1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9951309

Besoekers aanlyn

Ons het 181 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE VOORLAND VAN SWAK REGERING

Die anargie in Egipte, die ergste opstand in sy geskiedenis, neig om ‘n toenemende tendens te verdwerg sodat Tunesië, Yemen, Ivoorkus, Zimbabwe, Suid Afrika en ander se opbouende onrus amper ongemerk op die agtergrond geskuif raak. Die feit dat mag in die hande van ongelowiges die neiging tot korrupsie aanwakker, het noodwendig ook die gevolg dat die korruptiewes ten alle koste aan daardie mag vasklou, al beteken dit geweld en menselewens.

Dat die bykans wêreldwye onluste waar Moslems in groot getalle voorkom, onteenseglik op ‘n grootskaalse en deeglik ge-orkestreerde aksie dui, kan nie buite rekening gelaat word nie.   Die AVP se stelling wat by herhaling op hierdie webblad voorgehou is om ons vorige Afrikanerleiers se politieke en staatkundige kundigheid en vêrsig te demonstreer, naamlik dat alle volke wat multikulturalisme as binnelandse beleid aanvaar en toepas, nog almal sal terugkeer na die beleid van apartheid terwille van voortbestaan.

Niemand anders as die Britse nuwe Eerste Minister, David Cameron verklaar gister in ‘n beeldradio onderhoud dat multikulturalisme gefaal het, dat dit onderliggend is aan die ekstremisme van die Moslems in Engeland!  En die Engelse vat die strate in ‘n betoging om selfbehoud!

As die ellende waarin die Afrikanervolk hom vanweë Engelse en Amerikaanse bemoeienis nie so erg was nie, sou ons onsself daarin kon verlustig.   Op hierdie stadium kan ons wel vir hulle sê, beproef die “monster” wat julle vir ons help skep het, want ons gaan weer met julle daaroor in gesprek gaan.  Julle skuld ons nog ‘n verskoning wat julle tot nog toe geweier het!  Julle eie maaksel sal julle vorentoe dwing om daardie verskoning onvoorwaardelik vir ons aan te bied.

Rewolusie in Afrika het egter sy eie patroon en die AVP wil ons volksgenote waarsku om daarop voorbereid te wees.  Kyk na hierdie klein, amper verskuilde en deur die hoofstroom media verswygde berig in die  Diamond Fields Advertiser – 1 Februarie 2011

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie