1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9951363

Besoekers aanlyn

Ons het 185 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

AS REG NOU VERKEERD IS...... OF IS DIT DALK ANDERS OM?

As Julius Malema in ‘n koerant verklaar, Hoewel hy ‘skiet die Boer’ sing, is dit nie aanstootlik nie, moet ‘n mens dit seker vat van wie dit kom.   Dit sou sekerlik uit sy hoek gesien, ‘n fout wees om hom daaroor te verkwalik, want hy is swart en vir swartes kan dit tog nie verkeerd wees om Boere te skiet nie, wat staan nog as hy bloot net sing dat hulle geskiet moet word!  Hy verklaar verder dat hy nie daardeur geweld wil aanhits nie.

Hy  sing nie die woorde om geweld aan te hits, skade aan te rig of om enige persoon of groep ongeag hul etniese groep, ras of geloof af te takel of te verneder nie.

Oordeel nou self uit die woorde wat hy sing of u reg verstaan wat dit beteken.   Hy sing: Skiet die Boere, hulle is verkragters....hulle is bang, die lafaards.   Julle moet die Boere skiet.   Hulle roof, hierdie honde”.  So rapporteer Beeld van Dinsdag 25 Januarie 2011.

As die man wat hierdie liedjie sing self verklaar dat hy nie geweld wil aanhits nie en dat dit nie aanstootlik is nie, wie kan dan nou met hom stry?  Hy weet mos wat sy bedoeling is!   Die gevolge van wat hy sing is irrelevant aangesien dit nie sy bedoeling was nie?   Is u nog op die spoor?

Komende van Malema en sy gevolg het ek persoonlik goeie begrip vir hulle standpunt.   As dieselfde soort benadering egter uit blanke geledere begin kom,  dink ‘n mens eerder aan die tekens van die tye!

Jy sê byvoorbeeld dat jy met die regime gaan onderhandel oor hoe groot en waar daar ‘n volkstaat vir die Afrikaner gekry kan word en in dieselfde asem verklaar jy dat dit nie beteken dat jy afgesien het van die standpunt dat hierdie land ons land is nie.

Verder verklaar jy dat jy ‘n verkiesing gaan hou om ‘n volksraad van sewe persone te verkies wat namens die Afrikanervolk gaan optree, (of hulle nou ‘n mandaat gaan hê of nie), maar dat dit nie die politieke party waarvan jy ‘n lid is vervang nie.

‘n Mens kry die indruk dat die idee by sommige mense posgevat het dat die doodgewone blanke kieser se intelligensie reeds dieselfde vlak bereik het as Malema se volgelinge.   Jy kan hulle deesdae enigiets wysmaak.  Selfs dat perdemis droë vye is!   Dit is juis hierdie soort minagting van die kieser wat jou uiteindelik by Tunisië en Egipte uitbring!   Die soort “hoëgrond” waaraan de Klerk en Constand Viljoen die Afrikanervolk blootgestel het!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie