May 23, 2014 -
Mediese Dienste
PRETORIA – Die ANC President van Suid-Afrika, Jacob Zuma het in die stilligheid ‘n wysiging in die wet op Nasionale Gesondheid geteken wat dokters en ander professionele gesondheidswerkers verbied om uit vrye keuse privaat praktyke te kan begin waar hulle wil.
Alle professionele gesondheidspraktisyns – soos tandartse, dieëtkundiges en fisioterapeute – wat ‘n privaatpraktyk of ‘n kliniek wil open sal aansoek by die Departement van Gesondheid moet doen vir ‘n “behoefte sertifikaat” wat hulle sal toestemming gee om in hul verkose voorstad of gebied te kan werk. Hierdie sertifikaat sal vanaf April 2016 verpligtend wees.
Byvoorbeeld, as ‘n vrou as dokter kwalifiseer, en by haar ma wil aansluit in ‘n gesinspraktyk, sal haar ma aansoek moet doen by die regering, aldus Casper Venter, direkteur van die Healthman konsultasiegroep.
Seksies 36 to 40 van die Gesondheidswet is alreeds 10 jaar oud, maar was eers laat verlede jaar onderteken en het reeds in April in werking getree. Gesondheidspratisyns het twee jaar om aansoek te kan doen vir die “behoefte sertifikaat”. Volgens die wet is die doel om ‘n eweredige verspreiding van dokters en ander gesondheidspraktisyns regdeur die land te hê.
Gesondheidswerkers kan tot 5 jaar gevangenisskap in die gesig staar of ‘n boete indien hulle ‘n privaatpraktyk bedryf sonder die sertifikaat na April 2016.
Venter het verder aangevoer dat dit ook ‘n dokter wat aftree raak en sy praktyk wat oor baie jare opgebou het wil verkoop. ‘n Dokter wat nie ‘n behoefte sertifkaat kan verkry vir die area waarbinne die praktyk geleë is nie, sal nie die praktyk kan koop nie. Dus sal die staat die besluitreg hê aan wie die praktyk verkoop mag word.
‘n Segsman vir die SA Privaatpraktiserende Forum, Chris Archer, sê “dit is ‘n eksperiment in sosiale ingenieurswese. Dit sal beslis faal. Dokters moet toegelaat word om te praktiseer en te bly waar hulle ookal wil. Hy het ook gesê dat hy die doel kan verstaan om goeie gesondheidsdienste ook te kan bewerkstellig in die gebiede waar daar ‘n tekort aan sulke dienste is, maar dat die hierdie poging “in die snippermandjie van mislukking gaan eindig”. “Die hele proses gaan net omkopery en korrupsie in die hand werk”, en dat die administrasie van hierdie sertifikate “‘n nagmerrie sal wees”.
“Daar is sowat 70,000 dieëtkundiges, algemene praktisyns, fisioterapeute, en arbeidsterapeute wat nou almal sulke “behoefte sertifikate”sal benodig om nuwe praktyke te kan open. Die departement is nie ingerig vir hierdie tipe aksie nie.”
Indien ‘n dokter verhoed word om ‘n praktyk in Sandton oop te maak, is dit nie duidelik of hy of sy dan in die nabygeleë Alexandra sal kan werk nie.
Hy het verder gesê “mediese personeel met hulle voete sal stem”. Nog ‘n dokter wat nie genoem wil word nie, het gesê “geen probleem nie. Ons sal net loop [uit Suid-Afrika].”
Die wet bepaal verder dat voor die direkteur-generaal van gesondheid so ‘n sertifikaat kan uitreik, moet hy in ag neem hoe so ‘n gesondheidsinstelling in die “nasionale, provinsiale en munisipale beplanning inpas.” Hy sal moet kyk of dokters en tandartse eweredig versprei is tussen die rykes, sowel as die armer gemeenskappe.
Elsabe Klinck, ‘n gesondheidswetgewing konsultante, het gesê dat mense wat in die gesondheidsprofessie staan hoef nie paniekerig te raak nie. “Een van die kriteria in die wet is die finasiële lewensvatbaarheid van die praktyk., wat beteken dat geeneen ‘n praktisyn kan dwing om ‘n praktyk te begin waar dit nie ekonomies lewensvatbaar kan wees nie.” Sy het verder bygevoeg dat die minister van gesondheid riglyne sal moet skrywe om te verduidelik hoe die proses sal werk, waarop die belanghebbendes sal kan kommentaar lewer.
Die Departement van Gesondheid se segsman, Joe Maila het gesê dat die behoefte sertifikaat gekoppel sal wees aan die gebou waarin die praktisyn sal werk.
Wat hy egter nie kon verduidelik nie is wat sou gebeur indien ‘n sertifikaat geweier sou word of om te verduidelik hoe die proses sou werk vir ‘n spesialis wat by drie verskillende hospitale werk, soos tans die geval is nie.