Berig in Beeldkoerant wat die gewelddadige optrede van stakers bevestig terwyl die polisie bloot toekyk!
Woensdag 09 Julie 2014
Andries Crosby, regs, met sy haelgeweer.
“Ek is ou skool en nie bang om my haelgeweer te gebruik nie, Boet.”
Andries Crosby van CMS, ’n veiligheidsmaatskappy aan die Oos-Rand, ry daagliks saam met die polisie rond om seker te maak sy kliënte se ondernemings bly veilig tydens die Numsa-staking.
Crosby het Vrydag daad by die woord gevoeg met sy haelgeweer.
Hy was by Victor Holding in Dunswart buite Benoni toe sowat 200 stakers die onderneming aangeval het.
“Hulle was besig om twee vroue wat nie wou staak nie aan te rand,” het hy vertel.
“Dit was net ek en een ander patrollieman teen hierdie massa. Ons móés daardie vroue red, anders het hulle hulle doodgemaak.”
Intussen het die polisie opgedaag en die ingang versper.
“My back-up-ouens kon nie in nie,” het Crosby gesê.
“Dit was net ons twee. Ek het my haelgeweer uitgehaal en my pad oopgeskiet.”
Hy weet nie eens wie of wat hy getref het nie.
“Daar is nie tyd vir panic nie. Dis lewe of dood.”
’n Staker het Dinsdag aan die Oos-Rand gedreig: “Veiligheidsmaatskappye en die media moet wég hier. Ons werk net saam met die polisie.
“Hulle begelei ons en as ons by ondernemings aankom, kontak hulle die bestuurders om werkers uit te laat en vreedsaam by die staking aan te sluit. Die media moet f*k*ff. Ons wil nie ons gesigte in die koerante hê nie, want die media beeld ons nie reg uit nie,” het hy gesê. – Jaco Nel
Een kommentaar: Was gister in Lincoln Laan in Benoni Industriele gebied. Het die stakers sien aankom…Hul hardloop soos wilde honde agter hul prooi aan (van 1 sake onderneming na die ander). Die staker is reg, die polisie begelei hulle maar doen niks as dit geweldadig word nie