GEDENKLESING gehou op 19 Februarie 2011
Deur Johan Bekker
Aanhalings uit die boek “AFSPRAAK MET DIE TOEKOMS”
Al wat in 1994 gebeur het, was dat die hedendaagse joiners en hensoppers uit Afrikanergeledere oorgeloop het na die vyand en nou skouer aan skouer met die kommuniste teen ons veg. Totdat ons besef: die haat teen die Afrikaner loop diep en breed in die geledere van die vyande van die Afrikaner, want ons verteenwoordig dít wat hulle nie kan wees of kan bereik nie. Hoe meer die strewe na ’n sosialistiese paradys vasval in die onvermoë, hoe nydiger sal die sosialistiese elite op die Afrikaner word....Kan dit anders in ‘n ideologie wat gebou is op naywer, haat en immoraliteit?
Die NP regering van die sestigerjare was gesteld op volks regte en groepsregte, as die grondslag vir ‘n persoon se “mensereg”. Deur die bevordering van afsonderlike volks- en groepsregte het dié regering die voorwaardes geskep vir ‘n persoon om volledig mens te wees binne sy groep of volk. Dit is nie “ongevoeligheid” vir menseregte nie, maar plasing van menseregte in die regte perspektief.
JAAP MARAIS DIE POLITIEKE WETENSKAPLIKE
Tot ‘n hoë mate is dit die gehalte van ‘n leier wat die voortbestaan en impak van ‘n party se politiek bepaal. Jaap Marais was reeds op ‘n jong leeftyd ‘n genadelose en akkurate ontleder van wêreld politiek. Met ‘n fyn ontwikkelde wetenskaplike instink en met sy kennis van die binnewerkinge van die politiek kon hy skerp ontleed en as dit nodig was homself in die skerpste taal daaroor uitgelaat. Uit klein brokkies getuienis kon hy akkurate gevolgtrekkings maak wat hom kop en skouers bo ander laat uittroon het. Sy wetenskaplike oordeelkundigheid was die rede vir sy korrekte beslissings in politieke verwarring en het sodoende die NP leiers in die skadu gestel het. Vandag weet ons want die Afrikanervolk is uitgelewer aan die genade van die vyand.
Jaap Marais kon insien dit wat vir ander verborge was. Dit was ook nie moontlik om hom te mislei met skelmstreke nie, want hy het deur jou gesien. Sy vermoë om die waarheid te begryp, suiwer te dink en beginsels eerste te stel, was die rede waarom hy gesag kon afdwing onder vriend en vyand. Piet Cillie die redakteur van die Burger wou Jaap Marais beledig toe hy geskryf het Jaap Marais is ‘n intense politieke mens met ’n geheue soos ’n gifpyl koker waarin hy alles opgaar wat kwaad is om sy gekose vyande se toekoms mee af te breek.
As gevolg van sy analitiese wetenskaplikheid was hy as redenaar in ‘n klas van sy eie. Met ’n intellektuele diepte en vaardige woordgebruik het hy sy opponent se argument se hart uitgeruk. Jaap Marais se belesenheid het hom in staat gestel om die geskiedenis op te diep en die geldende beginsels te projekteer na huidige probleme wat sy argumente groter betekenis gegee het. Hy het ewe vér vorentoe as agtertoe gekyk.
Elke aspek van die politiek het hy in detail geken en geleef. Letterlik honderde toesprake, somtyds voor antagonistiese gehore het hom geyk as baas redenaar van sy tyd. Sy fundamentele boodskap het hy vasgelê deur kleurvolle taalgebruik en woord-beelde met die effek dat sy boodskap voortlewe in die toehoorder se geheue. Hy het goed verstaan dat ‘n mens dink in beelde maar praat in woorde.
Ontleed mens sy toesprake, word jy bewus van hoe afgerond en korrek Jaap Marais eintlik was. Hy het nooit vanuit omstandighede geredeneer nie en ook nie toegelaat dat omstandighede beginsel oorskry nie. Sy disrespek vir omstandighede dikteer beleid benadering was altyd baie duidelik. Vir hom was dit ‘n soort politiek sonder ideale of visie wat lei tot ‘n geen beleid uitkoms. Jy bevind jou in ’n posisie van opposisie ter wille van opposisie. Omstandigheid reaksie beleid hol jou politiek van binne uit totdat niks oorbly nie. ’n Party wat redeneer vanuit omstandighede het geen oorlewing kwaliteit nie en verloor steun soos wat rondgeval moet word in terme van beleid om probleme aan te spreek. So het hy die ondergang van die NP en KP lank voor die tyd voorspel. ’n Sprekende voorbeeld is die NP skuif van waar Kleurlinge van ’n gemeenskaplike kieserslys afgehaal is tot ’n regering van onnasionale eenheid waar FW de Klerk onder Nelson Mandela moes dien. Sekerlik heel gepas dat hierdie historiese smet op de Klerk se skouers moes kom rus want hyself is ’n skande vir die Afrikaner. Jaap Marais se beginselvastheid het juis die HNP onvernietigbaar gemaak tydens sy leierskap. Ongelukkig kon die HNP dit nie in stand hou nie en is nou sienderoë besig om uit mekaar te val.
Spekulatiewe wysheid was nie Jaap Marais se styl nie. Sy vooruitskouings was in terme van definitiewe uitkomste, waarhede en werklikhede. Hy het homself nooit in die middel van die pad posisie bevind nie, omdat integriteit vereis dat openhartigheid in terme van prinsiep die vereiste is vir uiteindelike sukses. Dit is juis in die middel van die pad waar die motors jou doodry soos hy dit self gestel het.
Die waarheid het hy gevind waar die intellek en logika mekaar ontmoet. Vir groter perspektief het hy met reëlmaat sy stellings gedefinieer deur woorde en politieke terme te verduidelik met woordeboek definisie. Dit het geen ruimte gelaat vir misverstand of dubbelsinnigheid nie. ‘n Omseiling van ’n vraagstuk in stede van ‘’n antwoord waarvoor AP Treurnicht so bekend was, was nooit Jaap Marais se benadering nie. Die waarheid het hy beskou as ewigdurend en onveranderlik. Apartheid het nie net vir hom ‘n tyds-geldigheid gehad nie, maar was vir hom ‘n ewige waarheid. Dit het sy argumente ‘n waarheids-moraliteit en klarigheid van denke gegee. Om saam te vat, politieke wetenskaplikheid in realiteit is ’n gawe van bo om die onortodoksie van skelms in te sien en die politiek te de-kodifiseer as die gemene spel deur magte en kragte van regerings, groeperings en drukgroepe om mense te verneuk uit hul vaderland, selfregering, rykdom en vryheid.
SLOT
Jaap Marais was die HNP en die HNP was Jaap Marais. Hy was gevrees deur sy opponente en geliefd onder sy ondersteuners. Onder Afrikaners sal hy onthou word as ’n leier wat al sy kragte tot die laaste gewy het aan sy volk en die beginsels waarin hy geglo het. Hy was die inspirasie wat nie net die vlam van nasionalisme in stand gehou het in sy politieke loopbaan nie, maar ook die skietgoed te boek gestel het vir die nageslag wat die Afrikaner sal begeester om terug te vat wat aan hom behoort.
Sy skrywes sal dien as wegwyser vir elke Afrikaner in ’n tyd van storm en drang – die gelyke waarvan ons land nog nooit tevore ondervind het nie. Sy inspirasie sal voortlewe totdat blank Suid-Afrika weer sy plek sal inneem in die gallery van wêreldstate.
Hy sal onthou word as die leier wat sterk genoeg was om alleen te staan. Hy was groot genoeg om deur skares toegejuig te word, maar ook beskeie genoeg om tussen sy volk van alle stande te beweeg. Sy hele hart, niere en siel het aan die Afrikaner behoort. Hy het altyd die aandag op die saak gevestig en nie op homself nie. Hy het die geskiedenis in detail geken, maar was ook realisties genoeg om met die eise van vandag en môre rekening te hou. Met die verloop van tyd sal sy gestalte rys en die nageslag sal hom eer vir een van die grootste leiers wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hoe uiters arm sou die Afrikaner Volksparty nie gewees het nie, as Jaap Marais nie daar was nie.
Jaap Marais was verstandelik ’n reus, daarom kon hy sy man staan teen enige akademikus. Die beste hulde wat ons Jaap Marais se nagedagtenis kan bewys, is om soos hy koers te hou, al beteken dit om alleen te staan ter wille van ons selfrespek en liefde vir ons volk.
Persoonlik wil ek sê: Jaap Marais, ek salueer jou as die man wat die grootste invloed op my lewe gehad het!
Jaap se pad
Jaap se pad, die pad van Witmanshoop
Dis waar nasionalisme se waspoor loop
Tot waar ons volk weer vry kan woon
Hy was brandwag teen die tyd se stroom
’n Vegter wat sy man kon staan
Met sienersoog die verraad ontbloot
Sy selfbeskikking is al wat duursaam staan
Gee elke volk sy eie huis
Met bloed, grense daaromheen getrek
Dis die pad wat jou uit verknegting hou
Jaap se pad, die pad van Witmanshoop
Johan Bekker