Aan Miemie Coertze,
Hartlike geluk met u tagtigste geboortedag! As verteenwoordiger by uitnemendheid van die Afrikanervolk se inherente vermoë om God se gawe aan die mens, om emosie en innerlike gevoelslewe deur die skoonste klank te vertolk en met onderskeiding die wêreld in te dra, wens die Afrikaner Volksparty u Gods rykste seën en gesondheid toe vir die lewensjare wat nog vir u beskore is!
Daarbenewens maak ons ook van hierdie geleentheid gebruik om namens al die lede van die AVP, u te bedank vir u bydrae tot die verinniging en veredeling van die kultuurskat van ons volk, waarvan die waarde onberekenbaar is.
Vriendelike groete.
