Uitrekseel uit Artikel uit South Africa Today met Front Nasionaal as oorsprong.
Front National SA
September 2, 2018

Plaasmoorde: 50 nuwe kruise ter nagedagtenis.Foto: FNSA
Ter nagedagtenis aan die BLANKE vermoordes in Suid Afrika wat hier onder gelys is, word 50 nuwe kruise geplant op die WITKRUISMONUMENT , op 1September 2018. ‘n Herinnering aan die brutale onophoudelike moorde wat deur die ANC regime minagtend ignoreer word ten spyte daarvan dat dit in enige beskaafde terme, totaal buite beheer is!
Terwyl Donald Trump die Amerikaners se verlore internasionale aansien probeer herwin deur sy opdrag aan sy administrasie om die ANC se grondgryp sonder vergoedingsplanne en die ongebreidelde moorde op blankes in Suid Afrika te ondersoek, dans Theresa May, eerste minister van Brittanje soos ‘n wafferse Helen Zille saam met die swartes in Afrika en ondersteun sy Ramaphosa se grondgrypplanne sonder voorbehoud!
Die verskroeide aarde beleid word in die “Nuwe Suid Afrika” herhaal terwyl die Britte nie net staan en toekyk hoe hulle handewerk eeue se arbeid en honderdduisende lewens vernietig nie, maar hulle eerste minister met uitgesproke goedkeuring die hele Britse volk daarvan deel maak deur haar goedkeuring aan Ramaphosa se grondgryp sonder vergoeding!
1 Kor. 6:12-20
“Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” (:20)
Ons hoor gereeld in die moderne musiek en lees gereeld in die nuusmedia van die sogenaamde reg wat die mens oor homself het. Daarenteen leer die Woord van God vir ons dat ons in liggaam en in gees nie aan onsself behoort nie, maar aan God wat ons duur gekoop het.
Die siening van die wêreld is dat die mens aan homself behoort. Hierdie siening leen die mens daartoe om aan elke begeerte van die vlees toe te gee. Die mens moet hiervolgens eintlik maar net aan homself gehoorsaam wees. Hierdie humanistiese siening verhef die mens tot sy eie “god” en as een of ander begeerte jou beetpak, moet jy dit bevredig. Dit is blykbaar die resep vir ‘n “gelukkige” lewe.
Klink dit geloofwaardig? Om ‘n bestaande wet te onttrek verg sekerlik meer as ses dae. Met die baanrekord van gebeure in Suid Afrika sedert 1994, is bo-genoemde stelling ‘n onwaarskynlikheid en bloot gerig op politieke klimaatskepping!
Wat egter belangrik is, is die joernalistieke styl van Julian Robinson van die Mail on Line koerant in die artikel hieronder. Sy selektiewe omgang met die waarheid poog in weerwil met geskiedkundige feitlikhede,om sy lesers negatief te beÏnvloed ten opsigte van die swartes se "verontregting" deur apartheid en kolonialisme.
Lees dit weer en weer in die vorige artikel!
Kyk noukeurig na die inhoud van hierdie propagandablad van die Nasionale Party, Skietgoed wat uitgegee is in Junie 1977. Dit was opgestel deur F.W. de Klerk wat toe ‘n lid van die Volksraad was (LV.) Dít was sy siening van die Progresiewe Reformiste Party se beleid en wat dit vir Suid Afrika ingehou het, sou hulle ooit aan bewind kom en daardie beleid in Suid Afrika toepas. Waarom die ommekeer in 1994?
Was dit vrees? Was dit geld? Was dit aansien, of het dit dalk temake gehad met die verdoeseling van immoraliteit waarvan die CIA, MI6 of die Mossad bewus was?
Die nugterheid waarmee ons voormalige Afrikanerleiers die politiek in Suid Afrika benader en toegepas het, is merkwaardig. Die oordrag van Nasionalisme aan die jonger geslagte wat na hulle moes kom, spreek uit die inligtingsblad van die NP, opgestel deur FW de Klerk toe hy ook nog nugter en onaangeraak was deur die sekulêre wêreldmening.

Genesis 2:4-25
“En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.” (:15&16).
Ons lees in Genesis 3 dat Adam en Eva dan wel hierdie gebod van God oortree het. Ons weet ook dat hulle nie dadelik neergeval en gesterf het nadat hulle van die verbode vrug geëet het nie. Sou dit God dan tot ‘n leuenaar maak? Het Hy dit nie uitdruklik gestel dat die dag as julle daarvan eet, sal julle sekerlik sterf nie? ‘n Verklaring wat ons gereeld hierop hoor is dat Adam en Eva se ongehoorsaamheid tog daartoe gelei het dat hulle uiteindelik gesterf het.