Ek dink daar is min Afrikaners wat weet van die Order of Oriental Templars, of kortweg die OTO. Groot sal hulle verbasing ook dan wees om kennis te moet neem dat die OTO beskou word as die gevaarlikste geheime organisasie in die wêreld. Hierdie orde, gestig in 1917, het as opvangsgebied die Vrymesselaars en is daargestel as die de facto oppergesag van die Vrymesselaarsbeweging. Die essensie van laasgenoemde is reeds aan ons bekend, naamlik die aanbidding van Satan. Terloops, as iemand nou nog so naïef is om te dink dat die Vrymesselaars maar net 'n gewone welsynsorganisasie is, sal hy in die duister bly oor baie ander sake. Die Vrymesselaars se Groot Argitek is Satan, want God is nie 'n argitek nie, hy is die Skepper. Tussen Skepper (wat uit niks skep) en argitek (wat nie uit niks kan skep nie) is daar 'n hemelsbreë verskil. Die OTO is egter baie meer openlik oor die doelwit wat nagestreef word juis omdat sy geledere gereserveer is vir kandidate uit die Vrymesselaars wat hulle onderskei het in hulle ywer om 'n nuwe anti-Christelike Wêreldorde daar te stel.
Reeds in 1964 skryf David Wise en Thomas Ross in hulle boek The Invisible Government dat daar twee regerings in die VSA bestaan; die sigbare- en die onsigbare regering. Laasgenoemde werk op esoteriese vlak wat deur breinspoeling en manipulasie van die massas se bewussyn psigologiese beheer verkry deur 'n proses van transformasie. Dit is hier waar die OTO sy tentakels ingeslaan het. Alle fasette van die samelewing word geteiken, netsoos die Kommunisme (wat maar net nog 'n metode was wat ontwerp is deur hierdie Sataniese magte), die kerk, kultuur, onderwys, ensomeer geteiken het.
Die jeug van vandag word meer as ooit geteiken. Stadig maar seker word ons skole en universiteite omskep in kweekskole vir die Nuwe Wêreldorde. Met rede kan die hedendaagse openbare skole gekritiseer word wat reeds voor 1994, maar veral daarna, kinders probeer rypmaak het vir die Nuwe Wêreld. Maar dank God vir Sy genade vir die onvermoeide arbeid van (talle) onderwysers in openbare skole wat in uiters moeilike omstandighede tot dusver verhoed het dat hierdie Nuwe Orde ons jeug reeds totaal verorber en/of verbrysel het. Onderwysers verrig 'n edele taak - nog meer so in hierdie moeilike toestande wat op hulle afgeforseer word. Dalk is baie van hierdie onderwysers self nie volkome bewus van al die gevare wat die Nuwe Kurrikulum inhou nie - en was goeie Boere instink tot nou toe ons kinders se redding. Die afkeur vir hierdie Sataniese orde word byvoorbeeld gesien in kinders wat weier om die "nasionale lied" te sing al word hulle daartoe verplig; dit terwyl sekere volwassenes en jeug "idols" (uit klaarblyklik stoere Afrikanerhuise) dit vrywillig en sommige selfs vir geld doen!
Veel erger was die informele onderrig van ons kinders - buite skoolverband. Dit wat die popkultuur gevestig het deur die media, met televisie aan die voorpunt. Kinders het nie van die Satansaanbidder Madonna op skool geleer nie, maar in hulle ouerhuise op die rusbank voor die televisie. Nege uit elke tien rolprente gebruik Jesus se naam ydellik. Nege uit tien programme verkondig openlik die Nuwe Wêreldorde. Hoeveel kinders word deur ouers hiervan vertel? Kennis van hierdie duiwelse magte ontbreek eenvoudig by baie kinders - juis omdat ouers hulle nie daaroor ingelig het nie.
Maar terug by die OTO. Die "grondlegger" van die OTO is Aleister Crowley, 'n voormalige Britse Intelligensie Offisier wat homself genoem het die Great Beast 666. Dit was hy wat die OTO (as die nuwe Illuminati) in sy huidige vorm daargestel het. Vrymesselaars moes nie meer "messelaars"wees nie maar towenaars, aldus Huxley. Ja, die Joodse Kabbala speel 'n deurslaggewende rol in hierdie organisasie. Ook bekend as die Cult of the Beast het die OTO 'n obsessie met bloed. Daarom glo hulle dat bloed sal vloei ten einde die ideaal van die Nuwe Wêreldorde daar te stel.
