1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9965189

Besoekers aanlyn

Ons het 100 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

AS DIE FOKUS VERSKUIF HET......

as jy fokus verloorDit is dan dat die klem op die verkeerde aksente geplaas word! Hierdie is ‘n kuns wat enkele skrywers, joernaliste, politici en die media tot in die fynste besonderhede bestudeer het en vlytig toepas om klimaat te skep wat aversie of aanklank te bewerkstellig.

Geen wonder dat daar enorme bedrae geld spandeer word om mediakettings te beheer waarmee politieke en finansiële tendense na willekeur gerig word om bepaalde doelstellings te bereik, sonder dat die publiek wat daaraan blootgestel is, agterkom dat hulle menings gevorm word en gevorm is om “demokraties” aangewend te word tot nadeel van hulleself nie.

In Suid Afrika is daar die duidelikste sigbare en waarneembare voorbeelde van dié stellings. Die oorbeklemtoning van die buitewêreld se siening in samehang met die oorbeklemtoning van die ”euwel” van apartheid en die doelbewuste onderbeklemtoning van die bedoeling en waarde van apartheid, het ‘n bepaalde negatiewe klimaat geskep.

Nog ‘n klassieke voorbeeld hiervan is die boek, “FW de Klerk” Die man en sy Tyd, deur Willem de Klerk, FW se broer. Deur al die negatiewe aanhalings en gebeure waarop hy sy hande kon lê aan afgelope jare te koppel, het Willem de Klerk ‘n scenario probeer skets wat kwansuis daarop gedui het dat daar ‘n opbou van weerstand teen die NP was wat noodgedwonge verandering vereis het. ‘n Bykans perverse oorbeklemtoning van die negatiewe en moedswillige onderbeklemtoning van die ongekende positiewe ontwikkeling in bv. die era van Verwoerd en waarvan hulle eie vader deel was, moes die regverdiging vir die naakte verraad van hierdie twee broers verteenwoordig. ‘n Boek wat as dit twintig jaar vorentoe deur iemand gelees sou word sonder die kennis van wat waar is en werklik gebeur het, ‘n totale skewe beeld van die geskiedenis vir so ‘n persoon daarstel wat moet dien om sy siening van die Afrikaner van twintig jaar terug te vorm.

Die kollig wat nou fokus op ZUMA en dan op Malema, met ‘n algehele miskenning van die verraaiersrol wat die NP gespeel het om hulle in beheer te plaas, Laat die klem van verval en agteruitgang van Suid Afrika hopeloos verkeerdelik toegedig word aan die swartes en ANC kaders se korruptiewe aard ens. Die werklike sondebokke skuil agter die media en hulle verdraaide vertolking van die waarheid!

Lees wat beskikbaar is, maar behou perspektief! Om te vergeet waar die onheil vandaan gekom het, sal maak dat jy keer op keer die verkeerde standpunt inneem, verkeerde leiding volg en by die verkeerde bestemming uitkom!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie