Beeld, daai links-liberale blad van die internasionale geldmagte het in sy haas om elke nasionalis swart te smeer, dit goedgedink om ‘n profiel van ds Piet van der Merwe van Louis Trichardt op Facebook as “nuus” aan te bied. Sommer as die belangrikste “nuusgebeure” van daardie dag op die voorblad nogal. Want om vandag “rassis” te wees, is groter “nuus” as moord en ‘n erger misdryf as verkragting. Dat daar elke dag honderde moorde en verkragtings gepleeg word, kon Beeld nie keer om die “groter storie” van “rassisme” te plaas nie.
En die liberale voorsitter van die Hervormde Kerk, dr Daan van Wyk (wat deur baie “regses” as “een van ons mense” beskou is) verklaar (aldus Beeld) heel uitasem dat daar beslis teen ds Piet “opgetree” moet word. Want sien, “rassisme” is soos apartheid, ‘n misdryf teen die mensdom.
Rassisme word as die “monster” in ons samelewing beskou. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) (bestaan die spulletjie nog?) wou eens op ‘n tyd elke rassis vervolg wat uitgesnuffel kon word. Die uitgangspunt is duidelik: “rassisme” is ‘n feit, dit is ‘n monster en moet uitgeroei word. Die woord is met soveel negatiewe emosie belaai, dat ‘n aanklag van “rassisme”, ’n aangeklaagde onmiddellik in ‘n negatiewe en verontregte posisie plaas. Daarom die geskarrel om tog net nie as “rassis” uitgekryt te word nie.
Maar wat sit agter dit alles? Is dit waar? Is “rassisme” werklik die monster in ons samelewing? Dit is noodsaaklik dat ons ons van die ware feite oor “rassisme” sal vergewis.
Wat is “rassisme”?
Dit is interessant dat niemand werklik moeite doen om die begrip ”rassisme” te definieer nie. Tog is dit insiggewend dat die 1963-uitgawe van die Verklarende Afrikaanse Woordeboek nie die woord “rassisme” enigsins vermeld nie. Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (1985-uitgawe) omskryf “rassisme” as die veronderstelling dat karakter en bekwaamheid bepaal word deur ras en stel dat “rassisme” ‘n denkrigting is wat aanneem dat ‘n besondere ras meerderwaardig is en die reg het om ander rasse te oorheers. Volgens die Concise Oxford Dictionary word “rassisme” omskryf as die teorie dat menslike vermoëns bepaal word deur ras. Volgens die Concise Oxford Dictionary beteken “racialism” dat ‘n persoon glo dat sy ras meerderwaardig is.
Tereg is al daarop gewys dat daar ‘n verskil is tussen “racialism” en “racism”. Eersgenoemde hou in dat geglo word dat daar verskille tussen rasse bestaan en laasgenoemde dat, aangesien daar verskille bestaan, rasse verskillend hanteer moet word. is. Hierdie definisie van “rassisme” verskil aansienlik van die betekenis wat tans in Suid-Afrika aan die woord ”rassisme” gegee wil word.
In Suid-Afrika word eintlik net Blankes, en veral Afrikaners uitgekryt as die “rassiste” in die samelewing. Natuurlik sonder enige vrees vir teenspraak. So gesien is Blankes die eintlike of grootste “rassiste”, aangesien die Blankes klaarblyklik neersien op die Swartes. Dit is verder insiggewend dat die kwessie van ”rassisme” juis die Swartes (en hulle joernalis-broeders) pla. ‘n Mens wil vra: Ly hulle dan aan ‘n minderwaardigheidskompleks? En indien wel, hoekom?
As “rassisme” beteken dat ‘n persoon die verskille tussen rasse in ag neem en respekteer, dan is elke nasionalis ook ‘n “rassis”. Trouens, om te ontken dat daar verskille bestaan tussen verskillende rasse, is ‘n ontkenning van die werklikheid. Die “kenners” oor ”rassisme” stel verder dat diskriminasie op grond van ras, ook ”rassisme” is. Nasionalisme is gebou, en erken die reg, op voorkeur vir die eie, wat diskriminasie teen die vreemde, die onbekende, veronderstel. Nasionalisme is waarderende diskriminasie van feitelikhede. Om derhalwe toe te gee dat ”rassisme” ’n monster is en jouself van ”rassisme”, soos verstaan deur die links-liberales, te distansieer, is om nasionalisme die rug te keer.
Gegewe die vele betekenisse wat aan die woord ”rassisme” gegee word, kan daar van niks anders as 'n ideologie van “rassisme” gepraat word nie. 'n Ideologie word deur die Oxford Dictionary beskryf as "fancyful speculation". Die hele geskarrel rondom die begrip “rassisme” met verslae, uitsprake, artikels en konferensies dui op die lawwe verbeeldingsvlug waarop ‘n ieder en ‘n elk hul nou begewe. Niemand weet klaarblyklik wat die begrip nou werklik moet beteken nie (“unproductive thought?”). Deur aan te voer dat daar nie onderskeid gemaak mag word op grond van ras en kleur nie, is niks anders as "fancyful speculation" nie. Soos alle ideologieë is die ideologie van “rassisme” ‘n plan om 'n onwerklikheid op te dwing aan die werklikheid. Daarom sal dit nie geweld beveg en versoening bewerkstellig soos wat mense wysgemaak word nie, maar deur die onwerklikheid en eensydigheid daarvan, geweld bevorder.
Ideologiese aanvalswapen
Maar waar het “rassisme” sy oorsprong? En wat lê agter dit alles?
“Rassisme” is ‘n ideologiese aanvalswapen van die Komunisme en is afkomstig van die Bolshevisme. In 1922 het die Bolshevik leier Selenkov in Moskou dit soos volg gestel:
"We must create a climate of anti-nationalism and anti-racialism amongst whites. We must reduce patriotism and pride of race to meaningless obstructions and make racialism a dirty word".
Die gevolgtrekking is duidelik: Die ideologie van “rassisme” is bedink as 'n teenvoeter vir nasionalisme en rassetrots. Want nasionalisme en rassetrots is die groot teenvoeters en teenstanders van die Kommunisme en hulle liberalistiese meelopers. Die ideologie van “rassisme” rus op haat vir witmanskap, soos die Kommunisme dit verklaar het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net Blanke “rassiste” kan wees maar nie ook Swart “rassiste” nie. Dit verklaar ook hoekom 'n "Black Lawyers Association" nie “rassisties” is nie, maar indien enige Blanke organisasie geskep word, dit as “rassisties” beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte verbied word.
Hier moet ook onthou word wat Beria, die Kommunis in 1953 gesê het:
"Degradation and conquest are companions. To be conquered, a nation must be degraded ... degradation can be accomplished insidiously ... and effectively by consistent and continual defamation ... continued and constant degradation of national leaders, national institutions, national practices and national heroes must be systematically carried out”.
So het eers apartheid en nou ”rassisme” die skeldwoorde geword waarmee die Afrikaner belaster is (en steeds word) totdat uit eie geledere die aanval voortgesit en verhewig is en die verowering geskied het sonder dat ‘n skoot geskiet is.
So sê Beria sal ‘n “general degraded feeling” ontstaan, en sal die lojaliteite verander en besit geneem word van ‘n volk se waardes. In hierdie proses, sal gevestigde instellings vernietig word wat die nodige chaos sal voortbring om ‘n Kommunistiese staat te skep:
“[To] create the necessary attitude of chaos, idleness and worthlessness [and] effectively kill the national pride and patriotism of just one generation ... we will have won that country ... therefore there must be continual propaganda ... to undermine the loyalty of the citizens... By perverting the institutions of a nation and bringing about a general degradation ... a population can be brought psychologically to heel ..."
Sowat tien jaar gelede het ‘n professor in teologie aan die Universiteit van Pretoria, geskryf hoe hierdie aanslag ‘n toestand tot gevolg het waar die Afrikaner “tot die dood toe siek” geword het. Hy het dit ‘n virus genoem, die “anti-apartheidsteologie”, wat mense se lewens verwoes en vernietigend onder die Afrikaner te werk gaan. Dit het volgens hom die Afrikaner in só ‘n skuldgevoel gedompel dat dit die Afrikaner passiveer. Die Afrikaner is so gedemoniseer dat hy te bang geword het om vir homself te veg. Hy het destyds al gepraat van ‘n Afrikaner-volksmoord!
Maar terwyl dit ‘n toestand is wat onder baie Afrikaners heers, kan sekere Afrikaners nie gou genoeg “optree” teen mede-Afrikaners wat nog iets oor het vir hulle volk en hulle identiteit nie. Dit was immers FW de Klerk se broer, Willem de Klerk wat gesmeek het dat predikante moet preek vir vergewing oor die sonde en die misdade van “apartheid” (en dus ook “rassisme”) sodat die Afrikaner tot insig kan kom oor dié politieke dwaling. Dit sou volgens hom tot gevolg hê dat Afrikaners nie meer “hond hoef te voel” oor apartheid nie. Beria, die Kommunis, kon dit nie beter gestel het nie.
Ons land is die misdaadhoofstad van die wêreld. Blankes word deur Swartes vermoor vir ‘n selfoon of ‘n fiets, of selfs sonder enige rede. Uit blote haat en wraaksug! Dit is die chaos waarvan Beria gepraat het. Dit is die Kommunistiese staat wat FW de Klerk en sy Broederbondbende op ons afgedwing het deur skaam te word vir apartheid en weg te skram van die beskuldigings van ”rassisme” eerder as om op te staan vir die Afrikanervolk en sy reg in sy eie vaderland.
Tydens die Internasionale Simposium oor die Kommunisme wat in 1966 in Pretoria gehou is het prof Possony gestel dat die rassefaktor deur die Kommunisme gebruik sal word om ander kwessies te vervang. Rassekonflik en volgehoue propaganda oor beweerde “rassisme” tesame met stelselmatige karaktermoord van ‘n politieke bestel sal vir die Kommunis die geleentheid skep om die Afrikaner in ‘n lokval te lei om van sy reg om hierdie land te regeer, afstand te doen. Volgens hom het die liberale magte wat die Kommunisme dien nooit ‘n idealistiese of oortuigende doelwit van hulle eie nie, maar skep dit utopiese skynbeelde. Dit benodig desperaat ‘n voorwerp van haat en ”rassisme” het hierdie voorwerp van haat geword.
Die aanvalswapen van ”rassisme” kom uit die Kommunistiese arsenaal. Wat prof HG van der Westhuizen oor die Kommunisme is nog altyd waar. Kommunisme is ‘n veelkoppige monster met ‘n sataniese anti-Christelike hart. Dit spoel oor die Afrikaner in sy vele gedaantes. “Rassisme” is een daarvan. Dit sal die Afrikaner verslind as hy nie waaksaam is nie.
Rasverskille ‘n feit
Die bestaan van verskillende rasse en verskille tussen rasse is ‘n feit soos ‘n koei. David Welsh ‘n politieke ontleder het in Die Burger van 15 Junie 1999, net na die Algemene Verkiesing van 1999 geskryf:
“Ras was die fundamentele faktor in die verkiesings van 1994 en 1999".
Dit sal steeds die fundamentele faktor in die Suid-Afrikaanse politiek bly.
Die feit van ras en rasseverskille kan nie wegredeneer word nie en daarom sal rassevoorkeur en rassevooroordeel altyd bestaan. Nasionalisme erken hierdie feit en respekteer hierdie verskille. In ‘n veelrassige samelewing is die ontkenning daarvan ‘n resep vir selfmoord. Welsh was van mening dat as een politieke party ‘n ingeboude meerderheid het danksy ras of etnisiteit, het mens met ‘n “manke demokrasie” te doen. Afrika word gekenmerk deur manke eenpartydemokrasieë.
Deur iemand die kleed van “rassis” om te hang, is ‘n bedenklike metode om so ‘n persoon sy morele spreekreg te ontneem. Dit het inderdaad, soos ‘n Vlaamse skrywer opgemerk het, ‘n metode geword om iemand ”‘n smerige etiketten op te kleven”. Die klaarblyklike oogmerk is om “rassisme”’ te verhef tot ‘n skeldterm wat die opperste verwerplikheid moet verteenwoordig. ‘n “Rassis” word oor dieselfde kam geskeer as ‘n misdadiger.
Dit is nie alleen intellektueel oneerlik nie, maar getuig ook van ‘n beangste onverdraagsaamheid en asembenewende fundamentalisme. Noem iemand net ‘n rassis en die argument is gewen. Elke ingeligte persoon weet dat die woord ”rassisme” die woord is waarmee die Kommuniste hulle nasionalistiese teenstanders aanval om sodoende die offensief teen Kommunisme om te keer. “Anti-rassisme” het die kodewoord geword van sosialistiese transformasie. As jy die kommunistiese transformasie in Suid-Afrika teenstaan of selfs net kritiek teen die nuwe bedeling uitspreek, staan jy gevaar om as “rassis” gebrandmerk te word. Vryheid van spraak bestaan nie vir die teenstanders van die nuwe bedeling nie.
Aan die voorpunt van hierdie stryd, wat niks anders as ‘n verbloemde aanval teen nasionalisme is nie, is die liberalistiese meelopers van die Kommuniste. Maar soos James Burnham in Suicide of the West gesê het die liberalisme is besmet met die Kommunisme en deel die meeste beginsels van die Kommunisme. Die liberaliste het sodoende gehelp dat die fiksie van rasloosheid tot ideologie uitgebou en ”rassisme” tot skeldterm verhef is.
Aanklag van “rassisme” ’n oorlogsverklaring
Die aanklag van ”rassisme” teen die Afrikaner is ‘n oorlogsverklaring: Dit verneder die Afrikaner en maak hom skaam vir sy ras en dit gee aan die Swarte vrypas om te roof en te moor, omdat hy opgesweep word deur die emosie wat daardeur opgewek word.
Stjepan Mestrovic skryf in sy boek Genocide after Emotion wat handel oor die oorlog in Joegoeslawië, dat deur die opwekking van genoeg emosie oor ‘n leuen die saad gesaai is vir ‘n volksmoord. En waar dit dan duidelik is dat die ideologie van ”rassisme” nie gebou is op feite, waarhede en werklikhede nie, maar op emosie, skuldgevoelens en ontkenning van werklikhede, is die resultaat vervolging van die Blanke, sogenaamde integrasie en uiteindelik soos dr Verwoerd gestel het, die disintegrasie en die vernietiging van die Blankedom.
Dit is daarom verbasend en pateties hoe sommige Afrikaners oor hulle voete val en bely dat hulle nie “rassisties” is nie. So sal verklaar word dat dit vir hulle om die kultuur gaan, of om die volk. Prof Danie Goosen is ‘n goeie voorbeeld van ‘n verloopte Afrikaner wat weghardloop van sy ras. Sy pa sou hom geskaam het vir sy getuienis!
Maar sulke “getuienis” kan die harde werklikheid van ras nie ontkom nie. Kultuur wortel in ras en nie andersom nie. En die Afrikanervolk is ‘n Blanke volk! Omdat ‘n kultuur rasgebonde is, is nasionalisme uit die aard van die saak ook rasgebonde. En die kultuur van misdaad en opvoedkundige agterstand en regstellende aksie (om “agterstande” in te haal) het met ras te maak. Dit is verstommend dat mense hulleself probeer wysmaak dat ras eienskappe wat hulle met hulle eie oë sien, nie waar is nie. Rasverskille skep sosiale afstand. Die Afrikaner moet hom nie onder druk van die “rassisme” propaganda op die verdediging stel nie.
Rassetrots is, soos mnr Jaap Marais dit so treffend gestel het, nie ‘n selfverheffing of etiese vergryp nie. Dit is eenvoudig ‘n betuiging van selfrespek as ‘n lid van ‘n onderskeidende mensegroep waaraan daar ‘n erflike gebondenheid is. En dié bewustheid aan die ras se estetiese hoedanighede en geestelike prestasies gee spontaan aan sy lede ‘n gevoel van behae om deel daarvan te wees in onderskeiding met ander. Die handhawing van die Afrikaner se Witmanskap was die sleutel tot sy oorlewing in Afrika.
Die aanval op die Afrikaner se rassebasis is ‘n aanval teen Afrikanernasionalisme en teen die bestaan van die Afrikaner. Die “nuwe bedeling” en sy nuttige idiotiese lofsangers (Beeld en andere) wil deur die kriminalisering van “rassisme” die grondslag, wat gelê is deur apartheid as misdaad te verhef en gevolglik die ganse Afrikanervolk te brandmerk, verbreed, sodat Afrikaners feitlik voëlvry gejag kan word.
Wat hulle moet besef is dat die Afrikaner keelvol raak om voortdurend in die beskuldigdebank te staan. Die kern van die Afrikanervolk het nie sy selfrespek verloor nie. Hulle sal hulle identiteit betuig wat ander sal aanspoor om dieselfde te doen. Een daarvan sal wees om die vals etikette wat Beeld en ander hulle wil ophang, af te ruk. Soos ds Piet van der Merwe gedoen het!