1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9951661

Besoekers aanlyn

Ons het 152 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

ZOELOE WYSHEDE, VOLKSTATE EN ‘N “SIELKUNDIGE TUISTE” VIR DIE AFRIKANER

In Zuma se eerste onderhoud met ‘n Afrikaanse, (let wel, nié Afrikaner koerant) nie, het ‘n paar interessante sake na vore gekom.

Hy verklaar onder andere:

Die Afrikaner moet sy eie Nkandla vind. Dít, verduidelik Zuma, is nie ‘n staatkundige grondgebied nie maar ‘n sielkundige tuiste waar hy veilig is en die vryheid en vrymoedigheid het om dit wat vir hom belangrik is, uit te leef.   Ek dink selfs Salomo sou gesukkel het met hierdie “wysheid”.

Zuma verklaar verder dat hy ‘n diep begrip het vir sommige Afrikaners se behoefte vir ‘n eie tuiste.   Dus glo hy nie dat alle Afrikaners so ‘n behoefte het nie.

Hy neem homself as voorbeeld wat in Kaapstad en in Pretoria “werk”, maar dan wil hy na Nkandla, (in landelike Kwazulu-Natal) gaan.    “Dis my plek, dis my dorpie en wanneer ek daar kom voel ek tuis”.   Sý Nkandla bestaan dus nie alleen uit ‘n land nie, maar ook ‘n spesifieke dorp.  Die Afrikaner moet syne gaan vind!   Nie in die land nie, nie op die grond nie, nêrens in die wêreld nie, want dit moet “sielkundig” wees!   Dít is die plek waar Afrikaners nie meer deur swartes vermoor en verkrag en finansieel getap sal kan word nie, want volgens Zuma sal hy daar veilig wees!

Afrikaners mag volgens Zuma nie ‘n eie grondgebied afbaken of aparte tuiste inrig nie.  “Jy kan nie ‘n Orania skep nie”.   Die Oraniërs en die VVK propageerders moet maar hiervan kennis neem terwyl hulle die AVP nie wil glo nie.  Hier word hulle geantwoord uit die perd se bek!   Dit sal betaal om hom op sy woord te vat!

‘n Stukkie wysheid, of was dit ‘n glipsie, van Zuma is dat historiese realiteite bepaal dat verskillende etniese groepe in verskillende dele van die land gekonsentreer is.  So is die Venda in die Noorde van die land, die Zulus in Kwazulu-Natal en die Xhosa aan die Ooskus.

Die Afrikaner word nie in een enkele grondgebied aangetref nie maar woon regoor die land, volgens Zuma.   Daarmee maak hy natuurlik die erkenning dat elke swart volk sy eie grondgebied het terwyl die RSA aan die Afrikaner behoort.   Dít is die Afrikaner se Nkandla Jacob, nie die “sielkundige” ding waarvan jy praat nie!   Nie die volksmoord, verdraaiing van die geskiedenis of wat julle ook al bedink gaan dit verander nie.  Wat baie sleg op jou en jou voorgangers gaan reflekteer is dat al hierdie verontregting plaasvind terwyl julle die leisels gehou het!  Dít is historiese realiteit!  En die geskiedenis is onverbiddelik!  Julle mag nou korttermyn persoonlike voordeel uit hierdie omstandigheid put.   Die geskiedenis bly egter altyd by die waarheid!

Zuma se oordeel dat hy nie minder Zulu is omdat hy ook ‘n Suid Afrikaner is nie, sal nie tred hou met die noodwendige versaking van die handhawing van sy identiteit wat noodwendig intree met die vermenging van kulture nie.   Die onderskeiding van die een volk van ‘n ander, geskied juis deur die handhawing van sy taal en kultuur, wat nou bedreig word deur sy Suid Afrikanerskap wat gedryf word deur die handhawing van die Engelse taal en wat van die Zulus hoogstens derdeklas Engelse sal maak!   Die dekadente benadering om sushi van die halfnaakte lyf van ‘n vrou af te eet, is bv. beslis nie eie aan die Zulus nie!

Zuma se stelling oor die verskille tussen Afrikaners wat dit onmoontlik maak om te bepaal wie die werklike Afrikanervolk verteenwoordig, verwys na die gebrek aan President Paul Kruger se leuse van eendrag maak mag, en behoort kennis van geneem te word ter beskaming van ons volk!

Vir Zuma om te verwys na die Afrikaner wat “ ’n bydrae gemaak het” tot die ontwikkeling en die maak van Suid Afrika wat hy is,  laat ‘n mens dink aan sommige van die hedendaagse onderwysers wat nie in staat is om die swakste van swak vraestelle te merk nie, wat staan nog op te stel.   Dit wat jy vandag die voorreg het om te bestuur deur die verraad van ons eie mense, Jacob, Kom álles van die Afrikaner af!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie