1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9963603

Besoekers aanlyn

Ons het 142 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE REDE WAAROM BLANKES ONBEHOORLIKE REKENINGS VIR WATER, KRAG EN ERFBELASTINGS ONTVANG!

altMUNISIPALITEITE: R21,6 MILJARD VERMORS

2014-08-02 23:32

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal. Jacob Rooi

Munisipaliteite en munisipale entiteite in die land het in twee boekjare meer as R42 miljard ongemagtig, onreëlmatig en vrugteloos bestee en vermors, blyk dit uit die jongste twee verslae van die ouditeur-generaal. Die jaarlikse oudit is ’n sleutel-aanduider van die stand van regering op munisipale vlak – waar die meeste diensleweringsbetogings ook gebeur. Die laaste vyf ouditeursverslae wys die verkwiste bedrag van 2009 tot 2013 beloop sowat R60 miljard, ondanks talle pogings om finansiële maatreëls deurlopend te versterk. Boonop toon die jongste verslag sake verbeter nie werklik nie.

Die 9% skoon oudits is slegs ’n geringe verbetering op die vorige jaar se 5%. Kimi Makwetu, ouditeur-generaal (OG), het Woensdag in sy ouditverslag vir 2012-’13 talle skokbevindings gemaak. Onder meer dat R21,61 miljard in dié boekjaar ongemagtig, onreëlmatig en vrugteloos bestee en vermors is. Die vorige jaar was dit R20,56 miljard. Onreëlmatige besteding alleen het R11,6 miljard beloop, erger as die vorige jaar se R9,2 miljard. Die R11,6 miljard sluit in goedere wat vir R8 miljard aangekoop is sonder om behoorlike prosesse te volg en R3,6 miljard sonder bewese dokumentasie. Prof. André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, sê die gros van die geldvermorsing is te wyte aan onbevoegde mense in poste. “Solank jy volhou met kaderontplooiing, gaan jy nie dié probleem oplos nie,” sê hy.

 

Dié uitspraak eggo die bevinding van ­Terence Nombembe, die vorige OG, in die 2010-’11 ouditverslag: “Amptenare in sleutelposisies in meer as 70% van die oudit-eenhede beskik nie oor die minimum vaardighede om hul werk te doen nie.” Makwetu se jongste ouditverslag het opnuut wyd ontsteltenis veroorsaak. Cosatu het gevra dat die oortreders opgespoor en gestraf word, terwyl die Independent Municipal and Allied Trade Union (Imatu) die swak bestuur en onreëlmatige geldbesteding gekap het. “Dit is moeilik vir lede van Imatu en die publiek om te verstaan waarom munisipale bestuurders steeds groot salarisse en prestasiebonusse ontvang. “Sterker strafmaatreëls is nodig om probleme soos bedrog, korrupsie en swak dienslewering te pak,” het Imatu op sy webtuiste gesê.

 

Van Makwetu se ander bevindings sluit in:

- 261 munisipaliteite het R695 miljoen aan konsultante bestee, maar 82% van die oudit-eenhede was nie in staat om ­finansiële state sonder foute voor te lê nie. - In 25% van die gevalle van onreëlmatige, ongemagtigde, vrugtelose en vermorste besteding wat in die vorige ouditverslag gemeld is, is dit nie verder ondersoek sodat die skuldiges vasgetrek kan word nie. Intussen het die Suid-Afrikaanse vereniging van plaaslike regerings (Salga), Donderdag aangekondig dat R400 miljoen bestee gaan word om munisipaliteite wat die slegste gevaar het by te staan.

 

Van die 319 oudits het net 22 munisipaliteite en agt munisipale entiteite skoon oudits behaal. Altesame 84 van munisipaliteite en entiteite het gekwalifiseerde oudits ontvang. Dit beteken dat onvoldoende bewyse gelewer is van transaksies en aktiwiteite. Munisipale entiteite is onafhanklike organisasies wat dienste namens ’n munisipaliteit verrig, maar die munisipaliteit behou die grootste aandeel en monitor die dienslewering. Duvenhage sê hy dink Salga se ingryping het te make met die komende munisipale verkiesings in 2016 en dat die regering probeer om ’n “paar dinge in plek te sit”.

Hy hoop sake kan tog verbeter onder Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie