INLEIDING:
Die aanvanklike afwyking van die politieke beginsel en beleidsrigting van die Afrikanervolk na die sluipmoord op dr. Verwoerd, was subtiel, geleidelik en onder andere ook godsdienstig georiënteerd. Dit was egter nie die begin nie maar die voortsetting van ‘n literêre neiging om te transformeer, reeds vroeg in die jare sestig. Die Antjie Krog’s, Breyten Breytenbach’s en Andre P Brink’s se literêre rewolusie om teen die bestaande norme van welvoeglikheid en veral politieke riglyne, te dig, te skryf en op te tree sodat die weerstand daarteen hulle die land laat verlaat en in Frankryk en elders hulle uitdaging van die bestaande orde in Suid Afrika laat voortsit het, was in terugskouing die fondasie in Suid Afrika vir die New Age beweging vanuit eie geledere wat deur kerk, kultuur en politieke leiers voortgesit is.
OORSPRONG VAN DIE NUWE ERA-GEDAGTE.
Die oorsprong van die Nuwe Era-beweging as sodanig kan egter teruggevoer word na Helena Petrowna Blavatsky (1831-1891), 'n Russiese spiritis en medium wat die esoteriese en okkulte Theosophical Society in 1875 saam met Henry Steele Olcolt gestig het. Volgens Blavatsky het ene "Koot Hoomi" en ander geestelike gidse gereeld aan haar verskyn en geheime aan haar openbaar wat sy in 'n hele reeks boeke neergeskryf het. Vroeg in die twintigste eeu het 'n Engelse spiritis, Alice Bailey (1880-1949), haar in die Verenigde State by die Theosophical Society aangesluit. Bailey, wat Blavatsky se geskrifte bestudeer het en glo ook met Koot Hoomi gekommunikeer het, is later deur 'n ander geestelike gids - Djwal Khul - beveel om 'n aantal boeke te skryf waarin hy deur haar die sogenaamde "Nuwe Era-plan" bekend sou maak. Die hooftema van hierdie Plan was die koms van 'n "messias" wat aangehelp moes word deur onder meer verskeie meditasiegroepe te stig. Bailey het uiteindelik 25 boeke geskryf wat vandag steeds as die grondslag van die Nuwe Era-beweging beskou word.
Die idee van 'n komende "Nuwe Era" (Engels: "New Age") is al minstens twee eeue gelede gepropageer deur onder meer die Vrymesselaars en die Rosekruisers (Engels: "Rosicrucians") wat die Franse en Amerikaanse Revolusies ondersteun het. Aleister Crowley, 'n satanis wat homself "Die Groot Dier 666"genoem het, het in 1904 aangekondig dat die 2000-jaar-lange "Era van Horus" aangebreek het wat die Christendom sou vervang en waarvan hy self die hoofprofeet sou wees.(AVP beklemtoning)
DIE “NEW AGE” OFTEWEL “WE ARE ONE” IDEOLOGIE.
Ten spyte van begrippe soos spiritis, medium, okkult, geestelike gidse, meditasie en sataniste, alles te make met die magte van die duisternis wat die Christendom behoort af te skrik, word daar in hierdie oorlog sonder koeëls ‘n benadering van versluiering gebruik gemaak wat so onskuldig voorkom dat dit eerder aantrek as afstoot.
Met n meer bekende maar vesluierde benaming soos "Ubuntu" en die "Reenboognasie" moes die Afrikanervolk op n subtiele wyse aan hierdie okkultiese praktyke gewoond gemaak word.
Wat kan dan tog nou verkeerd wees met die benadering dat ons almal een is, of met yoga-oefeninge om fiks en gesond te bly? Die stryd van die Afrikaner sedert die politieke oorwinning in 1948 tot en met die era van dr. Verwoerd, was ‘n voortdurende stryd. ‘n Stryd waarteen ons voorberei en geestelik weerbaar gemaak is. ‘n Stryd wat ons leiers van daardie tydvak as ‘n totale aanslag begryp en beskryf en in die kerk, skool, kultuurorganisasies en verskeie militêre opleidingseenhede geleer en toegepas is deur nasionalisme sterk te maak.
Vir die gelowige is daar niks waarmee hy hom besig hou wat van sy godsdiens geskei kan word nie. Ook en veral nie die politiek nie. Die mens se politieke siening word gevoed uit dit waarin hy glo, vandaar die Afrikanervolk se beginselstandpunt dat daar duidelike en onoorbrugbare rasverskille bestaan wat nie mensgemaak is nie. Dat die geskape geskeidenheid van verskillende rasse, plante, diere, voëls, visse, insekte, ens. Gehandhaaf moet word terwille van die behoud daarvan soos wat die natuur dit inderdaad self handhaaf!
