DAAR IS GEEN MIDDEWEG OF KOMPROMIS NIE.
ONS KAN NET KIES VIR GOD OF VIR DEURMEKAARSPUL.
In hierdie vreemde tyd waar baie mense dink God nie (meer) nodig te hê nie kom daar vinnig afgode aan gehardloop om Sy plek in te neem. Hulle maak bloot gebruik van die feit dat daar 'n vakuum ontstaan as God geïgnoreer word.
Oor daardie vakuum het ons reeds berig.
Predikante wat meen hulle kan die veilige middeweg bewandel is nie reg nie. Daar is nie 'n andere opsie as God nie. Indien hulle kies om langs God nog 'n paar andere gode te dien sal dit 'n deurmekaarspul word want die Here wil dit nie hê nie. Talle Kerke wat 'n verkeerde pad ingeslaan het, het dit ervaar.
In God se Woord word ook gewaarsku om net God te dien. Ons lees dit in Eks 20:3, Deut 5:7, 1 Kon 11:10, 2 Kon 5:17, 2 Kon 17:35, 2 Kon 17:37, 2 Kon 17:38, Jer 7:6, Jer 16:13, Jer 25:6, Jer 35: 15, en Dan 11:37.
Gedurende die Apartheid was daar mense wat reënboog 'geestelike' soos Tutu, Boesak en Beyers- Naudé geprys het en agter hulle aangeloop het en aan hul lippe gehang. Vir die eweneens swart Biskop Mokoena wat gelowig was had hulle geen aandag nie. Dié waarheid en die suiwere Evangelie was immers nie belangrik nie. Leuens en halwe waarhede was al wat tel.
Mense wat net Jesus wil volg kies ook vir die konsekwensies as hulle dit doen. Ons het reeds berig oor christene wat vermoor, verkrag en beroof word in Irak maar ook in baie andere lande word hulle uitgesluit, ontslaan van hul werk en moet hulle woon in agterbuurte te midde van vullis.
Daar is 'n bekende prentjie van die smal pad en die breë pad. Ook daar sien ons dat daar nie 'n middepad is nie. Ons kan net kies tussen die smal pad wat vol is met klippe of voor die breë pad wat maklik is en waar ons plesier kan maak. Veral in hierdie tyd is dit saak dat ons kies en 'n eierdans is nie moontlik nie.
Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
In 'n andere konteks (oor die verkiesings van 1994) het regter Kriegler al opgemerk dat 'n mens nie kuis kan bly as jy in ‘n bordeel werk nie en hy had heeltemal reg.
In 2 Timótheus 1:8
sê die apostel Paulus : skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my as gevangene nie, maar ly saam verdrukkings vir die evangelie na die krag van God. So dis ons plig om ons broeders en susters te ondersteun mat raad en daad. Ons mag weet en vertrou dat die belofte van die lewe wat in Jesus Christus is die waarheid is en dat ons deel daarvan is.
As mense darem besluit om die andere pad te bewandel sal hulle net dwaal en ewig bly dwaal. Dit sal lyk of dit baie oulik is maar uiteindelik sal dit na die dood ly. Mag 'n christen dan nie plesier het in die lewe nie? Verseker wel! Daar is mos baie christelike kunstenaars soos bv. Hannes Schoeman en Andre Henning en Rina van Wyk wat naas geestelike musiek, Boeremusiek beoefen maar Jesus Christus moet op die eerste plek wees. Die andere sake soos sport, spel en musiek is maar bysaak. Wat die Here vir ons aan die kruis het gedoen deur onskuldig te sterf moet ons altyd voor oë hou. Hierdie wonderlike gebeurtenis het gemaak dat ons sonde is weggewas deur Sy bloed.
Ons het 'n groot God Halleluja!
Ons wil besluit met 'n pragtige gedig van 'n Suid Afrikaanse digteres wat beklemtoon wat 'n vreugde dit is om 'n Kind van God te wees.
GOD IS
God is liefde as jy alleen in jou kamer sit.
Hy is daar en jy kan met Hom praat wanneer jy bid
Sy telefoon lyn is nooit beset
met liefde luister hy na jou gebed
Hy vul jou altyd met Sy vrede
berei jou voor vir die ewige lewe
Sy Heilige Gees sal altyd met jou wees
sodat jy kan lewe sonder vrees
met genade kyk Hy na jou
al het jy somtyds ook verbrou
solank jy op Hom vertrou
sal Hy jou geestlik altyd opbou
Hy sal jou gee lewensvreugde
sodat jy voluit vir Hom kan lewe
opregte vreugde is net by Hom te kry
as jy jou sonde aan Hom bely
Hy is die Weg op jou lewensbaan
met Hom sal jy nooit verkeerd kan gaan
op Sy weg sal jy vind die Koninkryk
daarmee is jy nooit arm maar skatryk
Hy is die Waarheid jy moet verstaan
jy moet met alles in eerlikheid na Hom toe gaan
leuens en bedrog laat Hy nie toe
by Hom is leuentaal taboe
Hy is die Lewe in jou bestaan
sonder Hom kan jy nie die ewige lewe ingaan
Hy het egter Sy Seun laat ly
sodat jy die ewige lewe kan kry
Hy is die Lig as dit donker is
wanneer jy voel jy kan nie rus
as die donkerwolk se silwer rand jou ontwyk
weet dan dat jy na God kan opkyk
Hy is jou Vertrooster in hartseer en pyn
as jy voel dat jy ankerloos in die see gaan verdwyn
Hy sal jou trane afdroog met Sy mou
aan Hom kan jy altyd vashou
Hy is jou Krag as moed jou verlaat
as jy soms voel of almal jou haat
met Sy Krag sal Hy jou bestraal
tot Hy jou eendag sal kom haal
Hy is die Skepper van die groot heelal
ook jou Skepper en o ja Hy sal
jou dra deur dik en dun
want Hy is die Einde en ook die Begin
lewe vir Hom want Hy is die Lelie van die dale
Hy sal jou red telkemale
Hy is die Roos van Sharon
die Alfa en Omega wat eendag weer gaan kom.
Judith MJ Fernandez Strauss
Luister ook asb na hierdie digteres by: https://soundcloud.com/zvarrie/judith-mj-fernandez-strauss-moedersdag