1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9963264

Besoekers aanlyn

Ons het 152 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

IS DIT VIR GROND OF IS DIT VIR GELD?

altalt

 

Die ou gesegde van, gee die pinkie dan vat hulle die hele arm, is sedert die eerste toegewing van een Maori in ‘n rugbyspan, steeds die norm in de Klerk se nuwe Suid Afrika! Die herhaalde waarskuwings dat een toegewing aan internasionale druk sal lei tot ‘n volgende eis, tot ‘n volgende toegewing, totdat die finale eis van Swart meerderheidsregering, wat nou realiteit is, die platvorm word vanwaar alle besit nou in gedrang kom, was en word steeds deur die vingers gesien. Die tragiek hiervan is dat hulle nie teen ons ‘n oorlog gewen het, met hulle rewolusie geslaag het of ons selfs op een of ander wyse uit ons land uit geswendel het nie, maar dat ons deur ons eie verkose regering uit ons land verraai is! 'n Windgedrewe, beginsellose, volksontroue "leiers".   Daar kan nou met reg gevra word waar die skuldlas die swaarste lê.  By die verraaiers, of by ons wêreldgelykvormige stemgeregtigde kiesers wat hulle daartoe instaat gestel het? Hoe dit ookal sy, Paddy Harper van Rapport berig dat altGoodwill Zwelithini, koning van die Zoeloes, en ander tradisionele Zoeloe-leiers wil in die land se grootste grondeis nóg die hele grondgebied van die destydse Zoeloeland eis – Durban inkluis.

 

Die eis, wat miljarde rande kan kos, sluit in al die grond wat die Zoeloestam oorspronk­lik voor kolonialisasie beheer het. Die gebied van landelike en stedelike grond sluit ook dele van die Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat in. Regter Jerome Ngwenya, voorsitter van die Ingonyama-trust wat met die tegniese deel van die grondeis help, wil die koning die opbrengs van die eise gebruik vir gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe.

 

Ngwenya het bevestig dat die eis “massief” gaan wees en miljarde kan kos. “Ons moet navorsing doen oor die grootte van die gebied wat ons eis, maar sover lyk dit of dit oor die grense van die Oos-Kaap, Vrystaat en Mpumalanga strek.  Waar onteiening van grond onmoontlik is, sal hulle tevrede wees met finansiële vergoeding, het Ngwenya gesê.

 

As daar nou na die bestaande Kwa Zulugebied gekyk word, of vir daardie rede na enige gebied wat deur swartes beset word en die gebied  beoordeel moet word aan ontwikkeling in die tyd wat hulle daar woon, wat kan enigiemand met selfs net  ‘n halwe verstand verwag om te sien na die verloop van twintig jaar verder, anders as wat dit nou daar uitsien? 

 

Die enigste beletsel wat na die verraad van die NP regering oorgebly het, is die mate van verset van die transporthouer van grond en die ondersteuning wat hy sal ontvang van bure en ander Afrikaners wat nugter gebly het en bereid is tot stryd teen hierdie onreg wat plaasvind, bloot omdat die “mees moderne grondwet in die wêreld” dit toelaat!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie