na al sy onselfsugtigheid is dit hoe hy moes sterf? Op so ‘n wrede, walglike manier. “Ons kan nie beskryf hoe seer en kwaad ons hieroor voel nie. Ons is sprakeloos. Ons wil net hê die mense moet hiervan weet en ten alle tye op hul hoede wees, veral die bejaardes. “Hierdie mense sal nie skroom om jou leed aan te doen nie. So asseblief, wees versigtig en pas julle bejaardes mooi op,” het Pieter gesê. Die saak word deur die polisie ondersoek. Mnr. Swart, wat vir meer as 50 jaar in Sasolburg gewoon het, word op Vrydag 11 Maart vanuit die Katolieke Kerk in George Greystraat in die dorp ter ruste gelê. Hy word oorleef deur drie kinders, nege kleinkinders en agt agterkleinkinders.

OPVOLG: GROOT BRAK-EGPAAR WREED VERMOOR

GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie se forensiese eenheid is tans op die toneel in Groot-Brakrivier waar 'n egpaar gisteraand wreed vermoor is.

Die egpaar is is intussen geidentifiseer as Tewie en Eureka Human. Die slagoffers is beide in hulle sestigs.

Die egpaar is in hul woning in Sandhoogtepad aangeval en vermoor.

Groot-Brakrivier polisie was gisteraand laat op die toneel besig om leidrade bymekaar te maak. Dit is nog nie duidelik hoe toegang tot die slagoffers se huis gekry is nie omdat al die deure van buite gesluit was. Volgens polisie is die egpaar wreed vermoor. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou vermoedelik met 'n skerp voorwerp gesteek is terwyl die man met 'n swaar voorwerp doodgekap is.

Die ondersoek duur voort. Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie