Indien u enige twyfel het oor die bo-vermelde vraag, word u aanbeveel om te kyk na die onderhoud van advokaat Paul Hoffman met Thabo Mbeki voor die Seriti Kommissie van ondersoek. Dit handel oor die wapenskandaal van R13 miljard in 1998, wat met ‘n klein sommetjie van ‘n ekstratjie hier en daar, aangeskuif het na +- R70 miljard. Dit is duidelik dat daar uit die Seriti ondersoek niks sal voortkom wat enige van die vorige betrokkenes se aandeel gaan uitwys waarvoor hulle verantwoordelik gehou sal kan word, bloot omdat Willie Seriti geen behoefte toon om relevante vrae en/of stellings toe te laat waarvoor antwoorde nodig is nie. Ander swart deelnemers aan die ondersoek is eweneens partydig en maak voorstelle om sekere vrae geskraap te kry.
Die kommissie is bloot ‘n vermorsing van belastingbetalersgeld wat nie ten doel het om te ondersoek nie, maar om ondersoek van relevante stellings en vrae te ontwyk en te belemmer. Mbeki se verantwoordelikheid vir besluite wat onder sy leierskap geneem is word bloot gesystap deur ontkenning van betrokkenheid, terwyl omkoopgeld nie ondersoek word nie by gebrek aan “getuienis.”
Hoe dit ookal sy, die Westerse en beskaafde norm van verantwoordelikheid vat nêrens grond in die Afrikakultuur nie en dui daarop dat wat vir ons geldig is, nie noodwendig dieselfde vir hulle is nie. Hulle lyk nie soos ons nie, hulle dink nie soos ons nie, hulle praat nie soos ons nie, hulle ruik nie soos ons nie en hulle glo ook nie soos ons nie, gevolglik ís hulle ook nie soos ons nie! “As ek sê skiet die boer, beteken dit nie skiet die boer nie”, sê Malema, terwyl oor die kwessie van veiligheid, Zuma sê jy net moet dink jy is veilig dan is jy veilig! Die Afrikaner moet sy eie Nkandla vind. Dít, verduidelik Zuma, is nie ‘n staatkundige grondgebied nie maar ‘n sielkundige tuiste waar jy veilig is en die vryheid en vrymoedigheid het om dit wat vir jou belangrik is, uit te leef. Ek dink selfs Salomo sou gesukkel het met hierdie “wysheid” van ‘n eie land en veiligheid in jou kop terwyl ‘n ander volk waarvan hy die “president” is, jóú land nou as syne beskou! As Hoffman die stelling maak dat die ontwyking van antwoorde op relevante vrae van die kommissie, ‘n klug maak en Seriti hom dan waarsku: “Watch your language, refrase the question”, en die vraag dan uiteindelik onbeantwoord bly, is die besef dat die “wonderlike grondwet” ook maar net nog ‘n stukkie papier is met die betekenis van wat daarop geskryf staan: Koebaai Meraai, ons gaan laat waai!!
Dr. Verwoerd het die voorwaarde vir voortbestaan só gestel: “As ons in Suid-Afrika ‘n beleid van integrasie sou aanvaar, dan sou ek sê dat nieteenstaande alle tierlantyne wat jy daaraan heg op grond waarvan jy belowe dat die blanke vir afsienbare tyd nog sal bly heers, sal die blanke hom op die ou end nie kan handhaaf nie. Die blanke sal hom nie kan handhaaf onder enige beleid van integrasie nie” Hy het bv verwys na die maatskaplike terrein van kerke en skole en hoe die blanke daar en op elke ander terrein, uiteindelik verdring sal word.”
Die AVP maan steeds om weg te bly van die onderhandelingstafel en in plaas van veiligheid en Nkandla’s in jou kop te vertroetel, verset te bedink en geestelik daarvoor ingestel te raak.