Indien die beginsel van “Monoism” (We are One ) egter aanvaar word begewe jy jou op die terrein van die Panteïsme. Dat die heelal self die godheid is, dat God en die wêreld een selfstandigheid vorm (een is)
Vandaar die aandrang vir transformasie. Alles moet getransformeer word. Daar moet geen grense wees nie want alles en almal is een!
In sy boek “Unmasking the New Age” skryf Douglas R Groothuis: “Once we admit that all is one, including god, then it is a short step to admitting that “all is god” This is Pantheism. All things-plants, snails, books and so on- are said to partake of the one devine essence. Remember our schoolchildren who were told to imagine themselves as perfect beings. How could it be otherwise? All is one; All is god. Whatever is, is god and therefore perfect.
The idea of a personal God is abandoned in favor of an impersonal energy, force or consciousness. Ultimate reality is god, who is in all and through all, in fact god is all.
“ This is one of the seductive truths of the New Age: we are not only perfect; we are, in fact, gods.
TRANSFORMASIE DIE INVALSPOORT
Dit is dan geen wonder dat die New Age alles moet transformeer nie. Alle ou waardes, norme en geloof moet transformeer word. ‘n Radio sonder grense, ‘n Kerk sonder grense, moraliteit sonder grense, rasse sonder grense en uiteindelik politiek sonder grense. Die resultaat? Verval sonder grense!
Dit is binne hierdie verval waar die Nuwe Era kom nesskop en met bykans Bybelse waarhede ons volk probeer saamneem. Deur in die kerk en kultuurligame, in die werksplek en op die sportveld, in vermaaklikheidsprogramme en rekenaarspeletjies, in die skole en universiteite, die ouers en kinders se leerinhoude te deurspek met hierdie sluipstrategie van “onskuldige” yoga oefeninge en mooipraatjies van eenheid en gelykheid, saamwerk en saampraat, verdraagsaamheid en nasiebou, ensomeer.
Die tragiese hiervan is die oningeligtheid en dienooreenkomstige weerloosheid van ouers en onderwysers wat nie net hierdie praktyke verdedig nie, maar selfs daaraan deelneem, onbewus daarvan dat hulle en hulle kinders op ‘n geestelike pad geneem word wat God-Drie-Enig tart en uitdaag en ons volk se stryd om vryheid verlam en selfs omskep in vyandigheid teen onsself!
DIE AARD VAN DIE STRYD HÉT VERANDER!
Dit gesê beteken egter nie dat dit ‘n nuwe aard is nie. Inteendeel is die stryd wat nou opnuut teen ons gevoer word so oud soos die mensdom self! Die fisieke stryd om volkswording, om Suid Afrika te beskaaf en te ontwikkel, om ons taal erken te kry, republieke te vestig en te verdedig, die Anglo Boere Oorlog, ons Republiek in 1961 was in geloof gestry en gewen! In die meeste gevalle met krag en geweld, met vaardigheid en moed en dapperheid. Getrou aan ons God en ons volk en ons erfenis teen ‘n sigbare en fisiese vyand het ons gestry, ons verset, ons verdedig en deur gebed en geloof uiteindelik gewen!
Maar nou? Nou is dit nog oorlog sonder koeëls! Die aanslag was subtiel, demonies, duiwels! ‘n Voorhoede uit eie geledere wat ons onkant betrap het en die terrein voorberei het vir die Ubuntu “We are One” sluipskutters! Die aard is nou grootliks geestelik en dodelik gevaarlik. Meet die mate van gevaarlikheid aan die sukses wat die vyand reeds hiermee behaal het. Gaan kyk na die leerinhoud van jou kinders se skoolboeke, knoop ‘n geestelike gesprek met jou vriende aan en kyk na die verval in die bestaande kerke. Vra jouself en kyk of jy sekerheid het oor waar die oplossing lê vir ons vryheid.
Daar is verseker ‘n oplossing maar dit setel nie in kompromie met die magte van die duisternis nie! Om met hierdie nuwe Suid Afrika (Rainbow Nation) saam te werk is om hande te vat met die satan self. Daar is geen regverdiging daarvoor nie en geen verweer wanneer jy tot verantwoording geroep sal word nie!