1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961696

Besoekers aanlyn

Ons het 118 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

IN 'N OORLOG SONDER KOEËLS

altHeel gepas is die tema van die Afrikanervolksparty se kongres op 10 Oktober 2014, 'n Oorlog sonder Koeëls. Dit was immers die verklaarde doel van Brittanje met die Afrikaner by monde van Alfred Milner pas nadat hulle deur middel van die barbaarste metodes denkbaar die Boere in 1902 tot vrede gedwing het:

                The Boer war continues. It is not a war with bullets, but it is a war still.

 'n Honderd jaar later duur hierdie sielkundige oorlog teen die Afrikanervolk onverpoosd voort en is die oorlog verhewig sedert die verraderlike oorgawe van die FW de Klerk-regering in 1994. Die vraag vandag is of die Afrikaner ooit werklik besin het wat hierdie oorlog behels en wat die teenoptrede  behoort te wees. Die Amerikaanse senator, Barry Goldwater het in die sestigerjare hierdie balangrike uitlating gemaak in sy boek Gewete van 'n Konserwatief:

 

As 'n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir die doel      inspan, verkeer hy in 'n staat van oorlog met jou; en jy - tensy jy aan oorgawe dink - verkeer in 'n   oorlog met hom. Verder, tensy jy aan verraad dink - sal jou doel, soos syne, wees om die         oorwinning te behaal. Nie vrede nie, maar oorwinning.

 

 

Die Anglo-Amerikaanse magte het onverpoosd sedert 1902 oorlog teen die Afrikaner gevoer en al hulle hulpbronne en kragte vir die doel  gebruik.  Dit was die krag van Afrikaner-nasionalisme wat hulle gestuit het in 1948. Toe hulle daarin geslaag het om dr Verwoerd in 1966 te vermoor, is die oorlog teen die Afrikaner verskerp. Met "koeëls" kon hulle die oorlog nie wen nie; sielkundig wel. Verloopte Afrikanerleiers, en meer spesifiek John  Vorster, PW Botha en FW de Klerk, het nooit oorwinning ten doel gehad nie, maar "vrede" bepleit, terwyl die vyand oorgawe bewimpel het.

 

Vandag beleef ons dat elke instelling wat die Afrikaner daargestel het, òf reeds vernietig is, òf totaal van gedaante verander het. Ons kultuurorganisasies is verrot, taalligame terminaal siek, kerke 'n Satansnes, universiteite kommunistiese kweekskole en skole leë doppe. Weens die invloed van leiers wat verraad bedink het, is 'n volk besig om selfmoord te pleeg. Intussen lewe hierdie volksverleiers in 'n staat van ontkenning en is hulle geslote vir die werklike euwel van die liberalisme en sy waterlote waaronder Kommunisme wat in die plek van aparthied gekom het en van ons land 'n puinhoop gemaak het van dobbel en dwelmverslaafdheid, misdaad, ekonomiese verknegting, sedelike verwering en sosiale verwildering. Waar ons Afrikaanse kerke die voorste linie moes vorm in die weerstand teen 'n geslepe vyand, het dit gekies om eerder gemeensaak met hierdie vyand te maak.  

 

Steeds heers 'n verwoede aanslag op ons geloof, ons waardes, ons sedes en ons geskiedenis. Dis 'n omvattende geruislose revolusie waarin 'n totale hervertolking van ons reg op bestaan die sleutelfaktor is. En wat mense nog steeds nie besef nie, is dat wanneer 'n aggressor se aanslag en aandrang met toegeelflikheid beantwoord word, neem sy aggressie toe! Hoe skandelik veragtelik dus daardie leiers en organisasies wat hulle met hierdie aanslag vereenselwig.

 

Soos Jaap Marais dit so treffend gestel het:

                In die benouenis van 'n volk is daar by die sagte buiterand altyd 'n begeerte om nie met die        bedreiging slaags te raak nie, maar liefs aan te pas by die eise van die bedreiger.

 

 Hierdie sagte buiterand tree sedert 1966 as volksleiers op van verskeie instellings en organisasies met die gevolg dat daar van weerstand en verset nie sprake is nie. Dit was moeilik genoeg om die vyand buite ons geledere te identifiseer; om ons eie mense van die vyand in ons eie midde te oortuig, was dikwels 'n onmoontlike taak. Dat die vyand steeds nie die Afrikaner finaal kon onderwerp nie, spreek boekdele van die onnaspeurlike mag van nasionalisme wat steeds vaardig is in die Afrikanervolk.

 

Wat staan ons te doen vandag? Die aanslag is so geweldig en verbete, dat die taak op die oog af onmoontlik lyk. Tog is ons eie geskiedenis 'n bron van inspirasie. Smart en teenspoed kan 'n volk tot verlamming dwing, of dit kan 'n band word wat 'n volk omspan en begeester tot dade wat baie groter is as die volk self. Die Afrikanervolk het 'n heroïse geskiedenis om op terug te kyk. Ons is nasate van daardie helde en daardie gene is in ons bloed. 'n Sielkundige oorlog kan gene nie vernietig nie.  Terwyl vlug, vrede, oorgawe en versoening aan ons gepredik word, is daar 'n stem in ons wat protesteer en wat uitroep om verset.

