1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964721

Besoekers aanlyn

Ons het 134 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DEMOKRASIE IN SUID AFRIKA: BLOOT KWANTITEIT EN GEEN KWALITEIT!

Majority Rule:

Wanneer ’n homogene volk die begrensing van sy eiesoortigheid deur integrasie prysgee, is daar verskeie lewensbeskoulikes wat daardeur ingrypend geraak word.  Die eerste aandrang wat daaruit voortvloei is die aandrang op gelykheid terwille van “regverdigheid”.  As almal dan gelyk is volg dit vanself dat elkeen dieselfde aanspraak en dieselfde reg het ten opsigte van elke lewensterrein wat geldend is.

As die ge-integreerde groepe wesentlik van mekaar verskil kragtens etnisiteit, godsdiens en lewens-en-wêreld-beskouing, word dit onmoontlik om konsensus te verkry oor hoe die samelewing ingerig behoort te word.

 Daarmee saam word die natuurlike beheer en bestuur van die land onder homogene beheer, deur middel van ’n staatkundige stelsel wat op égte demokratiese wyse toegepas is, vervang deur die humanitêre menseregte beginsel van Majority rule.

“Nuwe Demokrasie”  

  Wat onderskei ‘n volk van enige ander groep mense?  Dit sal dan ook lig werp op die voorkeure en beskouinge van leierskap  in so ’n volk se voortgang in vergelyking met ’n rasgemengde volk.

Terwyl die woord Nasie en Volk baiemaal in dieselfde verband gebruik word, is daar tog die verskil dat Nasie eerder die inwoners van dieselfde staat bedoel, waar mense ook dieselfde taal praat, maar nie noodwendig dieselfde afkoms deel nie, soos bv. die Amerikaanse nasie wat uit verskillende rasse bestaan. ‘n  Volk darenteen verteenwoordig eerder die gemeenskap van bewoners van ‘n land wat afstamming, taal, sedes en oorlewering in gemeen het.

As ons praat van mense wat dieselfde sedes in gemeen het, verwys ons na iets wat vergelykbaar is met die Griekse woord ethos, of karakter, wat ‘n kenmerkende gees of gesindheid van ‘n volk of gemeenskap vertoon, en wat hulle leefwyse en lewenshouding bepaal.   Dit verwys na blywende kenmerke of ideale.   

‘n Volk is dus die gemeenskap van bewoners van ‘n land wat afstamming, taal, sedes en oorlewering in gemeen het, en wat ‘n kenmerkende gees of gesindheid vertoon wat hulle leefwyse en lewenshouding bepaal, met blywende kenmerke of ideale. 

In die lig van bo-staande, kan die “demokrasie” van Suid Afrika, die Majority Rule Demokrasie, nooit ‘n ware demokrasie wees nie.

 

Diegene wat bv. die  uiteindelike “demokrasie” van 1994 so besing, kan vergelyk word met die afgodsdienaar wat iets aanbid wat eintlik niks is nie. Die betekenis van die woord is juis die teenoorgestelde van dit wat hulle voorgee terwyl die wêreld wysgemaak word dat dit ’n demokrasie is!  Om dit lank genoeg te herhaal vestig die persepsie dat dit wel  ’n demokrasie is.  Demokratia waar demos volk beteken en kratos krag, is die oorsprong van die betekenis, wat dui op ’n volksregering en nie ’n regering van volke nie!

Elkeen wat ’n belang het in ’n swart meerderheidsregering in Suid-Afrika, gaan moedswillig van die standpunt uit dat al die verskillende volke hier eintlik een volk is. Waar hulle wel reg is, is dat dit ’n reënboognasie is. Maar dit impliseer verskeie volke met wyduiteenlopende kulture wat van ’n demokrasie ’n klug maak.  Welliswaar ’n nuwe soort demokrasie!

KWALITEIT OF KWANTITEIT?

Waar daar in ’n ware demokrasie mense verkies word op grond van bepaalde vermoëns en kwaliteite wat in belang van die volk, na die volk se belange moet omsien volgens die wil van die volk, terwyl in die “nuwe demokrasie”, elkeen wat ’n kruisie kan maak, regop kan loop en met ’n klip kan gooi, bekwaam is vir enige pos wat beskikbaar is!

In die “nuwe demokrasie”  word daar bloot op meerderheidsgrondslag,  ’n meerderheid gekies van die groep of volk wat in die meerderheid is deur die stelsel van een mens een stem.  Die gevolg  is dat die bestuur en beheer nie na elke volk se belange omsien nie, maar bloot na sommige van dié wat aan die meerderheidsgroep behoort.  Kwaliteit is nou ondergeskik aan kwantiteit met die onvermydelike dat die resep vir korrupsie, wanorde, wetteloosheid en veral onvergenoegdheid van die verontregtes, die teelaarde vir anargie en chaos skep!

INTEGRASIE SLEGS VIR BLANKES?

Dit is interessant om ’n bietjie te kyk na die haalbaarheid van integrasie.  Is daar harmonie in Afrika waar meer as een swart volk ’n land deel?   Sou dit vir die Zoeloes  aanvaarbaar wees om Kwa-Zulu Natal met die Xhosas te deel of andersom?  Sal die Basoetoes tevrede wees om Basoetoeland met die Zwasis te deel of andersom?   Dink u dat dit sal werk om die Indiërs en die Zoeloes saam in Natal te laat regeer?   Die antwoord is onomwonde nee!   Dit werk nêrens in die wêreld nie!  Dit is slegs haalbaar wanneer die regerende mag in staat is om gesag af te dwing en dan ook maar slegs vir ’n tyd lank!  Dit plaas dan onmiddellik ’n groot vraagteken oor die aandrang vir  integrasie met  blanke volke wat  groeiende en vooruitstrewende ekonomië opgebou het.  

Dat Afrikaners só  ’n benadering van selfvernietiging nog kan ondersteun, gaan ’n mens se verstand te bowe.  Dit het tyd geword dat die skeidslyne weer sterk en skerp getrek word soos destyds tussen die “Nattes” en die “Sappe”, toe elkeen geweet het watter beleid deur elkeen verteenwoordig word en wat die uiteinde daarvan sou wees.  Om almal altyd terwille te probeer wees is om jou eie grootste vyand te wees! Quo Vadis Afrikaner?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie