Terwyl daar vir baie jare reeds op die mees brutale en diktatoriale wyse gepoog word om die Afrikanervolk in die algemeen en nou ook weer in besonder Clive Derby Lewis in Suid Afrika uit te wis ten aanskoue en aanhore van die hele vrye wêreld daarbuite, is daar blankes wat steeds met hierdie vyande wil onderhandel!
Met die onsinnigste en duidelik politiesgemanipuleerde argumente oor waarom Lewis nie parool toegestaan word nie, in teenstelling met Eugene de Kock, boesemvriend van die uitgesproke en selferkende ateïs Piet Croucamp wie se parool goedgekeur is deur die “bekwame” en “onpartydige minister” van Justisie en Korrektiewe Dienste, is daar jou werklik waar mense wat dink dat jy met sulke objekte kan onderhandel!
Hoe polities bankrot moet ‘n mens wees as jy in die veelvuldige bewyse uit jou volk se eeuelange geskiedenis die vyandigheid ervaar het en dan nog in die ontplooiing van die ANC/SAKP/COSATO se Swart Kommunistiese Meerderheidsregime van die afgelope 20 jaar se openlike vyandige aanslag op ons volk, steeds verklarings uitreik oor die verbreding van mandaat ten einde met groter gesag by hierdie vyande van die Afrikanervolk te gaan bakhand staan vir ‘n stukkie van ons eie Godgegewe erfenis wat de Klerk en sy regering op verraderlike wyse vir hulle gegee het.
Net soos Mike Masutha, “minister” van Justisie en Korrektiewe Dienste hom afvee aan die meriete van Derby-Lewis se parool aansoek, net so vee die ANC, Zuma, Ramaphosa en wie ookal hulle af aan die patetiese pogings van die sogenaamde “Volksraad” wat nou die eens beginselvaste Herstigte Nasionale Party vervang het, nogal onder dieselfde leier wat nou twee uiteenlopende standpunte handhaaf.
Dit laat ‘n mens sidder om te dink dat die party wat eens die bastion van sekuriteit en standvastigheid vir Afrikaners was nadat die NP die beginselpad byster geraak het, nou self op ‘n dwaalpad gelei word en goedgelowige Afrikaners saamsleep wat self nie kan verduidelik hoekom hulle nou ‘n beweging geword het nie. Die verwarring onder ons volksgenote wat nou ook deur die HNP leierskap gedoog word, herinner aan die Trojaande perd!
Hoe opreg, indien hoegenaamd, hierdie pogings bedoel word, is die haalbaarheid daarvan en veral die saambinding van Afrikaners in ons vryheidstryd, eerder vergelykbaar met die wolf in Rooikappie en behoort Afrikaners in hierdie dwaalbos solank uit te kyk na waar die houtkapper met sy byl hom bevind!.
Die Volksraad het die volgende verklaring uitgereik na aanleiding van die Volksraadsvergadering van 17 Januarie 2015:
Die Boere-Afrikanervolksraad het weer deur sy regsverteenwoordiger ‘n skrywe aan die Suid-Afrikaanse Regering se regsverteenwoordigers gestuur met die eis dat die gesprek wat in Augustus 2014 plaasgevind het, dringend opgevolg moet word.
Tydens die gesprek tussen die Volksraad en adjunk-president Cyril Ramaphosa, is ooreengekom dat ‘n opvolggesprek noodsaaklik is, en is voorgestel dat dit in ongeveer drie maande tyd sou plaasvind. Tot dusver is niks weer van die ANC-regering verneem nie.
Tydens sy eerste volledige sitting vanjaar, het die Volksraad dit duidelik gestel dat hy sy hofaksie teen die regering opgeskort het op voorwaarde dat die gesprekvoering voortgesit gaan word. Soos ooreengekom het die Volksraad ook ‘n Makro-Plan na Vryheid uitgewerk en aan die regering beskikbaargestel, as basis vir die volgende gesprekvoering. “As die regering nou wil voete sleep en die gesprek wil vertraag of selfs laat doodloop, sal ons geen ander keuse hê nie as om ons aanvanklike hofaansoek voort te sit,” sê mnr. Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad.
Tydens die Volksraadvergadering is ook besluit dat die Volksraad Verkiesingkommissie (VVK) gevra gaan word om verkiesingsgereed te kom. “Ons moet ‘n nuwe en breë mandaat kry, en met die oog op ‘n moontlike langer gesprek met die regering, sal ons ons basis moet verbreed en ‘n hernude en groter mandaat van die volk verkry,” sê mnr. Breytenbach.
Die Volksraad het weer eens sy ondersteuning gegee aan die VVK se grondopname. “Ons moet weet waar ons mense is wat vryheid wil hê, en wat graag hulle eiendom sal wil sien in ‘n selfstandige Afrikanerstaat,” sê mnr. Breytenbach.
Daar is ook op ‘n aksieplan besluit om die Volksraad se strewe meer plaaslik, maar ook internasionaal bekend te stel. “Die ideaal sou wees as alle volksorganisasies wat selfbeskikking vir die Afrikanervolk nastreef, veral op internasionale terrein kon saamwerk om ‘n eenvormige boodskap na die wêreld uit te dra. Natuurlik moet die ANC-regime ontmasker word as ‘n onbevoegde en rassistiese bende wat daarop uit is om die Afrikaner te vernietig, maar ons moet ook die buiteland ons boodskap van hoop en ‘n werkbare alternatief gee. ‘n Volksdepartement van buitelandse sake sou daarvoor ‘n ideale voertuig uitmaak, en die Volksraad het besluit om met ander organisasies daaroor in gesprek te tree,” sê mnr. Breytenbach.
Sydney Gregan
0823341555