Nie soseer oor hierdie uitsprake van Nelus Niemandt nie, maar veral omdat die mense binne die kerk iemand met só ‘n standpunt kies as moderator van die kerk. So ‘n kerk, en elke ander kerk wat hom met hierdie standpunt vereenselwig is gedoem om vernietig te word, en hoe gouer hoe beter! Indien daar lidmate is binne sulke kerke wat nie bereid is om Niemandt se standpunt as Bybels te aanvaar nie, moet hulle spoedeisend soos Lot en sy familie daar uitkom en nie eers waag om om te kyk nie!
Die NG-Kerk is sedert 1986 se “Kerk en Samelewing” ‘n wêreldskerk wat meegedoen het om saam met die Broederbond en die NP van de Klerk, die Afrikanervolk soos ‘n Judasbok die afgrond in te lei. Die Skrif is vir hom en syne aan die muur op hierdie ingeslane okkultistiese weg. Die Woord vra tog duidelik, waarom wil jy tot niet gaan? Bekeer jou sodat jy mag lewe! Of het Amerika nou Suid Afrika se Afrikaanse kerke se god geword dat hy so slaafs die afgrond in gevolg moet word?
NG moderator pleit vir homoseksualisme
In antwoord op ‘n medianavraag het prof. Nelus Niemandt, algemene moderator van die NG Kerk, gesê dat homoseksuele paartjies volledig in die kerlike lewe geïntegreer moet word, dat ie huwelike van homoseksuele paartjies met die volle seën van die kerk voltrek moet word en dat homoseksuele NG predikante nie meer gedwing moet word om selibaat te leef nie. Niemandt word aangehaal dat hy gesê het: “My hoop is dat lesbiese, gay, biseksuele en transseksuele oriëntasies genormaliseer sal word binne die kerk.”