WAAROM WORD MOORD, VERKRAGTING EN GEWELD IN SUID AFRIKA DEUR DIE VINGERS GESIEN?
Hierdie artikel het ek in Julie 2014 geskryf en die belangrikheid daarvan opnuut besef met die aanval in Frankryk waarin 12 mense gedood is. Die vraag wat ons Afrikaners vir mekaar moet antwoord, is of ons soos in Frankryk moet optree, eers wanneer 12 en meer van ons volksgenote gelyktydig gedood word. Is dit slegs die dood van verslaggewers wat ‘n optog van ‘n miljoen of meer mense regverdig in verset teen dié soort terreur? Ek het in Julie verlede jaar geskryf:
DIT IS ‘N KULTUURDING:
In die eerste plek omdat dit deel van die Swartes se kultuur is en tweedens omdat die liberaliste wat hulle instaat gestel het om politieke beheer in Suid Afrika te bekom, hulle daartoe bemagtig met hulle veldtogte teen die doodstraf, teen die handhawing van ouerlike dissipline, wapenwetgewing en versaking van Bybelse riglyne vir geordende samelewing.
DIE REGIME SE OPLOSSING:
Die AVP se beoordeling van Zuma se onlangse staatsrede, waarin daar slegs sydelings na die steeds toenemende geweld van Swart teenoor Blank verwys is as: “ Some progress has been made over the past five years in reducing the levels of serious crime such as murders, aggravated robberies, crimes against women, children and other vulnerable groups, but they remain unacceptably high.” Sy oplossing: “We will work to further reduce levels of crime.” Geen plan, geen metode en duidelik geen sweem van begrip vir die omvangryke impak op die totale staatsbestel wat die gebrek aan veiligheid, dissipline en wet en orde verteenwoordig nie. Dat dié uitspraak in die korttermyn vir die Afrikanervolk geen verligting sal bring nie, dít staan vas. Dat die langer termyn ‘n bepaalde tendens sal vertoon, is egter net so seker.
‘N TENDENS
Die onlangse vlaag van plaasaanvalle en deurlopende verkragtings van ons blanke vroue is tekenend van ‘n tendens en verg dringende besinning oor ‘n strategie vir selfbeskerming. ‘n Vinnige beoordeling van Zuma se standpunt in sy staatsrede mis die woordgebruik wat die tendens aandui om die Afrikaner deur wetgewing uit sy besit en sy land te dryf en indien hy dit oorleef, sy lewe hom te ontneem deur ‘n dowe oor en blinde oog van ‘n Regime wat geweld en verkragting en selfs moord deur die vingers sien.
Dít vereis ‘n ingesteldheid van verset wat ‘n grondslag van gereedheid in die gees van elke individu en uiteindelik in ons hele volk moet bewerkstellig, sodat die blootstelling aan hierdie onreg nie sal omsit in aanvaarding daarvan nie. Daar moet versterking van geloof kom en bereidheid om dit in die openbaar te bely en te leef as ons volk verwag om die benouing waarin ons beland het te ontkom.
Terwyl die Swart Kommunistiese regime net soos die Moslemgeloof se hiërargie geen geluid maak of vinger verroer om die geweld, roof, verkragtings en moorde in Suid Afrika te stuit nie, word die hoofsaaklik Christen blanke bevolking stelselmatig een vir een uitgeroei sonder dat daar wêreldwyd ‘n oog geknip word! Nou, nadat daar ‘n wêreldwye protes opgaan, 88,000 polisielede oor die lengte en breedte van Frankryk ingegryp en die terroriste gedood is met ‘n vaste voorneme om met geweld teen terrorisme op te tree, nou verontskuldig die Islamiete hulle geloof as sou dit net ‘n klein groepie ekstremiste wees wat die hele Islam in onguns bring.
Hoewel vryheid van spraak uiters belangrik is, is daar vir die Christengelowige ‘n perk van fatsoenlike joernalistiek wat banaliteit en immoraliteit verbied maar kritiek toelaat. Dit is egter slegs die okkultiese en afgodedienaars wat dit nodig ag om hulle gode met geweld te verdedig en te beskerm, noodwendig omdat hulle gode self nie daartoe instaat is nie. Die “open society” oftewel multikulturalisme is die euwel wat die deure open vir die instroming van volksvreemdes wat hulle vreemde volksgebruike en gelowe saambring en die inheemse volke daarmee kom besoedel. Daar is wêreldwyd weerstand aan die opbou daarteen en hierin het die drie terroriste in belang van dit waarin húlle glo, ons nou ‘n guns bewys.
Daar is veel te leer uit die geestelike en politieke ontwikkeling, reeds vroeg in 2015. Laat ons waaksaam wees en fisies en geestelik voorberei sonder om op prinse te vertrou. Daarin het die geskiedenis ons nou al oor en oor geleer, is geen heil nie!