SLOTWOORDE VAN DR. VERWOERD TYDENS SY LOSKOPDAM TOESPRAAK 
TROU AAN KERK EN TAAL
Die Afrikaner sal dan ook goed moet begryp dat om homself te handhaaf, hy getrou moet wees aan veral dit wat die wese uitmaak van sy identiteit, en dit is in ons geval ons taal en ons kerk. Saam met die taal gaan ons hele kultuurstrewe en kultuurlewe. Saam daarmee gaan ons herinnering aan ons geskiedenis, ons piëteit teenoor ons helde, teenoor ons verlede, en saam met ons geloof, die geloof ook in die toekoms van ons volk, gaan 'n getrouheid aan ons eie kerklike lewe. Ons durf nie dink aan die voortbestaan van die Afrikanerdom, in daardie sin wat ek nou daarvan praat, as ons nie bereid is om onsself op hierdie ter-reine heelhartig te gee nie.
GEDENKLESING gehou op 19 Februarie 2011
Deur Johan Bekker
Aanhalings uit die boek “AFSPRAAK MET DIE TOEKOMS”
Al wat in 1994 gebeur het, was dat die hedendaagse joiners en hensoppers uit Afrikanergeledere oorgeloop het na die vyand en nou skouer aan skouer met die kommuniste teen ons veg. Totdat ons besef: die haat teen die Afrikaner loop diep en breed in die geledere van die vyande van die Afrikaner, want ons verteenwoordig dít wat hulle nie kan wees of kan bereik nie. Hoe meer die strewe na ’n sosialistiese paradys vasval in die onvermoë, hoe nydiger sal die sosialistiese elite op die Afrikaner word....Kan dit anders in ‘n ideologie wat gebou is op naywer, haat en immoraliteit?
GEDENKLESING gehou op 19 Februarie 2011
Deur Johan Bekker
INLEIDING
Die grootsheid van die mens word in die reël verbind aan diegene wat die moed gehad het om ter wille van ’n oortuiging of beginsel alleen te staan teenoor die gees en die koers van hulle tyd.
Mantel-swaaiers kry selde ’n ere-plek in die bladsye van die geskiedenis. Jaap Marais het sy grootheid op die eensame beginsel pad verwerf. As politikus was daar selde iemand wat so by sy volk gestaan het ten spyte van vervolging en vergruise deur lou Afrikaners wat hom met alle mag van die politieke toneel wou verwyder. Die ganse Suid Afrikaanse massamedia is teen hom gebruik om in vloed van teenstand en haat teen hom op te werp.
GEDENKLESING gehou op 19 Februarie 2011
Deur Johan Bekker
Aanhalings uit die boek “STRYD IS LEWE”