1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9962298

Besoekers aanlyn

Ons het 113 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

SOOS VETKOLLE SLAAN DIE BEWYSE EEN NA DIE ANDER UIT!!

altDat 1994 in Suid Afrika die fout van die eeu was, word al meer openlik betuig, hoewel nog net nie erken nie. As Rapport selfs die “regses” insluit in hulle huldiging, is daar bepaald ‘n kentering. Om ‘n morsige, mank, voortstrompelende en gevaarlike “eerste demokrasie” as iets te beskou wat voor geveg moet word, kan Rapport egter steeds as polities terminaal siek beskou word met bitter min hoop op herstel. Sou daar werklike nasionaliste oftewel regses wat regtig regs is, bereid is om binne die huidige grondwetlike demokrasie te probeer veg, is hulle reeds so gekontamineer dat daar selfs vir hulle min hoop op herstel is.

RAPPORT SÊ: HIERVOOR MOET ONS NOU VEG

2014-04-26 23:00

Hoeveel keer moet ons nog hoor “dit kon soveel erger gewees het”? En tog is dit ’n irriterende waarheid: Suid-Afrika, wat sedert die eerste demokratiese verkiesing 20 jaar gelede met stampe en stote vooruitbeweeg het, kon verval het in burgeroorlog of ekonomies ingekonk het as die ANC sy beleid van nasionalisering dadelik toegepas het, of inflasie van duisende persent en ’n verwoeste professionele klas gehad het met geen groeivooruitsig nie en bitter min hoop.

In plaas van ’n rampgebied is ons ’n jong, morsige, lewenskragtige, dikwels mank, gevaarlike, maar tog voortstrompelende demokrasie met vrye politieke mededinging, ’n vrye pers, ’n baie kritiese burgerlike samelewing, onafhanklike howe en basiese regte op deelname aan kultuuraktiwiteite en politieke prosesse.

Ons gedenk die feit dat die gesprek vandag hoegenaamd gevoer kan word oor hoe ons nou, 20 jaar later, vooruit moet beweeg, en tog weet ons praat is nie genoeg nie. Rapport huldig alle Suid-Afrikaners, ryk en arm, wit en swart, “links” en “regs”, wat in die naam van grondwetlike demokrasie veg vir hul regte om skoon water te drink, hul eie taal te praat en te weet waarheen staatsgeld gaan. Ons huldig dié wat oplossings soek vir die krisis in die onderwys, wat geveg het vir medikasie vir die siekes toe oudpres. Thabo Mbeki gek die feite oor MIV ontken het, en wat ’n vergrootglas hou bo die regering se stiksienige en vergeldende beleid van regstellende aksie, want soos dit nou is, dien dit nie die land nie.

 Dit is tyd, vir nóg 20 jaar, of langer, om hande te vat – almal van ons – en te veg, in die howe en in die strate, vir ’n land waarin alle mense vry is om ’n lewe te lei vol waardigheid en hoop. Dít gaan nie sommer vanself gebeur nie.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie