Deur Herman Gibson
Dit mag dalk na ‘n vrugtelose oefening klink om telkens terug te gryp na die gebeure rondom die oorgawe van 1994. Trouens mense sal opmerk: Goed en wel, maar wat maak ons vandag en more? Dit mag waar wees. Maar om te weet wat ons in die toekoms moet doen moet ‘n mens weet waarom ons (in die verlede) in hierdie situasie beland het. ‘n Mens
Die werk van prof Hermann Giliomee met die titel Onoorwonne Oorgawe wat handel oor die oorgawe van 1994 se titel is veelseggend. Dit impliseer dat daar oorgegee is terwyl ons nie deur die vyand verslaan was nie. Hy dui op die onaantasbare situasie waarin die Blanke regering verkeer het. Ons het die vermoë ontwikkel om te oorleef te midde van elke aanslag teen ons. Ons het die beste Weermag in Afrika gehad. In 1989 nog het ‘n opname wat onder Afrikanerstudente gedoen is bevind dat 44% van hulle bereid was om hulleself fisies te verset teen oorgawe en ‘n opname onder alle Blankes het getoon dat 80% Swart meerderheidsregering as onaanvaarbaar beskou het.
Ook uitsprake van lede van die kabinet was tot en met 1989 baie sterk teen oorgawe. In 1978 sê Pik Botha dit is die Blankes se geboortereg om die land te regeer en dat ons mense gereed is om vir die land te sterf. PW Botha sê daar sal geen magsdeling in ‘n 100 jaar wees nie! In 1989 stel FW de Klerk dat hy nie met terroriste onderhandel nie en beloof hy eie skole en woonbuurte aan Blankes. Die staat was op verskeie fronte uitgedaag maar geen sukses is bereik nie. Ons het handelsanksies omseil en die gewapende stryd van die ANC het geen deurbraak gemaak nie. Die ANC het erken dat die vermoë om rewolusie deur te voer ontbreek en almal was dit eens dat ‘n opstand sal misluk.
Tog het ons in 1994 alle mag verloor. Hoekom? Giliomee bespreek vier redes. Die eerste is dat dit onvermydelik was; dat dit een of ander tyd moes gebeur. Dit is ‘n geklike rede in die lig van die gegewens wat pas genoem is. Daarbenewens is “onvermydelikheid” ‘n persepsie wat slegs deur suggestie (soos volgehoue propaganda) geskep
Die derde moontlikheid wat hy noem is die ideologiese ineenstorting van apartheid. Ook hierdie argument gaan nie op nie. In 1984 nog het 84% van Blankes volgens die RGN in apartheid geglo en vyf jaar later was vier vyfdes gekant teen Swart meerderheidsregering. Die oorgrote meerderheid Blankes het dus, te midde van die voortdurende afbreek van apartheid deur die NP sedert 1966 en meedoënlose propaganda daarteen deur die links-liberale media, steeds in apartheid geglo as enigste alternatief.
As vierdie rede noem die skrywer (en hy beskou dit as die belangrikste rede!) dat NP-leiers uitoorlê is by die onderhandelingstafel. Dit is inderdaad waar. Die Burger het na die onderhandelings en na die 1994 verkiesing op sy voorblad berig dat wat gebeur het in Kemptonpark niks anders is as “Oorgawe” nie.
Maar daar is ook ‘n vyfde rede. Hierdie rede word glad nie deur Giliomee bespreek nie en is dit gewoon onverstaanbaar dat ‘n persoon met die intellek van Giliomee dit hoegenaamd nie
In 1994 nog het FW de Klerk aan die Blankes gestel dat die Grondwet voldoen aan die eise van politieke en kulturele sekuriteit, etniese selfbeskikking en soewereiniteit vir die Blankes. Drie jaar later het hy gesê dat die besluit om die reg op nasionale soewereiniteit prys te gee, een van die pynlikste besluite is wat ooit geneem is. Hy stel dat die noodsaak daarvan aanvaar moes word. Dit is hoe kiesers bedrieg is. Dit is verstommend dat Giliomee hierdie uitsprake van De Klerk in sy boek noem, maar tog nie die logiese afleiding
Maar dit het alles reeds in 1966 begin toe John Vorster gestel het dat apartheid bloot ‘n “metode” is om Afrikaner identiteit te behou en het hy bygevoeg: “As daar ‘n beter manier was om hierdie selfde doel te bereik, moet dit nog gevind word.” Wat hy daarna gedoen het, was waarskynlik ‘n soektog na ‘n beter “metode”. Daarteenoor het dr Verwoerd gestel dat die beginsel van apartheid die totale lewens- en wêreldbeskouing van die Afrikaner verteenwoordig en dat hierdie beginsel vir jou koers gee.
Giliomee stel aan die einde van sy boek dat die onderhandelingsproses vir ‘n hele tyd lank in dubbelsinnigheid gehul was, maar kan steeds nie die logiese afleiding daaruit konstateer dat die Blankes bedrieg was ten opsigte van die werklike doel wat nagestreef is nie, naamlik vrywillige en verraderlike oorgawe nie.
Wat is hieruit af te lei? Net dit: Afrikaners het nie as gevolg van hulle (eie) slegtigheid oorgegee nie. Ons is deur papbroeke wat hulleself leiers noem bedrieg en verraai. Hulle het oorgegee. En toe daar weerstand moes kom, toe word ons nogeens verraai deur ‘n general wat nie bereid was om werklik die generaal van ‘n vryheidstryd te wees nie. Hoe verskil hy nie van ‘n generaal De Wet en ‘n generaal De la Rey nie!
Ons het geen rede om gekwes te wees in ons selfrespek nie. Ons moet ons selfrespek betoon, ons self te betuig en op te staan teen hierdie verraad. En wanneer die Blanke weer aan bewind is in hierdie land, sal hierdie persone, indien hulle nog lewe, moet rekenskap gee van hulle dade.
Wie volg ons dan in hierdie tye? Daardie leiers wat die moed het om reguit te praat, onwrikbaar op die pad van dr Verwoerd te loop en nie verskoning maak (soos die VVK en die HNP-leiding) vir die Blanke se reg op sy vaderland nie!