 

Wanneer ons dus vra na wat ons te doen staan, is die volgende van belang. Ons Afrikanerskap is gesetel in die twaalf "geloofsartikels" van nasionalisme. Dit is godsdiens, gesin, gesag, geskiedenis, identiteit, selfrespek, selfbehoud,  selfbetuiging, begrensing, kontinuïteit, vaderland en vryheid. 'n Herbesinning van hierdie kenmerke en die uitlewing daarvan maak die Afrikaner onvernietigbaar.  Dit is hierdie kenmerke wat in die spervuur was en waarvan sekeres bykans aan flarde geruk is. Om die eerste vier te herstel is makliker as wat meeste van ons besef. Dit stel ook 'n basis daar waaruit die ander noodwendig voortspruit.

 

Daar is geen kortpaaie nie. Die vlug na 'n tuisland sonder stryd bied geen begeestering nie en sal, soos nou reeds gesien word, deur die parasitiese barbare van Afrika as 'n aanloklike heenkome en uiteindelike prooi beskou word. Onderhandeling met die vyand oor dit wat histories jou eie was, is die hensopperdaad van mense wat verraad bedink. Om boonop met krummels tevrede te wees, is so bisar dat dit die gesonde verstand te bowe gaan. Deelname aan verkiesings gee legimiteit aan De Klerk se verraad en beledig die Afrikaner se intelligensie in 'n stelsel waar dit om alles behalwe die Afrikaner se vryheid gaan. Laat ons maar weer heriiner word aan wat Odinga Odinga, lid van Yomo Kenyatta se kabinet in die vyftigerjare in die wetgewende raad van Kenia kwytgeraak het:

                Dit is vir die Swartes self om te besluit watter tipe van lewe hulle in hulle eie land wil voer. As     hulle besluit op barbaarsheid as die mees geskikte vorm dan sal hulle so besluit.

Ons kla oor swak dienslewering en alles en nog wat, terwyl ons nie wil besef dat die Swartes, terwyl hulle regeer, sal besluit hoe goed of sleg sulke dienste sal wees nie.

 

Wat bly vir ons  oor? Verset met vryheid in ons eie land as doelwit. Waar begin dit? By die uitlewing van die twaalf beginsels van Afrikanerskap. Deur wie sal dit gelei word? Deur leierskap wat bereid is om in die bresse te tree vir die Afrikaner teen sy vyande. Is daar so 'n organisasie? Ja daar is. Die Afrikanervolksparty is in 2008 gestig toe die Herstigte Nasionale Party gekies het om sy rug op Afrikaner-nasionalisme te draai.  Dikwels in ons geskiedenis het 'n groepering hulle onderskei deur in die brandpunt te staan namens ons volk. Dit is vandag weer so. Slegs 'n party wat bereid is om steeds aan te dring op die historiese herstel van ons land en 'n beleid soos dr Verwoerd dit verwoord het, kan namens die Afrikaner praat. Apartheid is net 'n sonde omdat Brittanje dit as sonde verklaar het en die Afrikaner dit as beleid gehad het. Van Brittanje kan ons dit immers verwag. Is dit nie hulle wat steeds verkies om die Afrikaner in die smerigste terme denkbaar te beskryf nie? So onlangs soos 1994 skryf die London Express die volgende:

                The Boers are largely stupid. They are gross, foul-mouthed and bloated with arrogance. They are             probably the most unattractive breed on earth.

 

Ons moet geen illusie hê dat enige ander beleid as apartheid, ja afsonderlike vryhede vir elke volk,  sal meewerk daaraan dat die Afrikanervolk van die bodem van Afrika verdwyn. Dit was bloot uit oorweginge van eiebelang dat baie Afrikaners daartoe beweeg is om hulle te skik na die wil van die heersende magte en kragte, en hulle af te keer van en neer te sien op hulle eie mense. Daarom dan ook die vyanskap uit eie geledere van mense wat net op hulle eie gerief en gemak konsentreer en hoegenaamd nie dink of wil besef wat hierdie afvalligheid vir ons kinders inhou nie.

 

Die Afrikanervolksparty roep die Afrikaner op om te herbesin en te besef dat ons land bloedloos verower is in 1994 met 'n vrede wat die Afrikanervolk nie sal red nie, maar sal vernietig. Hierdie vrede is 'n vrede van die dood. Ons kies nie vir oorlog nie; die vyand het dit gekies. Ons keuse lê tussen hierdie dood of gepaste teenoptrede - optrede wat die Afrikanervolk waardig is!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie