1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9962271

Besoekers aanlyn

Ons het 106 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

25,000 JOBS CREATED WE MAKE SOUTH AFRICA GO FORWARD (ANC)... IN REVERSE?

alt‘n Reuse plakaat van die ANC naby Jan Smuts lughawe wat “vooruitgang” in Suid Afrika verkondig, terwyl Adcorp volgens Beeld verklaar dat duisende mense besig is om hulle werk te verloor! Die beeld wat na buite vertoon word aan toeriste en die buitewêreld is direk die teenoorgestelde van wat in Suid Afrika besig is om te gebeur. Bo blink en onder stink, lui die spreukwoord.

Duisende mense verloor hul werk in Maart – Adcorp (Berig in die Beeldkoerant)

Donderdag 10 April 2014

Nota oor die Adcorp-syfers

Sake se arbeidspesialis, Jan de Lange, skryf:

Die syfers word verkry uit maandelikse veranderinge in die databasis van Adcorp se kliënte en “kandidate” – werksoekers wat deur Adcorp as arbeidsmakelaar by werkgewers geplaas word. Hy sluit sowat 1 miljoen transaksies in die arbeidsmark per jaar.

Die navorsingstegnieke is uiters omstrede en word kwaai in twyfel getrek. Adcorp erken ook dat dit nie verteenwoordigend is van die ekonomie nie, maar sê dis tog betroubaar.

 

In Maart het die land 48 066 werkgeleenthede verloor, volgens die indiensnemingsindeks wat Adcorp Donderdag uitgereik het. Die enigste sektor waarin werk geskep is, is die informele sektor, wat 13 959 werkgeleenthede in Maart geskep het. Tydelike poste (agentskapswerk uitgesluit) het met 48 241 gekrimp, terwyl 13 784 permanente poste verlore gegaan het.

 

Die mynbousektor het die grootste verlies (-26,5%) getoon, en sektore soos konstruksie (-12,9%), vervoer, logistiek en kommunikasie (-11%) asook klein- en groothandel (-6,9%) is ook swaar getref. Staatsdiensposte het in Maart met 16 000 gegroei en daar is 4 000 meer poste in staatsbeheerde instellings.

 

Die voortslepende staking in die platinumbedryf verg dringende stappe van mynmaatskappye om vakbonde te dwing om verantwoordelikheid te neem vir die verlies wat hulle veroorsaak, het Loane Sharp, arbeidsontleder van Adcorp, gewaarsku. “In ons huidige arbeidsklimaat verhoog vakbonde met opset lone om die gevestigde belange van hul (hoofsaaklik ouer, meer geskoolde) lede te beskerm, vir wie jong en ongeskoolde werkers ’n bedreiging is – dit is ’n onverdedigbare stryd.”

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie