Hoe verantwoord ‘n gelowige ouer hom en/of haarself wanneer daar willens en wetens ‘n stelsel in die opvoeding van hulle kinders, (op watter ouderdom ookal) aangelê word wat die seksuele prikkeling deur die media en vermaaklikheidswêreld veroorsaak, nie net in wese goedgekeur word nie maar selfs bevorder word? Is die verval onder die jeug dan nie sigbaar nie! Stuur die vier swart laerskooldogtertjies wat onlangs op skoolterrein vasgebind en om die beurt verkrag is deur vier ouer swart seuns dan nie ‘n duidelike boodskap saam met die verhoogde tienerswangerskappe en algemene sedelike verval onder jongmense nie? Gebrek aan beskaafde norme is buite beheer in die “Nuwe Suid Afrika” en “beste en mees moderne” democrasy in die wêreld!
Hierdie voorneme van die departement van onderwys basuin ‘n tweeledige boodskap aan ouers indien hulle sou voortgaan met die toepassing daarvan. Haal jou kinders onmiddellik uit die skool en verdiep hulle geestelike weerbaarheid indien jy ernstig is oor hulle ewigheidsbestemming!
Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het Sondag gesê die kondome is net ’n deel van ’n omvattende gesondheidsplan vir kinders. Benewens kondome sal leerlinge ouderdomstoepaslike onderrig kry oor seksualiteit en gesondheid
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het verlede Dinsdag in die Staatskoerant kommentaar gevra voordat sy die departement se nasionale konsepbeleid oor MIV en vigs, seksueel oordraagbare siektes en tuberkulose (TB) sal goedkeur. As deel van die konsepbeleid van die Dept. van Basiese Onderwys oor MIV/Vigs, seksueel oordraagbare siektes en tuberkulose, word voorgestel dat kondome gratis aan kinders so jonk as 10 jaar beskikbaar gestel word