Wat is die doel van die Nuwe Wêreldorde? In die Royal Arch Degree van die Vrymesselaars word die doel prontuit gestel: For the good of Masonry generally, but the Jewish nation in particular. Die OTO poog om die Vrymesselaars se doel, om die Judaïsme te dien, in te versnel. Friedrich Nietzche het opgemerk:
The Jews are the most remarkable people in the history of the world, for when they were confronted with the question , to be or not to be, they chose, with perfectly unearthy deliberation, to be at any price: the price involved a radical falsification of all nature, of all naturalness, of all reality, of the whole inner world, as well as the outer ... one by one they distorted religion, civilization, morality, history and psychology until each became a contradiction of its natural significance.
Dit is verstommend om te sien hoe min van ons mense die gawe van onderskeiding besit. In die Strand (in die Wes-Kaap) hou een van ons behoudende Afrikannse kerke hulle dienste in 'n Vrymesselaarstempel. Die Vrymesselaarsembleem is op die deur vir almal om te sien. Is daar nie een van daardie lidmate, om nie te praat van die leraar nie, wat nie weet dat die Vrymesselaars ten doel stel nie? Is dit reg dat Satan vir ses dae per week in dieselfde lokaal aanbid word? Word die lokaal Sondae gereinig net om weer op 'n Maandag besmet te word? As dit dan net 'n fout is, stel dit reg! Ja, dit is maar een voorbeeld. In die Hervormde Kerk, wat nou soos die NG Kerk, op pad is na die Wêreldraad van Kerke toe (laasgenoemde maar net nog 'n kweekskool vir die Satanisme), word 'n professor wat Jesus nie as die Seun van God beskou het nie, nou vereer met 'n gedenklesing en ander uitgeskop juis omdat hulle dit doen! Maar die lidmate is skynbaar min gepla! Die Steedshervormers (die wegbrekers) se predikante wat die dwaling in die Hervormde Kerk raakgesien het word verbied om in die Hervormde Kerk te preek. Aan jou vriende word jy geken! Die NG Kerk is egter losvoor op hierdie dwaalpad - hulle gaan nou die waarheid by die WRK soek!
William Butler Yeats het tereg voorspel dat as die Nuwe Era aanbreek, "the best will lack all conviction, while the worst will be filled with passionate intensity". Waar staan ons vandag? Waarvoor het ons nog passie in die lewe? Sport en vermaak? Of het ons alle oortuiging vir ons saak en roeping verloor? Besluit maar self. Skaamteloos verklaar "behoudende" mense op televisie dat ons volk in 1994 gekies het "teen 'n voortbestaan in ongeregtigheid". Het ons dan alle selfrespek verloor? Beteken die geregtigheid wat ons in 1994 gekry het, dat ons volk maar moet buig voor hierdie Satansorde - dat ons moet knak, steier en vernietig word? Die "geregtigheid" wat nou nagestreef word is tog duidelik 'n snelweg na dit wat die OTO najaag.
Die samesweerders van die Nuwe Wêreldorde gebruik die OTO om alle organisasies binne te sypel. Daarom sal ons waaksaam moet wees. Nietzche se opmerking moet vandag weer met erns opgeneem te word, eerder as om, uit vrees vir die Jode, daarvan weg te skram. Ons word ten oorvloede elke dag bestook met leuens wat 'n spanning veroorsaak in ons denke. Sonder die gawe van onderskeiding is dit onmoontlik om uiteindelik koers te hou. Om in sulke toestande ongeërg te bly, is selfmoord. Ons is reeds ver gevorder in die proses van slawerny as ons nie kan raaksien hoe ons meegesleur word deur hierdie Sataniese kultus nie.
Prof HG van der Westhuizen skryf in sy boek Vertrou op God dat die laaste dae (waarin ons is sedert Christus se koms leef) gekenmerk sal word deur 'n digtheid van booshede en 'n toename in intensiteit daarvan. Ons gebrek aan kennis verhoed dat ons kan onderskei; ook omdat ons wysgemaak word dat onderskeiding (diskriminasie) boos is. Ons word al dommer vir die waarheid, soos hy dit so treffend stel.
Terwyl ons in geloof vashou aan die belofte van die Wederkoms, het ons veral die taak om die bose te ontmasker en te weerstaan in geloof. Bewapen met kennis en deur 'n ontvanklikheid te toon vir diegene wat ons oor hierdie bose magte inlig, sal ons die toets van die tyd kan deurstaan.